Nóg ʼn reuseverlies vir SAUK in afgelope boekjaar

Argieffoto

Die SAUK het Dinsdag laat hoor dat die uitsaaier ʼn netto verlies van R622 miljoen in die 2017-’18-boekjaar gely het vergeleke met die R977 miljoen in die vorige finansiële jaar.

Die SAUK word steeds deur ekonomiese uitdagings in die gesig gestaar met uitgawes wat die staatsuitsaaier se inkomste oorskry.

Dié korporasie het ook ʼn ouditafwysing van die ouditeur-generaal ontvang. Dít kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die onsekerheid rakende sy lopende ooreenkomste, eiendom en toerusting en onreëlmatige besteding.

Die SAUK se likiditeitsuitdagings het daartoe gelei dat die uitsaaier nie daarin kon slaag om al sy krediteure betyds te betaal nie. Die uitsaaier het gesê hy het ʼn uitdagende finansiële jaar gehad en kontanthulpbronne is tot die maksimum gerek om voortsetting van bedrywighede te verseker.

Die SAUK se algehele inkomste was R6,6 miljard hoewel daar R7,3 miljard nodig was en dít het gelei tot ʼn 10%-onderprestasie van R709 miljoen. Die algehele uitgawes vir dié boekjaar was R7,269 miljard vergeleke met die begroting van R7,279 miljard.

Die SAUK beweer die R11 miljoen (1%) wat onderbestee is, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die waardevermindering van inhoud en ander uitgawes. Die uitsaaier voer egter aan daar is wel lig aan die einde van die tonnel aangesien die jaar-tot-jaar-prestasie van die korporasie ʼn verbetering van R56 miljoen getoon het.

Die SAUK het in ʼn verklaring gesê die ommeswaai-strategie wat ontwikkel is ná die finansiële jaareinde is so ontwerp om die uitsaaier weer finansieel stabiel te maak.

“Ons het ʼn sterk ommeswaai-strategie ontwikkel wat fokus op finansiële volhoubaarheid, die herstel van die integriteit en geloofwaardigheid, asook die kultuur van uitnemendheid by die openbare uitsaaier. Ons gaan voort om die SAUK finansieel te probeer stabiliseer deur die vermindering van bedryfskoste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sieg ·

Maak die bankrot SABC toe dis tog net n propeganda luidspreker vir ANC.

Frikkie ·

Die SABC (South African Black Communists) het vordering getoon. Dit is R355M beter as die vorige jaar!

DAVID ·

en so word alles geplunder hulle sal nie ophou totdat daar niks oor is nie

Elize ·

“Stabiliseer deur die vermindering van bedryfskoste” sê hulle vir my! Dit is seker minder aan uitspattighede en salarisse uit te gee. Hoekom is dit so dat slegs ‘n paar in hierdie lieflike ANC land lisensiegelde moet betaal maar almal wil TV kyk.

HPV ·

SAL, SABC, ESKOM, SASOL,DENEL,SUID AFRIKA, bankrot wat kan mens sê? As die anc aan iets raak verander dit in…. wag genoeg gesê! Gaaaaap….

DeVill ·

Karen Zoid se liedjie “Sit dit af” kom dadelik in my kop.

Hoe lank nog voor hulle die SABC se deure toemaak? Ek hoop dit is liewers nou as laater.

Sies ANC, julle is ‘n volslae mislukking!

Zoro ·

Ja wat wie wil lisensie betaal vir al die TWAK wat die SABC uit saai – konsert vertonings is beter – Korrupsie is heel te mal op n hoë vlak

Afrikaanse Knaap ·

Dis wat gebeur as jy nie die beste man vir die werk aanstel nie.

teleurgesteld ·

Ag SAUK, maar nou maar net toe ek kry klaar. Julle mors in elk geval net ons geld. Daar is absoluut niks om te kyk op SABC 1,2,3 of Etv kanale nie, en ek kan nie onthou wanneer laas ek nuus gekyk of na ‘n SAUK radio stasie geluister het nie. Ek verkies onafhanklike radio stasies. So sluit nou maar julle deure asb.

Stuiwer ·

Is Etv nie ‘n onafhanklike kanaal nie? Ek vermoed so. Dit het heelwat goeie flieks om na te kyk. Beter as die SAUK en al sy junk.

Vryheid ·

Stel nie belang in sabc se verlies nie. Het lank terug ophou TV kyk.

Ben ·

Die SAUK se bedryfs model is nie meer lewensvatbaar nie en ons betwyfel of dit in die toekoms gaan wees. Faktore 1) soos om inhoud uittesaai wat net betrekking hou tot die kykers wat nie betaal nie. 2) Uitgawes wat vinniger styg as inkomste wat veroorsaak word deur VAT,% ens . 3) Die gebruik van verouderde Tegnologie 4) Kompetisie van die Internet.
Ek sou die SAUK herstruktrueer het in ‘n Nuus Website, ‘n vermaak “streaming service” soos Netflix en dan baie klein uitsaai spanne om belangrike lokale gebeurtenisse te stream. Met ander woorde drastiese sny op geboue,toerusting personeel ens. As hy dan nie winsgewend is nie, heeltmoontlik as gevolg van ‘n politieke agenda, sal dit toemaak.

JoeV ·

Kan jy nou glo die “ontwikkelende land” van een winsgewende staats departement en werk dit in die grond in, 24 jaar later en dit bestaan skaars.

Whahah ·

Kry net vir HLAUDI, hy het gese hy gaan alles regruk . hie haaaaaaaaaaaaaaaaaa!!! Alle staatsbeheerde firmas is IN DIE GEMORS > .doen so voort .. !!

Stuiwer ·

Hoe jy nou ookal daarna wil kyk, ‘n verlies is ‘n verlies, of dit nou ‘n kleiner verlies is of nie.
Ek verstaan nie hoe die staat se “besighede” bedryf word nie. Was die SAUK ‘n privaat maatskappy, het die deure al lankal toegemaak. Geen wonder die land is in sy dinges in nie. Die SAUK is maar net een van baie en die belastingbetaler word gemelk!

Hennie ·

Hoe lekker krul my tone nou!! En om te dink, ek gee nie een sent vir die klomp nie! Hoop hulle sien hul gat sommer gou gou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.