Nóg ʼn polisieman sterf aan diens

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte is Donderdagoggend vermoor terwyl hy aan diens was. Daar is vanjaar al meer as 50 polisiebeamptes vermoor.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur ná twee aanvallers Donderdag in die vroeë oggendure die beampte doodgeskiet en sy kollega erg aangerand het.

“Die polisiebeamptes het veiligheidsbeamptes by ʼn treinstasie in Orange Farm, suid van Johannesburg, gaan besoek toe hulle deur twee mans oorval is,” het Dlamini gesê.

“Een beampte is in die bolyf geskiet en is op die toneel dood. Die ander beampte is erg aangerand. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy in ʼn ernstige maar stabiele toestand is.”

Dlamini het gesê die beamptes, sowel as die veiligheidsbeamptes, se vuurwapens is gesteel voordat die mans te voet gevlug het.

Hy het gesê daar word vermoed die rede vir die aanval was om die beamptes se vuurwapens te roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Winston ·

Sien jy agbare president wie ontwapen moet word? Gee vir beamptes n knuppel en n fluitjie want misdaad is onder beheer, of hoe nou? Word asb wakker Zuma. Die land brand!!

JWK ·

Ek voel jammer vir die familie. SAPS is nou in dieselfde bootjie as die publiek. Word uitgemoor en geen instelling kan hulle beskerm nie.

Marius du Preez ·

Hoeveel boere en hul gesinne is aan diens vermoor? Die mense wat die lansburgers moet beskerm kan hulself nie eers beskerm…

Martin ·

Ag boel man. Wat het hulle daar gaan soek? Aangeval vir hulle wapens!!!!!!! Wie glo dit?

Gerda ·

Ek wil nou weet wat is n persoon wat n polisie uniform dra wat vermoor word beter as n boer en sy gesin wat gewone landsburgers is wat gemartel word en dan vermoor word, hoekom word daar so groot ophef van die polisie gemaak en nie vd plaasmoorde nie??!!!

Swanna ·

Gerda dit is omdat hy nie ‘n WIT BOER is nie. Hulle het vergeet dat wanneer jy ‘n polisie man of vrou is, loop jy die gevaar om geskiet te word. Dit is in die hele wereld so. Maar in die Nuwe Suid Afkrika is dit ‘n groot ding as ‘n Polisie man geskiet word. So as jy nie daavan hou om op geskiet te word nie moenie ‘n geregsdienaar word nie. Ek weet daar gan nou ‘n paar mense my met bakstene wil gooi maar dit is die werklikheid. Dit is dieselfde as ‘n persoon in die weermag. Jy wil in die weermag wees maar nie op opersasies uitgaan waar jy moontlik op geskiet gaan word nie, en juis nou op die oomblik in hierdie korupte land van ons is dit nog erger as toe ons grens diens gedoen het. Ek dink daar was ons meer veiliger as NOU op straat.

pieta ·

Ek dink ook dat die gebrekkige opleiding wat deesdae se “worsmasjien” SAP lede (en ook SAW lede) kry teenoor die vroeër jare se goeie opleiding, maak van hulle maklike teikens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.