Nog ʼn skokvonds in weste van Pta

Argieffoto: Nico Strydom

Skaars vier dae nadat ʼn skokkende ontdekking Vrydag in die weste van Pretoria gedoen is, het inligting oor ʼn soortgelyke voorval in die omgewing bekend geword.

Maroela Media het Vrydag berig vullisverwyderaars was besig om vullis uit vullisdromme by ʼn studenteblyplek in Philip Nel-park te laai toe ʼn werker ʼn fetus ontdek het wat in ʼn handdoek toegedraai was. Die bestuurder van die vullistrok en die werkers het die polisie ontbied. Die fetus was tussen ses tot agt maande ver ontwikkel en is op die toneel dood verklaar.

Konst. Mandlakayise Zwane, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê nóg ʼn fetus is Vrydag omstreeks 10:30 oorkant die Pretoria-Wes-polisiestasie gevind. “Die fetus is deur verbygangers by die Carolina-woonstelblok in ʼn swartsak gevind. Die fetus was vermoedelik drie maande ver in ontwikkeling.”

Zwane het gesê ʼn nadoodse en ʼn geregtelike doodsondersoek word in albei gevalle gedoen. Geen verdagtes is nog geïdentifiseer nie en die ondersoeke duur voort.

“Die polisie rig ʼn streng waarskuwing dat agterstraataborsies onwettig is en wetlik nie toelaatbaar is nie. Vroue met ongewensde swangerskappe word aangemoedig om na hul plaaslike klinieke of hospitale te gaan om wettige aborsies deur professionele personeel binne die bepalings van die wet te laat uitvoer.”

Enigeen met inligting oor albei voorvalle kan die Pretoria-Wes-polisie by 012 386 4163 of Crime Stop by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hans ·

iewers is daar weer ‘n goedkoop botch aborsie kliniek in ‘n agterstraat….

Yvonne ·

Die feit dat iemand nog n aborsie oorweeg is skokkend. As jy nie Wil swanger raak nie tref voorsorg. Daar is meer as genoeg produkte op die mark. Ek weet ek gaan seker nou gekruisig word deur sommige maar ek praat nie hier van n verkragting swangerskap of waar ma se lewe ingevaar is of waar die baba n ernstige gebrek gaan he nie. Ek verwys spesifiek na mense wat rondslaap en Dan hul verantwoordelikheid in n swart sak stort.

judith ·

Stem saam met Yvonne, en Johan jy kon dit nie op ‘n beter manier gesê het. Nee regtig daar is meer as genoeg PRODUKTE vra net.

Diana ·

Wats die verskil tussen onwettig en wetlik nie toelaatbaar?

Pendoring ·

Maak nie saak hoe onwettig dit is nie, hoe gaan jy dit stop? Voor jy antwoord, dink of jou plan al ooit gewerk het enige plek in die wêreld, dan skryf jy.

Lizel ·

Tussen 6 en 8 maande is daai alreed n mensie (baba) wat nog te se net n fetus. Hy/Sy is volmaak. Partu jonges gaan so te kere met drak dat 80% weet hulle is swanger maar “niks sal mos gebeur” dan word daai baba dood gebore en die maklikste is dan vir hulle om die “fetus” weg te gooi so asof dif niks is.

Colani ·

Dit is so wreed ek sal eder al die kinders gaan haal wat hulle so wag gooi en vir hulle sorg ñ kind is ñ geskenk van God

Susan ·

Daar is soveel vroue wat smag na n baba seblief daar is mense wat jou kan help om n liefdevolle huis vir jou baba te kry. Ek smeek julle aborsie is nie al uitweg nie.

Hanna ·

Het lank in staatshospitale gewerk. Glo my, skoolmeisies sit min gepla in skooldrag en wag op aborsies. Die Pil wil hulle nie gebruik nie, die inspuiting ook nie want dit maak hulle “vet”. So jonk as 12 jaar oud. Red nou n nasie…

Kay ·

Stem Hanna

dit baie gesien … het ook vir die staat gewerk in Potch … dit baie beleef

·

Baie min van die meisies / dames weet dat daar ‘n ander manier is om swangerskap te voorkom: plaas ‘n disprin tussen jou kniee wat teen mekaar gehou word. Dws geen seks, geen swangerskap en geen ‘vet word’ as gevolg van die Pil nie. So maklik as dit.

CNN uitgevang ·

CNN is deur project veritas uitgevang dat hulle Rusland stories opmaak.

Veritas ·

CNN UITGEVANG , praat jy nou van die Donald Trump stories?

Wanda ·

Wat het geword van ” jy mag nie dood slaan nie”. Aborsie is deel daarvan! Mens gemaakte reëls tel nie, al kyk jy hoe daarna. Bose Bose wereld!!

Jeannette ·

@Wanda – wat as albei gevalle miskrame was? Is dit dan nog “doodslaan” in jou oë?

Theresa B ·

Goeie hemel – hulle vermoor fetusse asof dit iets doodgewoon soos tandeborsel is elke oggend en aand. Of volmaak geskape babas in asblikke ens. Dit klink wragtig asof dit nou die nuutste “sport” en sports is deesdae. Mag die Here net hierdie tipe mense help. Dis verskriklik!!

Baba vegter ·

Ek is jammer maar 6 tot 8 maande ver ontwikkel is nie vir my meer ‘n fetus nie, dit is dan al ‘n baba. Weet nie hoe mense regkry om dit net so weg te gooi nie. Gee die kind op vir aanneming, daar is baie mense daar buite wat wat sal wil gee vir ‘n babatjie.

Stem saam ·

Ek stem saam Baba Vegter. My seuntjie is op 6 maande gebore en is vandag ‘n gesonde 3 jarige.

Magda ·

SIEK MAN SIEK – Dit si wt jy die goed noem wat so iets doen – Hou jou BENE toe of gebruik iets – daar is so baie goed op die mark en verniet dat jy geen verskoning het om so iets te doen nie.
GOD slaap nie.

Chaparel ·

Onwettige aborsie is gelykstaande aan moord of mis ek iets?

Annoniem ·

Ek dink nie iemand wat nog nooit onbepland swanger geraak het besef regtig wat hierdie meisies/vrouens deurmaak nie. Dit het met my ook gebeur, maar ek was gelukkig om liefdevolle ouers te hê wat my ondersteun het, en vandag het ek ‘n pragtige tienerdogter en ons is beste maats. Maar ek ken daardie vrees en angs wat mens ervaar wanneer dit voel asof jou hele wëreld en toekoms uitmekaar val. Ek weet hoe dit voel om elke opsie (aborsie, aanneming) te oorweeg selfs al druis is teen jou morele waardes. Mens wil net hê als moet STOP en almal moet ophou klippe gooi en jou slegsê, want in die nagte lê jy alleen en wonder hoe gaan ek hier deur kom? Hoe gaan ek vir die kind sorg? Hoekom ek? Jy is bang, vreesbevange. Mense skryf jou af en jy is meer eensaam as wat enigiemand hier sal kan verstaan. Mense oordeel jou (selfs al is hulle net so skuldig). Ek sê glad nie dit is reg om ‘n kind weg te gooi of aborsie te kry nie, maar ek verstaan die vrese wat daarmee gepaard gaan. In plaas van aborsies aan te moedig kan die staat eerder meer sielkundiges befonds wat hierdie meisies/vrouens bystaan sodat hulle besef hulle lewe is nie verby nie, daar is hoop en hulle het steeds ‘n toekoms.

M ·

Annoniem,eks seker elke mesie weet as jy seks het kan jy swanger raak of wat..het hulle n flat screen televisie verwag??As jy nie n baba wil he nie weer hou jouself van seks of gebruik voorbehoeding dan hoef jy geen vrees te ervaar of enigesins aan aborsies te dink nie so maklik soos dit!!

marous ·

Die tipe klinieke is vanaf stegies tot veralle geboue die hele land vol. Self die “wettiges” word nie onderwerp aan ondersoeke om aan wetgewing te voldoen nie. Die rommelstatus van die land strek baie verder as as die patetiese geld waarde…

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is gladnie ten gunste van aborsie nie, maar is dit nie beter dat ‘n kind nie in die lewe gebring word om ‘n nagmerrie lewe van verwaarlosing,ens te moet deurbring nie?

amvi ·

Moet tog nie so verbaas klink nie? Ons praat hier van barbare. Niks ongewoon vir hulle. Dit gebeur nog altyd. Daar is nou net baie meer van hulle, so die gevalle sal ook meer opduik.

Lee ·

Dit grens aan MOORD – wettige aborsie of fetus in ‘n asblik.
SIES, God slaap nie !!

Daniël Scholtz ·

Die oplossing teen ongewensde swangerskap, is moraliteits-opvoeding! Nie kondome, inspuitings, voorbehoedmiddels of watookal nie. Voorhuwelikse seks word deur ons ‘menseregte-behepte’ samelewing aangemoedig soos tandeborsel (soos een leser se kommentaar). In ons dorp/stad is ‘n baie gewilde kuierplek waar die jongste meisietjies (sommige dalk nog op laerskool) deur groot kokkedore met die blinkste rygoed in die staats-departemente oop en bloot kom haal word, binne ‘n uur weer afgelaai word vir die volgende ‘misbruiker’. Ons buurtwag sien dit elke nag tydens patrollies tot in die oggend-ure (net voordat die sentrum begin oopsluit). Kla help nie, want ons misdaad-voorkoming departemente se lede is self betrokkenes of bevriend met diesulkes. Dis hoe walglik ons samelewing al geraak het!

Frans C ·

My vorige kommentaar is nie geplaas nie,waarom weet ek nie.Nou vra ek weereens hoekom
moet die gemeenskap en dan veral die belastingbetaler die gevolge dra,terwyl die betrokkenes feitlik skotvry daarvan afkom.

Behoort die ouers van beide partye nie aanspreeklik gehou te word nie vir hul kinders se optrede nie,veral waar hul minderjarig is.Volgens statistieke is daar maandeliks tussen 2500 en 3000 aborsies.Ander publikasies het dit egter so hoog as 77 000 in 2011.

Is dit reg dat die belastingbetaler die koste moet dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.