Nóg ʼn selfoonwinkel beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Selfoonwinkel by die Benmore-winkelsentrum in Sandton, noord van Johannesburg, is Donderdag beroof.

Lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het die winkel betree en ʼn vuurwapen op ʼn veiligheidswag en werknemer gerig.

“Die verdagtes het hulle na die stoorkamer geneem, gedwing om die kluis oop te sluit en ʼn onbekende aantal selfone gevat,” het Magoai gesê.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, Gautengse polisiekommissaris, het verlede week gesê dat daar sedert 13 Augustus al 11 rooftogte by winkelsentrums in Gauteng was.

Die Altech Autopage-winkel in die Glen-winkelsentrum is op 9 September beroof. Drie gewapende rowers het met 15 selfone ter waarde van R34 000 gevlug. Die Samsung-, iStore- en Vodacom-winkels by dieselfde winkelsentrum is sedert November beroof.

ʼn Veiligheidswag van die G4S-veiligheidsmaatskappy is vroeër die maand doodgeskiet nadat vier rowers hom en ʼn kollega van kontant beroof het by die Diepkloof Black Chain-winkelsentrum in Soweto.

ʼn Samsung-winkel in die Cradlestone-winkelsentrum in Krugersdorp is op 5 September beroof. Die Telkom Connect-winkel in die Eastgate-winkelsentrum is op 3 September beroof. ʼn Selfoonwinkel in die Northgate-winkelsentrum is op 2 September beroof. ʼn Telkom Direct-winkel by die Kolonnade-winkelsentrum is op dieselfde dag beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Teen hierdie tyd behoort al die selfoonwinkels met selfone rekenaars, skootrekenaars en verwante items met versteekte kamaras toegerus te wees. Net die heel beperkte voorraad aan te hou. Voorraad moet met spoedbestelling beskikbaar wees. Ook waar moontlik kan dit versteek word op plekke behalwe in kluise. In die lig van omstandighede moet kliente dit verstaan dat hul aangekoopte items binne n uur of twee beskikbaar sal wees. Ek besef dit is moeilik haalbaar, maar ons moet ons rig op misdaadvoorkoming. Deur net blood n knoppie te druk moet veiligheidsdienste op die toneel wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.