Nóg ʼn skerp brandstofprysstyging in April

Mbongeni Nzama, ‘n petroljoggie van iNanda, demonstreer by ‘n vulstasie in Morningside hoe die brandstofpryse verbruikers wurg. (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Daar wag slegte nuus by die brandstofpompe vir vuisvoos motoriste wanneer pryse van alle brandstof volgende week weer aansienlik sal styg.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Vrydag in ʼn verklaring kommentaar gelewer op die ongeouditeerde brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is. Volgens die AA het sterk oliepryse en ʼn verswakkende rand saam bygedra tot ʼn massiewe brandstofprysstyging.

“Die styging in pryse sal vererger word deur ʼn styging in brandstofbelasting wat in April in werking tree. Daar sal ook ʼn addisionele 15c per liter brandstofheffing wees, asook 5c per liter Padongelukkefondsheffing,” het die AA gesê.

Gegrond op die huidige beskikbare data sal petrol met R1,28 per liter styg, diesel met 77c per liter en paraffien met 56c per liter.

“Die basiese prys van diesel is om en by dieselfde as die prys middel-Februarie nadat dit vroeër daardie maand aansienlik gestyg het,” het die AA gesê. “Die werklike riller is die basiese prys van petrol wat van R6,60 per liter aan die begin van Maart tot R7,40 per liter gestyg het.”

Terselfdertyd het die rand swak teen die dollar presteer. “Die daaglikse wisselkoers het die maand geopen met R14,15 teenoor die dollar en intussen teruggesak na R14,65 per dollar. Die effek daarvan op die brandstofpryse is nie ʼn mooi prentjie nie.”

“Ons is veral bekommerd oor die trajek van die rand, gegewe dat daar geen spesifieke faktore dié maand opgeduik het wat die afname kan verduidelik nie,” het die AA gesê.

“Die rand se terugsakking kan dalk ʼn weerspieëling wees van verminderde belangstelling by buitelandse beleggers in Suid-Afrika. Ons doen ʼn beroep op die regering om besliste stappe te doen om aandag te gee aan die ekonomiese swakhede wat die land se aanloklikheid vir buitelandse kapitaal affekteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Dis mos ‘n maklike manier om geld te maak. Alles gaan net op en so sal hulle aanhou.

Elsa ·

Koos, ek sou dit ook gedoen het as ek op staatskoste rondgerits het. Hull voel n veer vir die belastingbetaler.

Michael Bouwer ·

So nice gewees het as julle ook net die prys wat die petrol sal kos volgende maand ook by gesit het.

Cherokee ·

Ek kyk nou die advertensiekolomme deur. Sal my eie petrolpomp koop!
Indien die raaiskoot in die laaste paragraaf reg is, ‘..dalk weerspieëling van verminderde belangstelling by beleggers in Suid Afrika’, dan is dit goeie nuus. Goeie nuus wat dàlk, net miskièn, die regeerders kan laat nadink.

ELMA VAN ROOYEN ·

Wanneer gaan dit ophou, regtig mens se geld kan nie meer uithou nie. Daar moet iets hieraan gedoen word. Ja soos Koos se dit is ‘n maklike manier om geld te maak, nou sal kos klere water en ligte en als opgaan.

Morrie ·

So kry ons die jaar maar n skrale 3% verhooging. So ek is dankbaar vir elke extra centjie, maar ek raak woes fies as iemand se inflasie was net 6 of 7%. As jy jou daaglikse noodsaaklikhede neem, soos byvoorbeeld, krag, water, kos en brandstof en kyk met hoeveel dit op gegaan het en so jou persoonlike inflasie persentasie uitwerk sal jy op jou rug val. Dis MAL. En die arm mense kry die heel swaarste. Ek moes nou die maand alles hersien het en orals gesny het om my budget op so manier te kry dat ons nie in die moeilikheid gaan beland nie. Maar op n stadium gaan mens nie meer kan sny nie, wat dan?

Hans Richardt ·

Die nare waarheid is dat regering nou hul inkomste verdien uit die verbruikers, agv swak regering en wette wat beleggers afskrik, bv die Wêreld Ekonomiese Forum wat SA 137ste uit 137 lande geplaas het, agv arbeidsverhoudinge wetgewing wat buitelandse beleggers afskrik. ‘n Hele debat kan nou oor SA arbeidsverhoudinge wetgewing gevoer word, maar regstel aksie % raskwotas in aanstellings skrik beleggers af.

MJ ·

Selfs al besef hulle dat die land in die afgrond verdwyn… sal hul bly klou aan ‘n magsposisie. Dis tè ‘n lekker lewe….

Judge Dredd ·

Mooi so – nou moet die Rand tot oor die R15/dollar verswak/ Petrol pryse met ‘n verdere Rand styg in Mei/ Eskom nog Fase 4 beurtkrag toepas en ons nog ‘n paar groot stakings/xenofobiese aanvalle kan kry voor verkiesing.

Mossie ·

Ons sal eers alles verloor voordat ons gaan begin terug vat en opbou na die standaard wat dit eens op n tyd was!!

JP ·

So word die areme mense net nog armer en die rowers se prooi al groter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.