Nóg ’n skieter brand los in VSA

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Verskeie mense is Donderdag in nog ’n massaskietery in die VSA gewond. Die jongste voorval het by een van die koeriermaatskappy Fedex se fasiliteite in Indianapolis in die Amerikaanse deelstaat Indiana plaasgevind.

Die erns van die slagoffers se beserings is in dié stadium nog onduidelik.

Genae Cook, woordvoerder van die plaaslike polisie, het gesê polisiebeamptes het gereageer op ʼn “aktiewe skietvoorval” by ʼn Fedex-perseel naby die stad se internasionale lughawe.

Die skieter het glo na die voorval sy eie lewe geneem.

ʼn Fedex-werker het aan plaaslike media gesê hy het ’n gewapende man met ’n outomatiese vuurwapen op mense sien losbrand.

“Ek het ʼn man met ʼn soort submasjiengeweer, ʼn outomatiese wapen, gesien en hy het skote afgevuur. Ek het dadelik platgeval en was vreesbevange,” het Jeremiah Miller gesê.

Volgens die polisie is verskeie mense in die voorval gewond. Die getal pasiënte en hul toestand kon egter nie dadelik bevestig word nie.

Sers. John Perrine, ʼn woordvoerder van die polisie in Indiana, het familielede van die Fedex-werkers gevra om by ʼn plaaslike hotel bymekaar te kom.

Die skietery volg kort nadat minstens 10 mense, onder wie ’n polisiebeampte, verlede maand by ’n kruidenierswinkel in die Amerikaanse deelstaat Colorado doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig agt mense, ses van hulle Asiese vroue, is net ’n week voor dit dood in skietvoorvalle by drie verskillende spa’s in die Amerikaanse deelstaat Georgia.

Byna 40 000 mense in die VSA sterf jaarliks weens vuurwapenverwante voorvalle. Meer as die helfte van dié voorvalle is mense wat hul eie lewe neem.

Pres. Joe Biden het vandeesmaand ses uitvoerende maatreëls aangekondig wat volgens hom die krisis rakende wapengeweld in die VSA sal help stuit.

“Dit is ʼn internasionale verleentheid,” het die demokraat tydens ’n geleentheid by die Withuis aan kongreslede en wapenbeheeraktiviste gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eclectus ·

Meeste van hierdie skietvoorvalle vind in “gun free” sones plaas. Soos die Engelse sê, “Go figure”.

Hoekom ·

Ek het my automatiese geweer buite op die stoep geplaas met genoeg ammunisie en ‘n flits. So na 2 weke was ek verbaas on te vind dat dit nog niemand geskiet het nie.

“Guns dont kill people. People do.”

Wakkerslaper ·

Koos, met daai redenasie kan jy net sowel sê “mense met karre ry ander mense dood” of “mense met vliegtuie, vlieg aspris in geboue vas”

MakersMark ·

Presies. Wat die “gun free” dissipels nie begryp nie is as mense mekaar will doodmaak sal hul hul kaal hande gebruik as daar nie wapens is om dit mee te doen nie.

Boeing ·

My pen het gemaak dat ek ‘n toets op Universiteit gedruip het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.