Nog ʼn rommelstatus-gradering vir SA

Argieffoto

Die kredietgraderingsagentskap Fitch het Suid-Afrika ook tot rommelstatus afgegradeer met ʼn stabiele vooruitsig.

Fitch het Suid-Afrika van BBB- tot BB+ afgegradeer. Volgens Fitch hou die afgradering verband met die onlangse politieke gebeure, insluitend pres. Jacob Zuma se omstrede middernagtelike kabinetskommeling verlede week.

“Die kabinetskommeling, wat die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies en sy adjunk Mcebisi Jonas insluit, sal waarskynlik lei tot ʼn verandering in die rigting van die land se ekonomiese beleid,” het Fitch gesê.

Volgens die kredietgraderingsagentskap het verskille oor die land se kernkragprogram die afdanking van die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene, voorafgegaan en het dit ook moontlik bygedra tot die onlangse kabinetskommeling.

Fitch het vroeër gesê fiskale konsolidasie sal onder Malusi Gigaba, die nuwe minister van finansies, se beheer laer op die prioriteitslys wees en die poging om die bestuur en deursigtigheid van staatsondernemings te verbeter, sal stopgesit word. “Staatsinstansies se bedryfslaste, en daarom ook die voorwaardelike aanspreeklikheid van die regering, sal waarskynlik toenemend vermeerder, veral as ʼn plan om die ingebruikneming van nuwe kernkragstasies na 2037 uit te stel, omgekeer word.”

S&P het Suid-Afrika se kredietgradering Maandag tot rommelstatus afgegradeer en gesê Zuma se kabinetskommeling is ʼn risiko vir fiskale en groei-uitkomste.

Rommel – oftewel spekulatiewe of niebeleggingsgraad – beteken daar is ’n hoër risiko dat die land nie sy staatskuld sal betaal nie.

Die ekonoom Adam Jacobs het vroeër aan Maroela Media gesê die afgradering is ʼn mosie van wantroue in die land se bestuur. “Ons sal nie buitelandse beleggings kan lok nie en die moontlikheid bestaan dat plaaslike beleggers sal verkies om hulle geld elders te vat. Dit het ʼn direkte impak op Suid-Afrika se ekonomiese groeipotensiaal – iets wat ons tans broodnodig het om armoede en werkloosheid aan te spreek,” het Jacobs gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Vincent ·

Zuma het geweet wat hy doen. Hy het dit beplan. Kyk wat kom volgende…..

pieter ·

MENSE JULLE ONDERSKAT RSA JULLE MOET DINK EN SIEN SOOS DIE ANC KYK HOEVEEL GELD WORD GESTEEL, BEDROG WAAR JY KYK,MENSE SKULD ESKOM GELD,DIE LYS IS LANK EN DIE FONTIEN DROOG NIE OP NIE.

Apie ·

Die Guptas sal hom NOOIT toelaat om die leisels neer te le nie!!! Hy is in elk geval te dom om te sien wat aangaan!!!

Marina ·

Kry Zuma uit die pad uit !!!Maak Pravin Ghordan die land se president dan sal dit baie beter gaan met almal! PG is darem ten minste eerlik en hys ten gunste vir sy land se mense! Of sonie maak Lekota van Cope die president! Laat die ANC disintergreer met n enorme spoed anders gaan ons almal die kortste end trek in hierdie land.

Hannie ·

Marina, ek stem saam met jou. Ek dink Pravin G sal ‘n uitstekende president wees.

jaco ·

Kan iemand my inlig hoe die afgradering deur 2 privaat maatskappye wat nie eens in SA is nie, so ‘n skielike lelike ripple-effek op ons ekonomie het? Rommelstatus vir SA is daardie 2 maatskappye se eie mening oor SA. Ander kan dalk ‘n ander gevolgtrekking oor SA maak. En dan ook: waarom aanvaar wereldwye markte en regerings die afgradering sommer net so? Moet so iets nie eers deur die United Nations of die IMF of die Wêreldbank “goedgekeur” word nie?

cobus ·

Nee Jaco, dit hoef nie deur een van daai organisasies goedgekeur te word nie. Daar is drie organisasies wat die lande se ekonomie en bestuur dophou. Twee het ons nou alreeds in rommel in bewys. Die Derde een sal binnekort volg. Dit is net soos n bank jou blacklist as jy nie jou kar betaal nie of jou salaris verminder van so aard dat jy nie enige verdere skuld sal kan betaal nie

AL ·

Rommelpresident!! Die druk raak al hoe groter.
Alhoewel dit konsuis ‘westerse diktasie is’ vlgns ANC en hul kan windowshop vir buitelandse beleggers. Pravin Gordhan het gese watter vernietigende invloed sulke denke het op die ekonomie waar die lae middelklas en armes die swaarste gaan kry – in n toespraak op ‘uncle kathy’ se gedenkdiens (vry vertaal – was n artikel op News 24)

Nicolene Boshoff ·

Geluk Zuma!!! Jo jy kry reg wat geen een voor jou kon doen nie!! Mooi man. Sink die skip, sink hom!! Ons gewoond om op te bou

Johann ·

Die eerste keer in die geskiedenis dat Suid-Afrika so laag daal, ‘n ou moet vasklou om nie na die stand te daal nie,. Mense hulle voel gevlei as ons so aandag gee aan hulle gemors. Gelukkig kom my Voorvaders nie uit ‘n 666 sel nie

Pofadder ·

Julle gaan nog oor Zuma huil soos Libië oor Gaddafi huil. Is ek die enigste persoon wat dit kan sien?

Cherokee ·

Ek kyk na op die18:30 nuusuitsending gekyk na die optogte in meer plekke as verwag. Daar was selfs optogte in New York en in London. Zuma kan trots voel dat hy soveel aandag trek.

Dink net ·

Dink net, een van die dae kan ons ons papiergeld vir toiletpapier gebruik !! . . .

Siener van Melbourne ·

Of julle kan Zim dollars koop wat miskien meer werd sal wees.

John ·

En dan is daar diegene wat rustig wag op die rommelverkoping vir ‘n paar lekker winskopies. Met die ou-ou drommel en sy trawante voor in die tou…

Ada ·

Die jeugliga is bly oor die rommelstatus. Weet nie wat dit beteken nie want is te onnosel.Hier kom nog burgeroorlog soos wat Siener geskryf het.Dit kom al hoe nader veral nou dat die radikales gesien het hoeveel is teen z gekant met die optogte.

Oom Klasie ·

Die korruptes het nou die geleentheid gister gehad om te sien hoeveel man sterk die gewone landsburgers is wat integriteit en n trots en hoop vir SA het. Dis baie minders as die korruptes en radikales. Goed oorwin egter altyd kwaad.Al is ons minder het ons geloof wat sterk staan en rugraat en integriteit en n wil wat so sterk soos n klipsteen staan. Onbreekbaar.

Johan ·

Die ANC het die mees gepaste naam van alle politieke partye regoor die wereld
ANC -ANOTHER NATIONAL CRISIS

LP ·

ANC ondersteuners tjank a.g.v. krisis in die land feit is hulle gaan weer in die nasionale verkiesing vir ANC stem…Daar is nie medikasie op die rakke vir lae intelek, IK nie. En so stoomroller nog ‘n afrika land die afgrond in. Geen welvaart word geskep met afwesigheid van wit regerings/leiers nie. Punt

vermeende ·

Venezeula het laas jaar n ekonomisie inkrimping van 10% ervaar en die gevolg was inflasie van 800%
Dit is wat op SA wag, berei jou self daarvoor voor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.