Twee beskuldigdes, die voormalige munisipale bestuurder van die Mafube-munisipaliteit Nkabi Andrew Hlubi (45) en kontrakteur Molise John Letsipa (53), het Dinsdag in die Cornelia-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie, bedrog en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA).
Hulle is vrygelaat op borgtog van R10 000 elk en die saak is tot 6 Februarie 2024 uitgestel vir verdere ondersoek, sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).
Die saak hou verband met ʼn tender wat in Desember 2015 deur die plaaslike munisipaliteit (Frankfort) geadverteer is om heinings op te rig om begraafplase van Cornelia, Villiers, Frankfort en Tweeling.
“Die bodkomitees het na bewering aanbeveel dat die tender weer geadverteer word, aangesien die munisipaliteit nie enige fondse gehad het nie. Die voormalige munisipale bestuurder het die aanbeveling geïgnoreer en ʼn kontrakteur aangestel wat ʼn tender van R62 miljoen ingedien het.”
Die kontrakteur het slegs om een begraafplaas, in Cornelia, ʼn heining opgerig en die munisipaliteit vir R11 miljoen gekwoteer. Die munisipaliteit het daarna R3 miljoen aan die kontrakteur uitbetaal.
“Daar word aangevoer dat die munisipale bestuurder die maatskappy aangestel het omdat hy ʼn verhouding van gemeenskaplike voordeel met die eienaar gehad het.”
Die saak is by die Valke se eenheid in Bethlehem, wat ernstige korrupsie ondersoek, aangemeld. Die verdagtes het hulself aan die ondersoekbeamptes oorgegee en hulle is aangekla.
Nog ʼn saak van korrupsie en bedrog duur voort teen Hlubi in verband met ʼn voorval in Februarie 2017 toe hy die voormalige hoof finansiële beampte van die munisipaliteit opdrag gegee het om nie die daaglikse kontant wat by die munisipaliteit ontvang is te deponeer nie. Hy het die finansiële beampte aangesê om dit vir daaglikse munisipale bedrywighede aan te wend. Die finansiële beampte het die opdrag skriftelik versoek, maar Hlubi het geweier en gesê hy sal aanspreeklikheid aanvaar indien die ouditeure navraag doen. Daar kon nie rekenskap gegee word van ʼn bedrag van R116 000 nie.
In nog ʼn saak het Hlubi saam met Tumahole Jeffrey Mokoena (42), direkteur van Pit Dog Trading, in 2021 in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en vervalsing. Hlubi het na bewering tydens 2015, toe hy die waarnemende munisipale bestuurder was, tenders toegeken aan Pit Dog Trading.
Mokoena is daarvan beskuldig dat hy in daardie tyd vervalste dokumente by die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf (ORKB) ingedien het om ʼn hoër ORKB-gradering te kry. Ná elke betaling van die munisipaliteit aan Pit Dog, het Mokoena na bewering ʼn deel van die geld, vanaf sowat R1 miljoen, aan Hlubi oorbetaal. Die tenders se totale waarde beloop R21 miljoen.
Dus hoe die kaders saam eet
Dit kan net aansienlik minder raak as sie staat witboortjie misdaad erger straf, geld laat terug betaal of bates afvat en dat hulle lank, baie lank wel in die tronk sit.
Wanneer daar miljoene rande betrokke is, moet die borggeld ook ten minste R1 miljoen wees. Tienduisend rand is kleingeld vir hulle.
Hier in die Karoo dra hulle al jare lank die heinings weg en plunder grafte, ons het ons “plot” opgese…. en word veras, dan is daar een minder probleem in die see van uitdagings.
Voordat jy met die persoon kan praat oor n moontlike tender vra hul heel eerste wat is daar in vir hom, standaard tender prosedure by al die staatsinstellings!