Nóg ʼn SAUK-werknemer moet voor tugverhoor verskyn

Lukhanyo Calata tydens 'n vorige SAUK-uitsending by die Parlement in Kaapstad (SAUK-beeldmateriaal)

Lukhanyo Calata tydens ‘n vorige SAUK-uitsending by die Parlement in Kaapstad (SAUK-beeldmateriaal)

Lukhanyho Calata, die Kaapstadse parlementêre verslaggewer wat in die Wes-Kaap aan die hoof gestaan het teen beweerde sensuur by die openbare uitsaaier, is Maandag van oortreding van SAUK-reëls beskuldig.

Calata is die seun van die struggle-aktivis, Fort Calata van die Cradock-vier. Hy het aan die African News Agency bevestig hy is in kennis gestel dat hy deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar word – iets wat hy voorspel het terwyl hy Vrydag aan ʼn media-geleide betoging by die SAUK se kantoor in Kaapstad deelgeneem het.

Hy het bevestig hy sal die aanklag teenstaan, wat verband hou met sy uitsprake. “Ek kom uit ʼn familie van vegters,” het hy gesê.

Calata het die SAUK se omstrede besluit, om nie meer betogings in die land te dek nie, veroordeel. Hy het wye ondersteuning vir sy standpunt ontvang.

Dié aanklag maak van Calata die sewende SAUK-werknemer wat geteiken word nadat hulle hul besware uitgespreek het oor sensuur.

Minstens ses ander persone is ook deur die SAUK geteiken. Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp staan tereg op aanklag van “skakeling met die media”. Drie ander werknemers, Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter, is vroeër geskors.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Joann ·

Henderik ek stem. Die man dink hy besit SAUK,daar wag n moviese surprise op hom as die mense hul lisensies nie betaal. Wag en kyk hy gaan sy dinges sien. Hehehe

Jaco ·

Zuma se veldbrand gaan hom verswelg. Hopelik nie voor hy die ANC geskeur het nie!

Lance ·

So gaan dit nou ….alles moet verdoesel raak …bq dom want social media is baie sterk ….sauk man is maar n probleem …alle staats gedrewe instansies het geen verantwoordbaarheid nie ….wys al op alle vlakke ….geldtjie raak nou net bq min ….dalk maar op n kol IMF lening oorweeg …wat n bitter pil sal dit nie wees nie ….SA raak maar baie zimbabwe ne

humor ·

Met die nuwe snoerwet sing die seunse weenkoor sekerlik al vroliker.

Anne ·

Altyd getrou my SABC lisensie betaal…. MAAR hul gaan nie ‘n sent by my kry terwyl Hlaudi aan die stuur is nie!!!

Piet Piper ·

Die simpel Motsoenong moet voor ‘n Tugverhoor gaan le, want staan kan hy nie. Rug-graat-lose mens.

christene ·

Daar is geen nuus behalwe besoeke aan arm gemeenskappe met onmoontlike beloftes. So lees ek maar die geskrewe nuus, dis in elk geval sonder ‘n verdraaie uitspraak van taal en ‘n gedans. Ek stel voor kom lees meer en kyk minder.

Zirk ·

Dis maar net nou die begin van die tirannie van die onbekwame, baie benoude ANC leierskap. In die “struggle”jare is dissidente en “vermoedelik” afvalliges, summier aan hangpale opgehang in die openbaar om as afskrikmiddel te dien vir ander “comrades”. Umkoto we siswe opleidingskamp Quatro in Angola. Lees maar Ben Turoc se boek.
Die toepassing van sensuur op alle media is duidelik die pad wat ‘n regering loop na diktatorskap.

Adrian ·

Maklik.. Boikot tv lisensies … Handel saai geen advertensies meer uit nie en wallah sabc no more

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.