Nóg ʼn SA’ner vas oor internasionale porno-netwerk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man van Johannesburg is in hegtenis geneem op aanklag van die beweerde besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Donderdag gesê.

“Lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het die man Donderdagoggend in hegtenis geneem en dadelik na die Johannesburgse landdroshof geneem,” het Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die man is vrygelaat op borgtog van R2 000 en die saak teen hom is tot 16 April uitgestel.

“Die man is een van ʼn toenemende aantal persone wat in hegtenis geneem word as deel van die polisie se Operasie Cloud 9, ʼn voortslepende operasie wat spesifiek op die been gebring is om aanlyn seksuele uitbuiting van kinders te ondersoek,” het Naidoo gesê.

Die verdagte se beweerde kinderpornografieaktiwiteit het aan die lig gekom nadat ʼn verdagte twee jaar gelede in Antwerpen, België, in hegtenis geneem is.

Naidoo het gesê die man was glo deel van ʼn groter kring van 219 individue wêreldwyd wat kindermishandelingsfoto’s deel.

“Nadat beamptes van die eenheid inligting ontvang het van hul Belgiese eweknieë, het die span se ondersoek hul uiteindelik gelei tot ʼn adres in Meredale in Johannesburg waar die man vanoggend in hegtenis geneem is,” het hy bygevoeg.

Beamptes het beslag gelê op twee skootrekenaars, drie selfone en twee eksterne hardeskywe. Die polisie hoop dat foto’s op die toestelle hulle sal help om slagoffers te identifiseer.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Loon ·

Ek verstaan net nie hoekom borgtog toegestaan word aan hierdie mense nie.

Elmarie Pretorius ·

KBE Provinsiaal doen puik werk as dit van hul afhang is daar geen borg . Ek verskeie sake teen verkragters al gehad en as Landros besluit borg moet toe gestaan word kam ons hansie slim sing en KBE BORG SAL HUL KRY dit voel vir my soms met sake dat ek baklei teen n muur. In my opinie ons moet opstaan teen Gesinsgeweld/ Mensehandel /Seksuele uitbuiting hoe meer ons betrokke is en gevalle rapporteer hoe beter.

marita ·

And he gets bail? A lousy R2000? But they wouldnt give a friend of mine bail who got caught albeit a second time for shoplifting. But a pervert gets bail while a mother who stole food for her children sits in prison. This country makes me sick. Our justice system is a joke

Boggom ·

You are right. It is general knowledge that a guy like Agliotti is a major drug dealer but walks around as a free man while there are youngsters in jail who got caught with a tiny little bit of drugs (for example). I agree; the system is completely screwed up!

Nico K ·

Ek wil weereens vir al die mense hierbo verduidelik dat borg nie daar is om iemand te straf nie. Hy is nog nie skuldig bevind nie. Al wanneer borg geweier kan word is as die persoon ‘n vlugrisiko is. Wat moeilik is om vooruit te bewys. Ek kan nie Marita hierbo antwoord oor hoekom haar vriendin se borg geweier is nie. Daar moes ‘n rede gewees het. Maar dit het niks met die klag teen haar te doen nie. Wag tot hy skuldig bevind is dan kan julle raas oor sy straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.