Nog ʼn SA jagter sterf in Zim

Theunis en Carike Botha. Foto: Facebook

Theunis Botha (51), ʼn bekende professionele jagter en jagoperateur van Limpopo, is tydens ʼn jagtog in Zimbabwe dood.

Zimbabwe se Sunday News berig Botha en sy jaggeselskap het Vrydagmiddag in Gwai gaan stap toe hulle omstreeks 17:30 op ʼn teeltrop olifante afgekom het.

Volgens die Mirror het verskeie olifantkoeie op die jaggeselskap afgestorm en het een van die koeie Botha met haar slurp opgetel. Een van die ander jagters het die olifantkoei geskiet en sy het bo-op Botha geval.

Kuronda Safaris, wat glo die jagtog gereël het, het op Facebook hul medelye uitgespreek met Botha se vrou, Carike, en sy gesin. “Hy was ʼn uitsonderlike man met ʼn fantastiese sin vir humor. Ons gaan hom en ons stories om die kampvuur baie mis.”

Hoërskool Ben Vorster het op Facebook gesê Botha is ʼn oud-Vossie. “Ons harte gaan uit na sy vrou, Carike, en kinders. Theunis se drie oudste dogters, Marike, Lisa en Carmen, is ook oud-Vossies. Mag God julle dra en vertroosting bring in hierdie hartseer tyd.”

Botha was die eienaar van Theunis Botha Big Game Safaris and Hounds in Tzaneen waar hy saam met sy vrou en vyf kinders gewoon het.

Volgens berigte was Botha vriende met Scott van Zyl (44) wat verlede maand in Zimbabwe dood is. Van Zyl was saam met ʼn groep buitelandse jagters in Zimbabwe vir een van sy gereelde jaguitstappies. Een van sy honde het spoorloos verdwyn en hy het na die hond gaan soek. Hy het nooit na die kamp teruggekeer nie.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en reddingspanne het meer as ʼn week lank onverpoos na Van Zyl gesoek.

Van Zyl se spore het op ’n sandwal van die Limpoporivier doodgeloop en dit is ook hier waar die Zimbabwiese polisie twee krokodille verlede week doodgeskiet het. Menslike oorskot wat binne die krokodille gevind is, is weggestuur vir DNS-toetse om te bevestig dat dit Van Zyl s’n is.

ʼn Derde krokodil is later ook doodgeskiet en ʼn skoen soortgelyk aan dié wat Van Zyl gedra het toe hy vermis geraak het, is binne die dier gevind. DNS-toetse het bevestig die menslike oorskot wat gevind is, is dié van Van Zyl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

snoefie ·

hoe toevallig dat die regte drie krokkedille geskiet was.

M'Lady ·

“Hunting : the least honorable form of war on the weak.” Paul Howard.

Christo ·

Stem 100% saam,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,het egter geen probleem as jy skiet vir vleis nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Rocky ·

Hoe ‘n mens ‘n dier kan skiet vir die “pret” (trofee) gaan my verstand te bowe. Dan veral diere soos olifante, renosters, leeus en jagluiperds. Jammer – simpatie ontbreek.

Jakalas ·

Afrika is maar ‘n gevaarlike plek. Alby gevalle is verskriklike maniere om te sterf en ek kan myself nie eers in dink wat deur daai mans se koppe gegaan het voor hulle dood is nie. My innige simpatie aan die families wat geraak is deur Mr. Botha en Mr. Van Zyl se dood.

EB ·

En die olifante? Wat het deur hul koppe gegaan toe hulke bedreig word? En om eem can hulle te sien sterf?

Jakalas ·

Ek hou self nie van jag nie, maar ek gaan nie toewens dat iemand so dood gaan omdat hulle ‘n jagter is nie. As jy in gevaar is sal jy seker enige iets doen om nie om die lewe te kom nie, is dit nie waar nie, of gaan jy net daar staan en mooi lyk tot ‘n dier jou vertrap? Hulle het gaan stap en toevallig op die trop af gekom. Wat kan ‘n mens maak as hulle jou storm? Nie net daar staan nie en ons almal weet dat mens nie vir hulle kan weg hardloop nie. Wees bietjie meer sensitief oor sake soos dié in die toekoms asseblief.

EB ·

Jag : ń Oneerbare manier om geld te verdien. Nogal olifante! En nou is een dood omdat ń mens sy gebied betree het. In die stad skiet ons oortreders op ons eiendom. In die veld word weerlose diere in hulle gebied geskiet! Arme olifant. Ek hoop haar trop oorleef die trauma.

Johann ·

As ek elders reg gelees het, is hy eintlik bekend daarvoor dat hy honde gebruik in sy jagte op leeus en luiperds.

Baie baie sterkte ·

Baie sterkte vir hierdie gesin en familie. Soos in elke werk is daar risiko’s. Wat ek sien en lees, weet ek dat hierdie man soos alle goeie jagters respek vir die natuur en diere lewe gehad het. In so geval is dit ‘n eerbare beroep, ek is nie jagter of ph nie, maar skiet net die nodige vir die pos, daar is mense wat heel bossies is en respekloos, dan is dit verkeerd, ons kan nie almal om dieselfde kamp skeer nie.

Francois le Cochon ·

Hoe kan ‘n mens respek he^ vir die natuur en diere lewe, as jy Amerika toe gaan om jagters te kry om jou te betaal om hulle na wilde diere te neem, en hulle dan dood te skiet net vir ‘n “hero” foto”

Linette ·

Kyk, ek is geen voorstander vir die jag-praktyk nie. Vroeërjare het ons oupa’s en pa’s nodig gehad om te jag ten einde kos op die tafel te sit. Vandag nie meer nie – daar is slaghuise en diere wat spesiaal vir vleis-voorsieningsdoeleindes geteel word. Ek sien geen sin daarin om aan te lê met ‘n gespesialiseerde, hoogs-tegnologiese jag-vuurwapen op ‘n dier wat se enigste ontkoms weghardloop of aanval is nie. En ook kan ek dit nie verdra om foto’s van trofee-jagters te sien nie. God het die aarde geskep en die mens in beheer daarvan geplaas – om te bewaar, nie te vernietig nie. Natuurlik praat ek nie van wild uitskiet om bewaringsdoeleindes (bv. veld-bewaring) toe te pas nie. Dit is verstaanbaar: enige veld kan net sóveel diere dra. Maar dit is werklik ‘n vreeslike dood om te sterf in beide gevalle. Sterkte aan die families, gesinne en vriende betrokke.

MM ·

Die natuur neem terug wat die mens van haar neem. Onskuldige diere wat afgemaai word vir geld is gemeen.

Tanya ·

Die wat glad nie ten gunste van jag is nie, is seker vegetariers.. Vleis val nie uit die hemel uit nie. Dit word gejag en geslag.

Francois le Cochon ·

Regtig? Word beeste, skape, varke en hoenders gejag? Daar is ‘n groot verskil tussen jag vir jou eie wildsvleis of biltong, teenoor R200,000 ontvang van ‘n Amerikaner om ‘n luiperd dood te skiet.

Ai toggie ·

Ai Tanya, help nie mens probeer iets sê, kyk maar boontoe ook. Francois met 1 punt stem ek saam meeste kommentators, om links en reg dood te maak vir geld is vir my ook nie reg nie, maar soos Linette sê vir getalle, dan is dit reg. Ek wil egter vir jou sê, dit is net so wreed om ‘n bees, skaap, vark en hoender dood te maak, dit is dieselfde konsep, eintlik erger, hul is in ‘n kleiner spasie, ek wil nie eens dink aan maniere wat ek al gesien het nie, dit kan my ‘n vegetarier maak. Die beginsel moet wees tussen getalle/oorbeweiding en bedreiging (by leeus & luiperds – ek weet hul bring groot skade vir vee boere) dan ook vleis vir die pot en suiwer geldmaak. Ek weet nie in watter kategorie die 2 jagters geval het nie, maar dit lyk vir my ook op die oog af na gesrespekteerde mense wat wanbelans in diere lewe en vleis jag in ‘n werk omskep het, dit is nie iemand wat net bakhand staan en bedel nie.

Johann ·

Francois, mens kan ook byvoeg, wild is darem nou seker nie vee nie.

Niks minder wreed ·

Dit is niks minder wreed om beeste, skape, varke en hoenders te jag nie, dan moet jy liefs nie vleis eet nie, maar dan weer die wrede afbreek of uitpluk van ‘n plant, oops dan moet jy maar ophou eet heeltemal.

nora ·

Gaan om olifante te besigtig of om hulle dood te skiet? Vir die pot? Ag nee maggies. Mense roei al wat wilde dier is uit vir die plesier? of geldelike gewin? Nou is die olifantkoei dood wat haar trop wou beskerm.
As jy wil vleis eet, gaan koop dit by die slaghuis.

Oops ·

Nora ek stem om Olifante vir geld of pret te skiet is verkeerd, nêrens sê dit dat dit ‘n Olifantjag is nie, die koei is EERS geskiet na die aanval. Verder uitdun van Olifante is net so belangrik, as daar te veel is, is dit groot skade en die oorbeweiding, hul vreet baie en kan veral met droogtes soos nou die weiveld verwoes en dan van honger doodgaan. Dan gaan almal egter saam dood. Ek het lekker gelag vir die laaste sin, as jy wil vleis koop, gaan slaghuis toe, die vleis daar kom van mak diere, vleis diere en wilde diere, hulle kom lê nie op die tafel in stukke nie, hul word doodgemaak, geskiet en gejag.

Jaco ·

@ Niks minder as wreed. Van wanneer af eet ons mense olifante?

J.J ·

Akker. Sal ons ‘n ou geldjie stuur vir misdadigers ook sodat hulle nie meer roof en plunder nie?

Een vraag ·

Wat is die verskil tussen ‘n jagter en ‘n stroper? ‘n Stukkie papier?

Jakalas ·

Jou vergelyking is baie onakuraat. Daar is ‘n groot verskil eintlik.

‘n Stroper gee nie om oor die reëls en wetgewing oor jag nie. Hulle sal tot diere skiet wat beskermd is sonder om 2 keer te dink. Hulle fee hulle self af ook aan jag seisoen tydperke, skiet op plaase wat diere beskerm (soos wildtuine) en is gewoonlik op die perseel onwettig.

Jagters aan die ander kant volg die wet. Hulle jag net wat hulle mag jag, hulle maak seker hulle hoef net een keer te skiet om nie die dier te laat lui nie, hulle skiet op ‘n gelesensieerde plaas wat wilde diere teel vir jag en hulle hou by die jag seisoene.

Daai reels en wette is daar om seker te maak ‘n dier soort word nie heeltemal uit gewis word nie en dat hulle nie diere skiet gedurende die paar tyd of tyd wat die diere geboorte gee nie (om te verhoed om ‘n swanger dier te skiet). Jagters bly by daai reëls.

Wendy ·

Baie mense is teen jag. Ek verstaan maar dit hou ook n land aan die gang. As dit nie vir jag was nie, was van ons diere spesies al lankal uit gewis gewees. Olifante word baie met rukke en verniel n bos vreeslik. Hoekom se niemand dan die arme bome nie? Moenie oordeel oor iets wat jul nie verstaan nie. Ek hoop regtig die gesin sal vertroosting vind. Dit is nogsteeds iemand se man, iemand se seun en iemand se pa hierdie. Sterkte aan die gesin!

Jakalas ·

Presies. Maar daai mense verstaan nie. Hulle oordeel te vinnig.

Ai toggie ·

Netso, soek net vergelding, maar intussen gaan ‘n gesin deur diepe droefheid.

gelden ·

wonder net hoekom moet die dier prys betaal vir menslike gedrag net jammer vir diere wat onnodig geskiet word

Jakalas ·

Die olifant was besig om die man dood te maak. Wat dink jy moes die mans maak? Dit was nie onnodig nie.

Ai ·

Nee Jakalas, lees weer. Die olifant het die man opgetel. Groot verskil. Die man is dood omdat hulle die olifant geskied het en die op die man geval het. En nou wil ek nou sien of Maroela dit ook nie plaas nie want dis nou n herhaling van hulle eie berig.?

Jakalas ·

Ek het reg gelees. Wat dink jy sou die olifant met iemand gemaak het as hulle ‘n mens op tel. Beslis nie net neer sit en wegloop nie.

Ai ·

Dis n slurp, nie n Boa Constrictor nie. sy sou hom neergooi

So jou redenasie is as hulle nie die olifant geskied het nie sou die man dood gewees het? Wel hulle het die olifant geskied en die man is dood AS GEVOLG van dit. Jy kan onmoontlik nie se jy weet vir n feit dat die man in elk geval dood sou gaan as hulle nie die olifant geskied het nie.

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie en vriende van die man. Wanneer in die veld, sal enige stormende dier of een wat reeds ‘n mens aanval, geskiet word. Dis logies. Baie jammer oor die olifantkoei, maar ongelukkig was ‘n mens se lewe in gevaar.
Seekoeie, buffels, olifante word daagliks in statte doodgemaak – mens lees net nie daarvan nie. Waar diere die mens se lewe bedreig, word hul doodgemaak. Moet nou asb. nie die mense in hierdie geval kwalik neem wat prober het om ‘n man se lewe te red nie? Hulle het nie op die trop losgetrek nie. Slegs op die koei wat reeds die man in haar slurp beetgehad het.

sdp ·

LEES DIE BERIG REG ASB. HULLE HET NIE OLIFANTE GEJAG NIE!!!NET GAAN STAP EN OP N TEELTROP AFGEKOM !!!

BeeBee ·

Wel hy het al baie olifante gejag. Gaan kyk na sy foto’s langs sy olifantlyke. Dit was op oorsese nuusblaaie ook. Hy was ‘n trofeejagter….. Diere vir plesier geskiet!!!

koos ·

toeriste ry in bakkies rond.

n jagter stap in die veld met sy mede jagters. wou hulle gaan milkshake koop het met Vuurwapens.

Cobus ·

Genade maar hier is ‘n klomp oningeligte mense hier. Jag is bewaring deur benut ting. Die diere wat gejag word se geld betaal vir wildplase se personeel en infrastruktuur soos drade, pompe ens. Die geld wat deur Wildplase verdien word deur jag maak dit moontlik om die diere te beskerm en te versorg, daarom is daar redelik baie wild. Hou tog op om jag so te kritiseer, daar is baie etiese jagters en die bedryf word goed gereguleer.

Bosman Kruger ·

Erg oningelig. Theuns Botha het meer vir natuurbewaring gedoen met die geld verdien uit sy jagtogte as wat enige van julle ooit sal behaal deur hier opmerkings te maak oor goed waarvan julle niks weet nie.

stella ·

Toon respek vir alle beroepe en ook vir die wat ‘n geliefde verloor het. Hoop nie julle wat só baie te sê het eet vleis nie.

CJ ·

Enige persoon het die reg om nie van jag te hou nie. Diegene kan hulle vleis in plastiekverpakking by ‘n supermark gaan koop en hulle verbeel dat daar nie ‘n dier daarvoor doodgemaak is nie. Jagters is by uitstek bewaarders. Hulle wil graag die voorreg vir hulle en hulle kinders behou om in die toekoms steeds te kan jag. Wildboere bestuur hulle kuddes net so oordeelkundig soos veeboere. Daar is vandag in Suid-Afrika meer wild op jagplase as in staatsnatuurreservate want dit is ‘n ekonomiese bate. As jag gestop word sal die wildboere al hulle wild uitskiet en met beeste of skape boer. Sal dit dan beter wees?

Joe ·

Daar is geen verskil tussen die stukkie wildsbiltong wat die jagter eet en die lamtjoppie wat die nie jagter eet nie. Die wildsbokkie word in die veld (organies/free range) geskiet. Die lammetjie word met GMOs gevoer, vol parasiet doders(chemikalie) en antibiotika gepomp. Agter op ‘n oorvol lorrie gelaai en dan baie traumaties met die reuk van bloed in die lug by ‘n slagpale geskiet (met ‘n ysterpen in die agterkop). Opgeslag, verpak en by jou supermark verkoop. Skink vir pappa nog ‘n branna nou gaan ons braai.

FJD ·

Ek sal ook maar my eier lê. Ek sien baie mense lees maar verstaan nie wat gelees word nie. Die jagter en sy geselskap het gaan stap, dit is in die bos…. so wat vat mens saam ?? Jou sonbril, sonblok, stoel en boek????? NEEEE!!!! jy vat jou geweer want daar is wilde diere wat jou enige tyd kan aanval of jy nou iets doen of nie…. hulle het toe onverwags op ‘n olifant teeltrop afgekom en van die olifante het gestorm en een het die jagter met haar slurp opgetel en sy sou hom definitief nie saggies anderkant die bossie neergesit het nie, een van die ander met ‘n geweer het haar toe geskiet en toe val sy bo op die jagter wat sy in haar slurp gehad het. NIEMAND het gaan olifante jag nie – flippen hell!!! en dan die absolute onsmaaklike kommentaar wat sekere mense hier laat. Geen wonder die mensdom is in so ‘n gemors nie, niemand het enige empatie, simpatie of noem dit net wat jy wil vir mekaar nie. Baie sterkte aan die oorledene se gesin, familie en vriende dit is baie hartseer om enigiemand aan die dood af te staan.

kerneels ·

Skiet op olifantkoeie? En dan noem hulle die ‘beroep’ eties???

Rof ·

My man kyk elke week die jagtrips of die rekenaar. Doen julself n guns en gaan kyk na dit, ek het al gesien hoe word die olifante verwilder, en dan skreeu die klomp mans om die olifante te verjaag. Dis n proses van skreeu dan tree olifant terug, en storm weer. Dis asof die mens dink hy kan die wilde diere beveel om te geepad deur te skreeu. DIE MENS BETREE DIE DIERE SE BEBIED OM GROOT GELD TE MAAK want hul word goed betaal. Die olifante word so tese getart, dan moet hul dood geskiet word. Het julle al gesien hoe treur hulle as een van hull doodgeskiet word, dis vreeslik hartseer.

Annatjie Kruger ·

Ek wonder of die olifantkoei wat doodgeskiet is, ‘n kalfie by haar gehad het.

Johanna ·

Die natuur het gegee en die natuur het geneem. Die olifante (en ander diere) se leefruimte raak al minder want mensgetalle vermeerder onbeheersd. Jagters wat roem op, onder andere , die bewaring van diere deur hulle te skiet om oorbevolking (in hul krimpende ruimte) te verhoed, dra nie gewig. Dis vir eie geldelike gewin. En die genot daarvan. Jag is mos ‘n sport! Sit selftevrede by olifanttande, by luiperds, ander diere. Wat ‘n prestasie om op trots te wees. Was dit net die een olifant wat doodgeskiet is, of is daar ander wat gekwes is toe hulle die mensgevaar gesien en op die ‘toevallige’ gewapende besoekers afgestorm het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.