Nóg ʼn seun sterf by dagoord

Foto: Verskaf deur ER24.

Nog ʼn tiener is vandeesweek dood by ʼn dagoord in Gauteng. Dié seun, vermoedelik 13 jaar oud, se naam is nie bekendgemaak nie.

Volgens Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het die tiener Woensdagmiddag by ʼn dagoord in Carletonville verdrink.

“Paramedici het omstreeks 14:30 by die toneel opgedaag en gesien hoe omstanders kardiopulmonêre resussitasie op die seun uitvoer.”

Siddall het gesê hoewel paramedici by die omstanders oorgeneem het en vir ʼn ruk die resussitasie voortgesit het, kon hulle niks meer doen om die tiener te help nie.

“Hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

Dit kom slegs dae ná Aiden du Toit (10)  Woensdag 29 November by die gewilde Zambibush-oord in die noorde van Pretoria dood is.

Aiden was vir die dag daar saam met sy ma, twee maats en hulle ma’s.

“Hy het sy kop op een van die ritte gestamp – soos ek verstaan is dit ’n nuwe ding wat hulle gebou het. Hy het na sy ma toe gegaan en gehuil en gesê sy kop is seer. Hy het toe begin beter voel en hy en die maatjies wou toe weer gaan, want dit was vir hulle lekker,” het Adrie Vente, Aiden se tannie, vertel.

Venter vertel hy het toe weer sy kop gestamp en dié keer na sy ma toe gehardloop en histeries gegil: “My kop! My kop!”

“Hy het daar inmekaargesak, sy ogies het begin rol in sy kop en hy het sy bewussyn verloor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan Venter ·

Net jammer die opskrif is so saam gestel dat dit die indruk skep dat al die gevalle by die selfde oord plaasvind.
“Nog n seun sterf by dagoord” , met n “n” voor dagoord sou dit anders oor gedra het aan die leesers.
Maar nou ja, SEKER MAAR DIE HOOFDOEL HOEKOM ONS NASPERS HET
Sekerlik sal almal nou skree dat die plek sy deure moet toemaak.

Piet Pompies ·

Hi Johan, Naspers, Guptas en omkoopgeld word deesdae in dieselfde sin gebruik. Naspers sit met ‘n paar korrupte werkers.

DS ·

Wat ‘n afskeep artikel is dit nie. Geen ordentlike inligting soos oord se naam ens word genoem nie. Ou inligting wat reeds gelees is in verband met ‘n ander insident word weer herhaal om die artikel te probeer regverdig. Plaas eerder artikel as julle al die inligting het maar sulke afskeep artikels is regtig tyd mors om te lees.

MissDemeanor ·

As n kind se kop gestamp word gaan hospitaal toe. Sy skedel was dalk die eerste keer gekraak en doe tweede keer gebreek

Elmarie Pretorius ·

Ek verstaan nie dat die oorde nog oop is mie . Daar moet n dringende odersoek geloots word en somme eienaar se eie kinders en familie moet daar af gaan . Simpatie aan al die ouers wat hul kinders verloor het.

Boerseun ·

Dan moet alle ATKV, karevaan parke of enige ander openbare plekke met water gesluit word? En wat van die see?

Hannelie ·

Liewe hemel Elmarie, ‘n oord is oop vir mense om te ontspan en swem. Dit is immers somer. Maar ek verstaan wat jy bedoel, die seun wat sy kop herhaaldelik gstamp het teen ‘n nuutgeboude struktuur, as ek ouers is neem ek dit met oord verder op. Ouers moet beter toesig oor hul kinders hou en indien hul nie daar is, ‘n verantwoordelike persoon dan Oorde moet ook hul eie noodhulpspan hê om sulke gevalle te vermy. Sterkte aan die kind se ouers en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.