Nóg ʼn rekord vir SA se Wayde

Wayde Van Niekerk tydens die Golden Spike-atletiekbyeenkoms in Ostrava, Tsjeggië (28 Junie 2017). Foto: AP Photo/Petr David Josek

Wayde van Niekerk het Woensdagaand nog ʼn rekord laat spat in die 300m-wedloop by die Golden Spike-atletiekbyeenkoms in Ostrava, Tsjeggië.

Van Niekerk het die Amerikaner Michael Johnson se vorige rekord aan flarde gehardloop in ʼn tyd van 30.81 sekondes. Johnson het in 2000 die 300m-wedloop in 30.85 sekondes voltooi.

Die 24-jarige Van Niekerk kan homself egter nie roem op nog ʼn wêreldrekord nie aangesien die 300m-afstand nie as ʼn amptelike Olimpiese item beskou word nie. Van Niekerk is die Olimpiese wêreldrekordhouer vir die 400m wat hy verlede jaar in Rio in 43,03 sekondes mee goud losgeslaan het.

Clarence Munyai, ook van Suid-Afrika, het in dieselfde item die wêreld se beste junior tyd nog ooit gehardloop deur in 31,61 sekondes oor die wenstreep te pyl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

Met al die politiek en kwotas in SA sport, wonder ek: is Wade se ras “reg” dat hy namens SA aan hierdie internasionale kompetisie mag deelneem?

Magda ·

Ek het dit gekyk en man ek het gebars van Trots – geluk Wayde & Clarence baie trots op julle – en watter mooi afskeid was dit nie vir Usain Bold van Jamaica nie. dit lyk amper of daai man draf teen die ander mense – Goeie atletiek van SA.

marous ·

Die rekord verbeter , maar “aan flardes ” is ‘n bietjie oordryf

Jaybee ·

Kan net sê “Bakgat” julle twee manne, ons is werklik trots op julle. Jaco Wayde is die beste ongeag sy ras.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.