Nóg ʼn renoster gestroop

Foto: SAPD

Nog ʼn renoster is die afgelope naweek naby Lephalale in Limpopo deur stropers afgemaai.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die renoster is op die plaas Zinshoek in die Bulgerivier-gebied gestroop. Volgens Ngoepe het die voorval vermoedelik tussen Vrydagmiddag en Sondagoggend gebeur, maar is dit eers Maandag by die polisie aangemeld.

Die witrenosterkoei is deur die stropers doodgeskiet voordat haar horing uitgekap is. Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Ngoepe het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan help. Inligting kan by 08600 10111 of die naaste polisiestasie aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chaparel ·

Binnekort kan ons die pragtige diere maar net bewonder deur na n foto te kyk en so verdwyn al die wilde diere van die aarde af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.