Nog ʼn SA-hoë bedank vir lewe oorsee

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Andre Hunter/Unsplash)

ʼn Grootkop van Suid-Afrika se mees prominente kleinhandelreus, Massmart, het vandeesweek aangekondig dat hy die groep gaan verlaat om na Australië te verhuis.

Dit is die tweede groot sakeman in twee maande wat bedank om na Australië te emigreer.

Massmart, wat onder meer Game, Makro, Dion Wired en BuildersWarehouse in Suid-Afrika bedryf, het Dinsdag Doug Jones se bedanking bevestig.

Jones sal na verwagting teen einde Desember uit sy rol as senior visepresident en uitvoerende hoof van groothandel by Massmart tree. Hy sal hierna ʼn soortgelyke pos by ʼn ander sakeonderneming in Sydney, Australië, beklee.

Die leisels sal aan Llewellyn Walters, senior visepresident en uitvoerende hoof van kleinhandel by Massmart, oorhandig word.

“Weens Jones se bedanking sal die hoofbestuurders van Game én BuildersWarehouse – wat voorheen aan Walters gerapporteer het – voorts direk aan Massmart se uitvoerende hoof, Mitch Slape, rapporteer,” lui die aankondiging.

Jones se vertrek van die kleinhandelreus is die tweede toonaangewende grootkop in die bedryf wat Suid-Afrika aan Australië verloor.

Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof en direkteur van die Clicks-groep, het in September aangekondig dat hy aan die einde van Desember by die maatskappy sal klaarmaak, waarna hy na Australië sal verhuis.

Bertine Engelbrecht, die groep se direkteur van korporatiewe sake, is aangestel om Ramsunder te vervang.

“Vikesh was die afgelope drie jaar ʼn dinamiese leier en het die groep deur verskeie uitdagings gelei,” lui Clicks se aankondiging.

“Ons is jammer om afskeid van Vikesh te neem, maar wens hom alle sterkte toe in sy internasionale loopbaanskuif.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Hierdie mense sien nie meer ‘n toekoms in hierdie land nie. Neem hulle nie kwalik nie.

Dup

Die mense wat kan,sal waai.

VaalDonkie

Oukei baai

Frank John

Just a normal reaction to what’s going on in the country. But! This is God’s country, He has a plan with it, people must come in line with His plan. When that happens He will fix it all. Take it or leave it. God is more in control than we realize.

Pablo

Die regte besluit. Daar is geen toekoms hier nie. Net geweld , moord en diefstal.