Nóg ‘n rooftog by die Glen-winkelsentrum

Die Glen-winkelsentrum. Foto: Facebook

Die Glen-winkelsentrum. Foto: Facebook

ʼn Selfoonwinkel in die Glen-winkelsentrum in Ormonde, Johannesburg is Maandagaand beroof.

“Die verdagtes het selfone gesteel en van die toneel gevlug,” het kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mothutsane sê daar is geen skote afgevuur nie en dat niemand tydens die voorval beseer is nie. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ons ondersoek die saak.”

Sy kon nie bevestig wat die waarde is van die selfone wat gesteel is of die aantal mense wat by die rooftog betrokke was nie.

Dit is die vierde rooftog by die Glen-winkelsentrum die afgelope jaar. ʼn Veiligheidsbeampte is verlede maand geskiet en gewond toe sewe gewapende mans op die iStore-winkel toegeslaan het. Die verdagtes het met ʼn onbekende aantal elektroniese ware gevlug.

Die Samsung-winkel is op 30 Julie beroof. Personeel is vasgebind en in ʼn kantoor agter in die winkel toegesluit terwyl die rowers met voorraad en kontant gevlug het.

Die Vodacom-winkel is op 18 November verlede jaar beroof. Die rowers het skote in die parkeerarea afgevuur na die rooftog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Almal weet nou watter winkels is teikens. Die juwele winkels is volgende. Dis elke jaar se ritueel en Des is nog nie eers in sig nie. Die bestuur by die winkelsentrums moet nou wakker word en hulle sekuriteit en strategie verander. Kry opleiding by die regte mense.

alet ·

Die vraag is wie moet n mens oplei een skelm kan nie ander een vang nie. As jy my vra is alles binne kring stories.Hoeveel betaal die versekering uit alles gaan net om geld

Marlene ·

Die Glen se sekurtiteit is om die minste te se, pateties. Karre word onderdak gesteel en dan word die “booms” net eenvoudig afgery. Intussen is sekurtiteit nog glad nie opgeskerp of verbeter nie. Parkeermeters werk nie altyd nie, of daar is nie kleingeld nie of die geld word nie aanvaar nie. Probeer dan iemand op die intercom in die hande kry om te kom help!! Sommige van die winkels se musiek speel so oorverdowend hard dat al sou daar ‘n skietery of noodkrete wees, dit nie gehoor kan word nie. Dis geen wonder die sentrum word herhaaldelik geteiken nie.

Johannes ·

The Glen is nie in Ormonde nie maar in Oakdene en met misdaad soos kapings in die omgewing vebaar dit my nie en kan ek net se dankie ek is al so 14 jaar nie meer in die omgewing nie en ek moet byvoeg met al die Nigeriers ens daar se ek niks vwerder nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.