Nog ʼn politikus staan geliefde aan dood af

Die IVP-leier Mangosuthu Buthelezi en sy vrou Irene Audrey Thandekile Buthelezi (Foto verskaf/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy deel in die hartseer van die Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba met die afsterwe van sy suster. Salome Mashaba is Dinsdag oorlede.

“Haar afsterwe is ʼn tragiese verlies vir die Mashaba-familie en sy sal gemis word. Sy het ʼn onuitwisbare merk gelaat in die gemeenskap van Hammanskraal in Pretoria,” het die Gautengse premierskandidaat Solly Msimanga gesê.

Msimanga het sy meegevoel betuig met die Mashaba-familie en vriende namens die DA.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig die IVP-leier Mangosuthu Buthelezi se vrou Irene Audrey Thandekile Buthelezi is in die ouderdom van 89 ná ʼn lang siekbed oorlede. Prinses Irene en Buthelezi was amper 67 jaar lank getroud.

Irene se begrafnisdiens vind Vrydagoggend by die Ulundi-stadion in KwaZulu-Natal plaas.

Die familie het hul dankbaarheid uitgespreek oor al die boodskappe van ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Donderstorm ·

67 jaar getroud is n goeie voorbeeld vir mense n huwelik moet aan gewerk word dit is waar Die liefde inkom van die tien gebooie deesdae hou huwelike nie meer nie sterkte vir hom woorde kan nie dinge beter maak nie. Mens kan wel weet dat n deel van n geliefde wat aanbeweeg het bly binne in jou en terwyl mens hul onthou sal hul lewend bly binne n mens so is hul altyd by mens.

Alida ·

Dit is mense soos jy wat gedurig praat van “saamstaan” maar het geen gevoel vir ander nie. Dit is reeds nou in sulke situasies dat ons moet saamstaan en wys ons is opgevoede en beskaafde mense wat meegevoel het met ander.

GM ·

Piet, tot mense dit van jou geliefdes se afsterwe sê nè?
Wat jy saai sal jy maai, onthou dit maar.

VanAfrika ·

Waar val jy en Alida uit die bus, hulle sê dit klaar. Jou kind word manure genoem en gaan op hulle grasperke gestrooi word. Julle moet bietjie wakker skrik. Dit het niks met opvoeding en saamstaan te doen nie. Ons dans in die vyand se kraal en dan wil julle nog simpatiseer. Regtig!!!!

LD ·

Julle wat so vir Piet aanval het seker vergeet hoeveel gevalle daar is waar hulle geen gevoel teenoor die blankes het nie?! Plaasmoorde, hospitale, tehuise, ouetehuise, Driehoek tragedie en nog vele meer! Ekt mee gevoel vir my eie blanke volk maar vir die res voel ek vere, hulle voorvaders werk nog al die pad!

Wonder of my kommentaar geplaas gaan word aangesien my vorige een nie hier verskyn nie…… ons het mos nie vryheid van spraak nie! Net hulle…..

E.K. die eerste ·

Mooi gesê Alida en GM. Julle is beskaafde mense. LD dis steeds geen rede om nie medelye te hê nie. Moet ons dus na “hulle” vlak daal en nie simpatiseer nie – is dit hoe jy voel?

charmaine ·

Ek stem met Piet en LD, ek het nog nerens gelees dat een van die bogenoemdes simpatiseer met families wie se families op plase vermoor is nie… En ons gewone mense begrawe ook families en vriende ons is net nie so belangrik dat dit nuuswaardig sal word nie.

LD ·

E.K. die eerste – ja dis presies hoe ek voel! Soos ek sê: ek simpatiseer beslis, maar nie met hulle nie! Maak dit nou van my iemand wat nie beskaafd is nie? Nee, ek het net my eie opinie en as jy nie daarvan hou nie, moet dit nie lees nie!

GM ·

Jul hoef nie met enige iemand te simpatiseer nie, dis jul keuse, maar hoekom dan enigsins kommentaar lewer (waarin dit lyk of jul julself verlekker) as jul net kon verby gehou het?

Daar is goed en sleg onder elke nasie. Daar was BAIE swartmense wat met die Driehoekslagoffers en hul familie gesimpatiseer het, daar was BAIE wat hul eie mense aangeval het oor onsensitiewe kommentaar. Netso het ek al baie kommentare gesien op foto’s van plaasmoorde waar swartmense voel dis wreed.

Mens hoef nie hand-om-die-blaas te wees om menslik te wees nie.

Sal jul kyk hoe ‘n swartman doodbloei of sal jul darem moeite doen om ‘n ambulans te bel? Of val dit ook onder die ‘geen simpatie’-bordjie?

Die twee kere wat ons (twee vroue alleen) motorprobleme ondervind het, het anderskleuriges ons gehelp terwyl al die witmense net neus-in-die lug verbygery het. So waar was die ‘ek-help-my-nasie-mense’ toe?

Ons land se probleme gaan net al hoe erger word want niemand gun mekaar ‘n plekkie in die son nie. Maar soos jul sê, elkeen is geregtig op hul opinie, ek verstaan net nie hoe witmense verwag om nie almal oor dieselfde kam geskeer te word nie, maar meeste doen dit met ander nasies.

MW ·

Ken daardie neus-in-die-lug episodes, ook net anderskleuriges wat my al op die pad gehelp het, spesifiek swartmense. Eendag het ‘n taxi bestuurder gestop na hoeveel blankes verby gery het en kort daarna ‘n blanke, wie toe die taxi bestuurder wegjaag? Moet sê, ek het nog altyd respek vir Mangosuthu gehad, nog nie berigte van veelwywery gesien nie. Wonder baie dae hoe die land vandag sou gelyk het as die IFP ipv ANC eerder aan bewind was. Nou sit ons nog met die moreellose EFF ook op hande wat al die ou koeie se velle deur die slote sleep, van die Liesbeeckrivier (glo nie hul sal weet waar dit is nie) tot anderkant die Zambezi. Jammer om van die Buthelezi en Mashaba families se verliese te hoor, glo hulle harte was op die regte plek

madels ·

Sjoe! Ek lees al die hartelose kommetaar! Mense! Ons moenie huil as die swartes ons haat nie want ons het gewetenloos en gevoelloos geraak. Ja ons harte is in duisend stukkies wanneer een van “ons mense” vermoor word, maar ons moet NOOIT so gevoelloos raak soos die misdadigers wat hierdie siek moorde pleeg en ook soos die BLF kaders wat te bly was oor onskuldige kinders wat dood is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.