Nog ʼn provinsiale DA-leier bedank

(Foto: DA/Twitter)

Die leier van die DA in die Noord-Kaap, Andrew Louw, het sy bedanking as provinsiale leier aangekondig.

Volgens Louw is daar ʼn tyd om te kom en ʼn tyd om te gaan, en sý tyd om te gaan het nou aangebreek.

Onder Louw se leiding het die DA deurgaans groei in die provinsie getoon, maar nie genoeg om die provinsie of enige stadsraad daarin tans te regeer nie.

Andrew Louw. (Foto: Facebook)

Louw sluit hom aan by vier ander provinsiale leiers van die DA wat hul uittrede aangekondig het, naamlik Patricia Kopane (Vrystaat), Joe McGluwa (Noordwes), Zwakele Mncwango (KwaZulu-Natal) en John Moodey (KwaZulu-Natal).

By die DA se virtuele federale kongres aan die einde van aanstaande maand sal ʼn voorstel gemaak word dat geen verkose DA-leier voortaan meer as twee opeenvolgende termyne sal mag dien nie.

Louw het die versekering gegee dat hy aanbly in die DA en sy werk na die beste van sy vermoë sal doen. Hy is net nie meer beskikbaar as Noord-Kaapse leier nie.

Die nuwe Noord-Kaapse DA-leier word op 5 Desember aangewys. Die DA-parlementslid Willie Aucamp het reeds aangedui dat hy ʼn kandidaat gaan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johanf ·

Ek het my bedenkinge, maar liewers daar gelaat, daar mag dalk nie Raadsbeheerde Munisipaliteite wees nie, maar wel/hopelik DA Raadsverteenwoordige Munisipaliteite. Politiek is nie my veld van spesialetyd nie, so verskoon maar as ek bollie praat……

Sarel ·

Tree uit of bedznk
Daar is verskil want bedanking het stigna aan betrokke

Androclus ·

As jy nie kan lei nie moet jy los daar is baie wat jou pos vol kan staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.