Nóg ʼn reusedaling in petrolprys verwag

(Argieffoto)

Suid-Afrikaners kan aansienlike dalings in brandstofpryse in September verwag, met petrol wat tot meer as R2 goedkoper kan wees.

Die Outomobiel‑Assosiasie (AA) sê volgens die huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds (SEF) sal Suid-Afrikaners volgende maand na verwagting R23,07 per liter vir petrol betaal. Die AA meen hoewel dit steeds hoër is as vroeër vanjaar, behoort dit tog ’n mate van verligting vir verbruikers te bring.

Volgens dié inligting sal die prys van 95 oktaan-petrol met R2,35 per liter daal en die prys van 93 oktaan-petrol met R2,18 per liter. Die groothandelprys van diesel sal na verwagting tussen 77 sent en 87 sent per liter goedkoper wees en die prys van paraffien sal moontlik met 82 sent daal.

“Die afwaartse beweging in internasionale produkpryse – veral oliepryse – is die hoofdryfveer agter die verwagte dalings, wat tot 94% van die geprojekteerde verlagings bydra. Die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar dra nie prominent by tot die verandering in die prys nie,” sê die AA.

Ondanks die dalings, bly die AA egter bekommerd oor die algehele hoë brandstofpryse wat ’n impak op alle verbruikers het.

“Die prysstygings in Junie en Julie sal voortgaan om die ekonomie en die finansiële situasie van alle Suid-Afrikaners te beïnvloed. ’n Volhoubare oplossing om stygende brandstofkoste te versag is steeds nodig en totdat daardie oplossing gevind word, sal burgers aan die genade van brandstofprysverhogings oorgelewer wees.”

Maroela Media het vroeër berig daar heers ook groot kommer dat Enoch Godongwana, minister van finansies, van die brandstofprysdalings gebruik gaan maak om die brandstofheffing met 25c tot 30c per liter te verhoog.

Dié stap word glo in die vooruitsig gestel sodat daar ekstra geld ingesamel kan word om die Gautengse snelwegverbeteringseffekte te dek – die einste snelwegeffekte wat reeds vereffen sou gewees het indien die regering destyds net na Outa geluister het, sê dié drukgroep nou.

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, het gesê daar is sterk aanduidings dat die minister die brandstofheffing gaan verhoog, om die skrap van E-tol te verreken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Bart-Man ·

Dit is nie n “Reuse daling” nie. R8.50 pl is n “Reuse daling.

Atta ·

R2,35 sou ek nou nie juis as ʼn reuse daling beskryf nie, maar dit is ʼn baie welkome verligting. Onder R20 per liter sal ons begin om die riel te dans.

Piet 6 ·

@ATTA, dit is R117.50 vir ń motor met ń 50 liter tenk, nogal ń paar sent vir sekere mense wat sukkel om sente om te draai.

Atta ·

@Pietses, glo my ek voel saam met jou dieselfde pyn. Myne vat 80 liter… Dis die bewoording in die opskrif wat my laat hoop het dat dit dalk meer as R2,35 sou wees.

Jinksie ·

Dink hulle bedoel volgende week 7 September. Party mense sit nog in Januarie en ander in 2021.

VaalDonkie ·

So dis R150 per tenk minder. Darem al iets. Maar ons sal seker nooit weer R10 per liter sien nie.

Prikkie ·

‘n Reuse daling vir my sou R5 per liter gewees het (en toe word ek wakker in SA).

Piet parys ·

So as die heffing verhoog word beteken dit mos die geld word aangewend op paaie wat ek nie ry nie maar die plaaslike paaie val uitmekaar. So ek stel voor dat as jy in n sekere provinsie brandstof koop moet daai heffings aangewend word in daai provinsie en nie gaan om nog n lazyboy aan te koop in hoofkantoor en sy salaris te verhoog nie . (Dis nou die persoon in die lazyboy)

Rudolf ·

In die kol Piet. Ek woon in die Kaap en ry nie Gauteng se tolpaaie nie. Nou moet ek help betaal om dit te befonds ? Nee dankie.

Swerwer ·

Waarom die klein afwaartse beweging vir diesel? Diesel speel ‘n groot rol in die Landbousektor.

Pierre ·

Almal kla dus nie n reuse daling nie, maar as dit met die bedrag opgaan sal almal skreeu oor die reuse verhoging

Lourens ·

Kan iemand vir ons verduidelik waarom die diesel- en petrolpryse se aanpassings met soveel verskil. Dit kom tog uit dieselfde olie?

Danie ·

Hierdie land se grootste verbruikers is diesel met vermelding spesefiek landbou en industrie ,regtig 70 sent seker ook beter as niks.Kom ons kyk wat gebeur november.

Waarnemer ·

“Reuse daling” se julle……87c per liter minder….grapgat!

Kenny ·

Julle jaagaan en ons moet betaal vir die gelag
Die geld moet n slag uit julle eie sakke kom om die mislukkings te finansier

Deon ·

Gaan daar n prysverlaging ook wees van alles wat opgegaan het asgevolg van die brandstofprys wat die afgelope jaar ten hemele gestyg het? Ek twyfel sterk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.