Nóg ʼn privaatondersoek na Horner-moord

Brendin Horner (Foto: Facebook)

Sedert die moord op die 21-jarige Brendin Horner meer as twee jaar gelede is sy moordenaars steeds op vrye voet en het die familie nog geen berusting dat geregtigheid vir sy moord sal geskied nie.

Nadat twee verdagtes in 2021 onskuldig bevind is op aanklag van moord, het die befaamde privaatspeurder Mike Bolhuis aangedui hy sal dié saak help ondersoek. Hy het die ondersoek voorlopig opgeskort.

Die Brendin Horner-stigting het nou aangedui dat hy self ʼn privaatondersoek na die aangeleentheid van stapel sal stuur.

Volgens SJ du Venage, woordvoerder van die stigting, sal die ondersoekspan uit kundiges op verskeie terreine bestaan.

“Die span het vandag (Donderdag) van die Brendin Horner-stigting opdrag ontvang om met sy werksaamhede te begin. Daar sal uit die aard van die saak met alle rolspelers saamgewerk word om die moordenaars op te spoor en voor die hof te bring,” sê Du Venage.

Die polisie ondersoek die saak nog, maar maak skynbaar geen vordering nie. Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie in Vrystaat, word die saak wel nog ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig die twee verdagtes, Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba, wat aanvanklik vir Horner se moord in hegtenis geneem is, is in November 2021 onskuldig bevind. DNS-toetse kon nie die twee met die moordtoneel verbind nie. Luidens getuienis in die hof is die DNS van drie onbekende persone wel op die moordtoneel gevind.

Die hof het gevolglik beslis dat Matlaletsa (45) en Mahlamba (33) slegs van die diefstal van twee skape aangekla kan word.

AfriForum het ook vroeër aangedui dat hy sal intree indien daar ʼn aanduiding is dat die owerhede met die Horner-saak inmeng of dat hul onbevoegdheid die saak beïnvloed. Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, is AfriForum se hande egter nou afgekap aangesien die verdagtes onskuldig bevind is.

Inligting oor polisiebetrokkenheid by veediefstalsindikate in die Vrystaat doen lank reeds die ronde en soos vroeër berig kan dié misdadigers moontlik met die moord verbind word.

Horner is op 1 Oktober 2020 op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing in die Vrystaat wreedaardig vermoor. Hy het talle steekwonde aan sy liggaam gehad, dit het gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is en sy liggaam is aan ʼn paal in ʼn veld op die plaas vasgemaak. Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

Die Brendin Horner-monument is in Oktober verlede jaar by Baberspan in Noordwes onthul.

“Die boodskap dat hierdie onsinnige moord nie ter ruste gelaat gaan word totdat geregtigheid seëvier nie, is duidelik tydens die onthulling uitgestuur,” sê Du Venage.

Lees al die vorige berigte oor Brendin Horner hier.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Maar die Boer,Pretorius is onmiddelik gearresteer aangekla en tronkstraf opgele van 10 maande nadat daar gespekuleer was dat hy die opstoker by die verhoor was. Die saps in sy huidige vorm met die voorskoolse onderwyser as minister is net goed om die ANC regime in bevind te hou.

Nicholaas ·

Het cele met sy besoek aan Brendon se ouerhuis nie belowe dat geregtigheid sal geskied.

Di ·

O genade, mens moet nooit ‘n WOORD glo wat uit die klomp se monde uitkom nie! Treurigheid op die ergste graad van BO tot onder

George ·

Hy was net daar om lekker te kry. Hy is die mainkonyn met die plaasaanvalle, hy maak seker dat daar niemand naby die moordenaars sal kom nie.

57 Chevy ·

Die enigste ding wat hy kan belowe is die onkruid wat hy plant wat sal wortel skied ja

Sobymykoolkop ·

Bolhuis het onttrek want hy weet hy kan nie die saak oplos nie. Grootmond dis al. Nou sal daar iets begin gebeur

Vonny ·

Ek bid vir die familie.
En dat die moordenaars gevind sal word.
God doen Wonderwerke!

Amelia ·

Is dit moontlik dat die verkeerde dns geneem is bv ander klere nie die wat aangehad het met aanval
Indien polisie wel betrokke is sal waarhied mos nie uitkom nie en sal moordenaars beskerm word

Tanya ·

Ek wil net weet hoekom Bolhuis onttrek het, want ek het hom nog altyd geken as ‘n strawwe vegter, en wegloop en opgee was nie ‘n opsie nie. Hy weet duidelik iets wat ons nog nie weet nie… hopelik kan Brendin se eie mense ‘n oplossing vind sodat die kind se siel kan rus na al die trauma, dat die gereg sal geskiet en die beskuldiges aan die pen sal ry en sy familie kan vrede maak, wat ookal dit beteken, want die Vader weet ek sal nie berusting kan vind as dit my kind was nie!

Herpiet ·

Bolhuis kan niks doen nie. Hierdie moord word van die top
ministrieël toegesmeer en is polities gemotiveer

Mariana ·

Mag die boosdoeners opgespoor word en geregtigheid seëvier. Hierdie jongman se lewe het iets beteken.

Perdeby ·

Wat die mense nie besef nie, is dat speurders ook net op inligting werk, as hulle nie behoorlike konkrete possitiewe leidrade kry nie, is hulle hande ook maar afgekap.

Hennie Biebouw ·

“befaamde privaatspeurder” seg jul… nee maar dan is dit goed so….

Vonny ·

Boer Pretorius so jammer dat jy vir 10 maande moes
Swaarkry en so lelik maer geword het in die tronk.
Sò gehuil toe ons na jou foto gekyk het.

Eugene ·

Hoedman het gese geregtigheid sal seevier. Die regering is deel van plaas moorde.

Johannes ·

Bring die doodstraf terug dan sal daar miskien minder moorde op boere wees!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.