Nog ʼn psigiatriese pasiënt sterf

Argieffoto

Argieffoto

Nog ʼn pasiënt wat van die Life Esidimeni- psigiatriese hospitaal na ʼn gesondheidsorgfasiliteit van ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) oorgeplaas is, is dood.

Malegapuru Makgoba, gesondheidsombudsman, het bevestig dat die dodetal nou op 39 pasiënte staan, almal wat vroeër vanjaar van die Life Esidimeni- psigiatriese hospitaal na verskeie NRO’s oorgeplaas is.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid, het gesê Julian Pieterson van Newclare is verlede week in die Steve Biko-hospitaal dood nadat hy van die NRO oorgeplaas is. Volgens Makgoba is die pasiënt in die Tshwane-distrikshospitaal dood en nie Steve Biko soos deur Bloom beweer word nie.

Volgens Makgoba het hy al met 74 mense onderhoude gedoen rakende sy ondersoek na die dood van die pasiënte. Daar is ook inspeksie gedoen by die 26 NRO’s waarheen die pasiënte oorgeplaas is. Makgoba sal nou ʼn verslag saamstel oor die aangeleentheid.

Bloom het gesê Pieterson se gesin het hom by die NRO in Pretoria besoek. Volgens Bloom het Pieterson in haglike omstandighede gewoon, was daar nie behoorlike medikasie nie en is die kos glo ook nie genoeg nie.

Bloom het Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid in Gauteng, weer blameer vir die sterftes en versoek dat sy bedank.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het mense gevra om geduldig te wees terwyl Makgoba sy ondersoek afhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frik ·

Wonder net wat sou gebeur het sou die persoon wat die besluit geneem het om al die pasiente na die NRO instellings oor te plaas n blanke persoon sou wees. Sou die Regering dieselfde opgetree het as nou in die geval, ek glo sterk dit sou n heeltemal teenoorgestelde optrede gewees het. Voel bitter hartseer vir al die families ongeag kleur. Julle het dit nie verdien nie.

Frik ·

Carel, hoe kan mens die NRO instellings gesondheid plekke noem. Dis pateties om die minste te se. Die patiente was afgedwing na die instellings ongeag of hulle aan standaarde voldoen het of nie. Qedanie Mahlangu moet van moord aangekla word.

Linette ·

Ek verstaan iets nie lekker hier nie – psigiatriese gevalle is gewoonlik mense wat wel, aan die een of ander psigiatriese toestand ly. Meesal is dit nie ‘n chroniese mediese toestand nie, bv, soos kardiovaskulêre siekte, kanker, diabetes (tensy dit iets soos epilepsie is). Waaraan gaan die mense dan dood? Is dit suiwer net swak verpleegdiens, slegte en min kos, swak behuising? Nee man, dan faal die regering mos toetentaal in die voorsiening van sorg aan die mense wat dit die meeste nodig het!!! En hoekom is die psigiatriese eenhede gesluit en moet NGO’s (wat dit in elk geval maar swaar het om finansieël die mas op te kom en geen staatsfondse ontvang nie) nou die staat se werk doen? Om meer geld vir Zuma, Hlaudi, die Guptas e.d.m. beskikbaar te stel, sodat hulle nog meer kan steel?

Johann ·

Presies wat gaan geneur as die ANC se Nasionale Gesondheidsplan deurgedruk word! Mense gaan in hulle hordes doodgaan van min tot geen fasiliteite en kundigheid ! Die LUR het MOORD gepleeg! Oor en oor en oor…sluit haar toe!

Santie ·

Shame dit is regtig erg! Is dit omdat hierdie pasiente ‘n psigise siekte het en dus as 3de rangse burgers beskou word dat hulle uitgeplaas is na elendige omsandighede?

Cacophony ·

Een enkele mens se besluit laat 39 mense dood. Kan dit nie as reeksmoord beskou word nie? Waar is die aanspreeklikheid?

snoefie ·

gee die name van die nro asb. is pie NRO soos due “weeshuise” wat oral in swart gemeenskappe opspring daar die “mammas” die kindertiekaes inpalm en dan oral bedel vir komberse, kos, elektriseteit, lopende water en en en terwyl sy altyd opgetof is met n bypassende pruik vir elke dag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.