Nóg ʼn skerp styging in brandstofpryse

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het dié week gesê motoriste kan na alle waarskynlikheid nóg ʼn skerp styging in brandstofpryse einde vandeesmaand verwag.

Die AA sê in ʼn verklaring die swak rand teenoor die Amerikaanse dollar en ʼn skerp styging in die prys van buitelandse oliepryse sal grootliks vir dié styging voorgehou word.

Die AA sê die departement van energie se Aprilmaand-heffing in brandstofpryse het tot ʼn groot tekort gelei in terme van aankope, en dié benarde situasie het glo deur die loop van die maand weens die swak rand en die invloed van internasionale brandstof- en oliepryse verder versleg.

Motoriste kan na verwagting ʼn styging van 74c per liter verwag. Diesel sal volgens die skatting sowat 81c per liter duurder wees, en paraffien met 78c per liter verhoog word.

Die AA meen dié styging in pryse sal ʼn groot uitwerking op die ekonomie hê. “Stygings in die brandstofprys verhoog die koste om alledaagse sake te doen, en maatskappye het geen ander keuse as om hierdie onvoorsiene uitgawe direk aan die verbruiker oor te dra nie,” lui die verklaring.

“Selfs meer kommerwekkend is dat diegene wat paraffien gebruik vir beligting, verhitting en om kos te maak die winter nog slegter daaraan toe sal wees terwyl die land gereed maak vir vanjaar se winter.”

Verlede maand het die prys van 93-oktaan-petrol met 69c per liter gestyg – dít ten spyte daarvan dat die internasionale brandstofpryse grootliks stabiel gebly het.

Die prys van 95-oktaan-petrol het 72c per liter duurder geword, 0,05%-sulfaat-diesel gaan met 57c per liter styg en 0,005%-sulfaat-diesel is met 65c per liter verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Elize ·

Genugtig waar gaan dit eindig!!!! Een van die dae ry ons almal fietse of donkiekarre

Karen van Zyl ·

Ek ry maar ‘n ou Yaris, baie lig op petrol maar om vol te maak? oor die R700. Dit is absoluut belaglik.

honourable member ·

En saam met dit word kos ook duurder. Ons kan maar net nie wen nie.

Andre ·

Hier in die Noord Kaap sal ons dan meer as R16 n liter betaal. So bou ons regering die ekonomie. Yeah right!

Hendrik ·

Is elektriese motors nie die oplossing vir die NK. Julle het mos baie son. Ek dink wraggies waar om vir my ‘n EV aan te skaf. My brandstofrekening is van die skaal af.

Genieve ·

Dis agv die stakings en nou moet die belasting betalers opdok vir die dae wat hulle nie gwerk het nie en ons gaan nog betaal en betaal jy kan klaar nie meer iets met jou geld koop nie want dit het nie meer waarde nie.

Johan du Toit ·

En so kyk onse regering na sy eie arm mense! Se dinges man! As daar nou een ding is wat ek in die lewe geleer het is dat hulle net eenvoudig niks voel vir sy eie mense nie. Die armes gaan net armer word. In 2007 was ek en my gesin deur Zambië na Malawi en toe het diesel daar al gegaan vir R12.00 `n liter.

Judge Dredd ·

Nee, maar toe kla mense mos eerder oor die BTW verhoging.

HPV ·

Dit is ook waar dat ‘n swak onbevoegde regering nie ‘n keuse het as om noodsaaklikhede soos brandstof te belas en heffings te hef nie. Verwyder selfs net die heffings en die prentjie lyk al meer aanvaarbaar. Die wipplank ryery van die olieprys sal dan nie meer so groot impak op die ekonomie en daaglikse lewenskoste hê nie.

Mrs H ·

Die ministers moet verplig word om n bietjie elke trippie se brandstof self uit hul sakke te betaal, en hulle sal gou agter kom dat n mens se brandstof begroting gelykstaande aan jou huis paaiement raak. Terwyl hulle vir niks betaal nie, dal hulle niks besef nie.

Christelle ·

En so verarm die hele land nog meer. Die regering moet liewer uitvoer van brandstof tot ‘n einde bring en die mense in hulle eie land help.

Ella ·

Maroela ek vra weer:’kan die rapporteerknoppie ASB geskuif word.
Ek wil niemand rapporteer, soos ek voorheen geskryf het.
As ek links blaai druk ek dit per abuis raak.
Baie dankie dat julle sal probeer.

Tania Heyns ·

Dagsê Ella

Dankie, ons stuur die voorstel graag deur aan die tegniese span.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Ek is nie ‘n ekonoom en u gaan derhalwe met my verskil oor die volgende ruwe berekenings:
Petrolprys was 7,7sent/liter in 1965 met ‘n aanvaarbare goeie salaris van R130 per maand. ‘n Begroting vir ‘n vakansie het net slaapplek se kostes vereis want petrol en kos was relatief goedkoop. Nou vir Mei sal dit sowat R14-72/liter wees wat met ‘n inkomste huidig van R25000 per maand met 1965 vergelyk kan word. Dit sluit egter nie kruideniersware en ander verpligtinge in soos munisipale rek’s ens. wat beslis nou ook ‘n invloed het. Daar word dus agteruit geboer wat die ekonomie betref. Werk is skaars en ‘n bose kringloop het ontstaan om op meer geld aan te dring agv die styging in lewenskostes bloot om te oorleef. Daar moet ook deur diegene wat werk het ander onderhou word.
Nou wat nou? Eerstens ‘n spoedbeperking van 100km/h wat ook fatale ongelukke sal verminder. Ja, die regering gaan nou minder per liter ‘verdien’ en sal dit nie doen. Verder saamryklubs en loop met die voet, fietsry of openbare vervoer (wat so skaars is soos hoendertande). Dis ook by laasgenoemdes waar veiligheid ter sprake is en dus moeilik uitvoerbaar is. Ons is dus in vir ‘n ding soos die sanksies vd 1980’s (?) met ‘n 80km/h spoedbeperking.
Ry dus maar stadiger en skakel onnodige ritte uit. Enige ander voorstelle?

jaco ·

Ek verstaan “strafmaatreëls” teen ryk wit mense vir apartheid en “uitbuiting” met hulle “wit monopolie kapitaal”, maar besef die ANC hoegenaamd dat duurder petrol ook “hulle” arm rasgenote swaar tref?
En waarom kom hulle arm rasgenote nie in opstand nie? Daars baie betogings teen swak dienslewering, maar NIKS teen duurder petrol, duurder voedsel ens ens nie.

Johan ·

Ek werk vir myself en ek is gereeld op die pad. My produk is van so aard dat mens nie die kostes kan opstoot as eksterne kostes vermeerder nie. Hoe dan nou? Ek bly geld verloor die jaar!!!

Cherokee ·

Maar jy kan Jan Taks rook daarvoor Johan, deur ‘n groter deel van jou inkomste onbelasbaar te maak ter wille van reiskoste. Ek weet, ek weet dit balanseer steeds nie die skaal nie, maar dit is ‘n troos.

Groot probleem in verhouding daarmee, is dat groot- en kleinhandelaars wat pryse verhoog agv brondstofprysverhogings, dit nooit weer daarna verlaag nie en dit beteken bloot eenvoudig meer geld vir hulle en hulle glimlag dus wanneer brandstofpryse verhoog.

Ad ·

Agnee. Mens kan nie meer nie. Ons sny nou alle trips en ry slegs winkel toe 1 keer n week om brandstof te bespaar. Sal nou net 1 keer in 2 weke nou. Kinders moet nou fietse maar begin gebruik na skool

Marinda ·

Ons regering voel ñ veer vir die armes Johan. Vra ek ook Elize.

Albert ·

Mense ons gaan swaar kry, maar die swart middelklas gaan nou baie bydra tot die staat, kyk wie is die meeste op die pad met hul motors

Leon ·

Met brandstof wat nou so duur gaan word, gaan ek nou wrintie waar my kar moet bottelstoor toe stoot!

Frans C ·

Vehicle licence transaction fees for 2018 increased by 71 percent
You…… from February 2018, an amount of R72 (an increase of R30) is going to be added to the renewal fees for all motor vehicle licenses. This comes in the form of the fee to be paid to the RTMC.

It might sound “small”, but it’s fair to say such a vast increase is not in line with inflation and The Justice Project South Africa has taken umbrage with the decision.

They have called on Transport Minister Joe Maswanganyi to justify or explain why this is the case.

This is the fee that should be paid over to Aarto to keep track of your fines. It’s an additional fee on top of the licence fee.
So, what will the total be for renewing a vehicle licence in 2018?

It’s going to come to over R300 in total.

The current inflation rate is 4.8 percent and JPSA has taken issue with this steep increase at a result. That increase is almost 15 times more. The previous increase was only around 17 percent.

According to JPSA, RTMC managed raked in R453 143 790 in transaction fees in the 2016/17 financial year. That’s an increase of almost 8 percent, despite there being fewer transactions.

Anything else JPSA noted?

Yes, the CEO of RTMC saw a salary increase of 31.6 percent, from R5 950 000 to R7 830 000 during the same period. Senior staff also got increases of almost 20 percent.

Gideon ·

Iewers,heelwat jare gelede, het iemand genoem dat ons sal terugbeweeg na die tye van loop waar jy wil wees, kos op die vuur maak en jou bybel weer by kerslig lees. Hy was reg.

Vreksuinig ·

Ek vra hoeveel subsidies kry die taxis by die pomp, word hulle subsidies net verhoog met elke prys verhoging ? Hoe beinvloed die petrol styging die laer besoldigde persone. Dan word paraffin ook nog verhoog, weereens kry die laer inkomste persone pak.

Ralph ·

Dan wonder ek hoe word taxi eienaars verantwoordbaar gehou vir persoonlike belasting en dan nog die paaie gebruik asof die alleen aan hul behoort .

Karien ·

En ons salarisse bly maar die selfde! Petrol gaan op! Kos gaan op! alles gaan op!
Wanneer gaan dit einde kry! Dis belaglik man , iewers sal dit regtig moet ophou! maak ons brandstof ook goedkoper in die NK!
Nou sal mens ook nerens meer kan gaan nie!

bgj van der westhuizen ·

wel ons moet duur betaal vir brandstof mar as jy na die buurlande gaan kos dit goedkoper daar en dit kom van ons af ons prys het teveel goed in wat ons moet betaal te veel belastings en pad en 3de party haal af en laat almal weer 3departy betaal vir die hoeveel hied mense wat hy vervoer met sy voertuig dit sal die prys af bring alles is net n geld maak

AJ. ·

Mooi so. In die sogenaamde Aparteids jare toe almal mos so onderdruk was,was daar groot betogings deur die Taxi bedryf as die brandstof prys moes styg met 1-2 sent,maar vandag hoor jy nie die Taxi bedryf praat as die brandstof prys styg met 70 of 80 sent nie. Is dit dalk hoekom ons so duur vir brandstof moet betaal om die bedryf te subsiedieer? Ons weet al lankal oor die Staat se brandstof subsiedie aan die Taxi bedryf en boonop betaal geen Taxie eienaar belasting aan die Staat nie. Geen straat smous of enige informele inkomste verdiener nie. BRAVO die nuwe Suid Afrika.

Koos de Meyer. ·

Ek wil graag sê die R72. 00 sou kamtig eenmalig R30. 00 gewees het. Toe is dit R36..00 toe R42. 00 en nou klaar alreeds vanaf JANUARIE R72. 00 BO op die lisensie geld. Toe ek navraag doen sê die dame, jammer maar dis die departement van ver voer. Ons kry ook nie meer ‘n aanslag nie. So waarvoor betaal ons dan.

Daan ·

En nie een taxi bestuurder gooi klip, brand buitebande of blok die hoofweg oor die duur petrol nie … wonder waarom nie. Miskien is die brandstof verhoogings vir om die taxi’s, ens se brandstof te betaal …….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.