Nóg ‘n skolier by Noordwes-skool aangeval

Argieffoto

ʼn 10-jarige seun het geringe beserings opgedoen toe hy met ʼn skerp voorwerp by ʼn skool in Welgevonden naby Ventersdorp in Noordwes aangeval is.

Die seun se pa, Samuel Motsatsi, het Vrydag gesê die graad 4-leerder aan Welgevonden Primary School het Donderdag by die huis aangekom met bloedbevlekte klere. “Hy het gesê ʼn ander skolier het hom met ʼn meetkundige instrument in die rug gesteek. Dit is deur die genade van God dat geen lewensgevaarlike organe getref is nie. Ons is dankbaar dat hy nie ernstig beseer of dood is nie.”

Motsatsi het sy kind na ʼn hospitaal in Ventersdorp geneem waar dokters hom verseker het sy kind het slegs ʼn geringe besering opgedoen. Volgens die pa het sy seun tussen twee leerders beland wat baklei het. “Hy was nie ʼn teiken nie. Hy het verbygeloop toe ʼn leerder ʼn ander kind wou aanval en hy is gesteek. Ek is skool toe, maar ons kon nie die wapen vind nie. Ek is bekommerd dat dieselfde voorwerp gebruik kan word om ʼn ander leerder te beseer of dood te maak.”

Hy het bygevoeg daar is bewerings dat daar bendelede by die skool teenwoordig is. Hy het nie ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nie.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het bevestig geen saak is aanhangig gemaak nie.

Dié voorval volg ʼn dag ná ʼn 13-jarige meisie bewusteloos gevind is met ʼn steekwond by ʼn skooltoilet in Tlhabane naby Rustenburg. Ander leerlinge het op haar afgekom. Dit is nog nie bekend wie haar aangeval het nie. Sy is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem. Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ʼn Leerder is op 26 Februarie dood toe die skolier met ʼn skêr aangeval is by Mateana Primary School in Diretsane naby Delareyville.

In Tlhatlaganyane buite Rustenburg het ʼn ouer ʼn onderwyser by Leema Primary School aangeval, na bewering met ʼn sambreel omdat die juffrou haar kind sleg behandel het. Die ouer, Itumeleng Letsepe (40) is in hegtenis geneem en vrygelaat op borgtog van R2 000. Sy is egter Woensdag weer in hegtenis geneem ná sy na bewering teruggekeer het skool toe en gedreig het om ʼn ander onderwyser dood te maak. Funani het gesê die saak teen Letsepe is Donderdag van die hofrol geskrap toe sy in die Mankwe-landdroshof in Mogwase verskyn het. Letsepe sal na verwagting weer op 20 Junie in dieselfde hof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die geweld by skole het die departement van onderwys in Noordwes genoop om ʼn provinsiale skoolveiligheidsberaad reël. Sello Lehari, LUR vir onderwys in Noordwes, het gesê die beraad se resolusie sal geïmplementeer word.

ʼn 17-jarige leerder het verlede jaar ʼn onderwyser, Daniel Mokolobate (24) met ʼn mes doodgesteek by Ramotshere High School in Dinokana buite Zeerust. Die tiener is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JP ·

My vraag is net dit, is ‘n mens se lewe nou al so min werd dat daar slegs tien jaar tronkstraf opgele word vir moord?

Johan ·

Betaal die onnies gevaartoelae! Skole het ‘n gevaarlike plek geword…..

jaco ·

Hoekom doen our people dit aan our people? Waars die Ubuntu en menseregte wat “hulle” sê dan so mooi onder hulle heers? Haat ens kom dan net onder wit mense voor. Aanvalle op wit mense is ook OK want dis ‘n terugkry vir apartheid.
So hulle aanvalle op hulle eie mense maak glad nie sin nie.

Helena. ·

Toe wit kinders dood en beseer was by die skool was sommige mense verheug..nou gebeur al die dinge met swart leerders..nou wat nou..lag of huil. Vra maar net.

AW ·

The Child Justice Act, (Act No 75 of 2008) creates a new separate criminal justice system for children in conflict with the law.

National Instruction 2 of 2010 – Children in conflict with the Law

1. Children are different from adults and do not have the same knowledge, experiance and insight normally expected from an adult.

2. Children are impressionable and prone to be influenced by the conduct of adults. Children are more likely to follow the example set by adults rather than to do what adults tell them to do.

3. Children exposed to criminal activity by adults are, accordingly, themselves likely to get involved in criminal activity.

4. This is because, general speaking, children yearn to be adults and would like to be treated like adults.

5. Accordingly, if they see adults committing offences, they want to prove to the world that they are adults by also committing offences.

6. A child should only be arrested as a last resort and, if arrested, should only be detained for the shortest possible time.

BlinkStephaans ·

Hierdie is die voorland vir skole wat binnekort ñ 30km voedings area kry. Daar sal elke week soortgelyke voorvalle in die nuus wees vir nog baie jare. Daar is groot fout… maar soos amper alles wat fout is in SA… leef die regering in totale ontkenning daarvan.

Catherine ·

Ek sidder om te dink wat gaan gebeur met hierdie 30km radius storie. Behalwe standaarde verlaag, geen ekstra gelde wat inkom nie ens ens., is kinders se veiligheid by skole in gedrang. Wie wil jou kind na so n skool stuur, maar the powers that be couldn’t care less as long as certain schools standard are lowered . Wish private schools we’re cheaper….

Gys ·

Catherine, bekostigbare privaatskole is moontlik. Al die skole in Orania is privaat, en Orania se inwoners is nie ryk nie, net gemiddeld. Die groot verskil tussen Orania en ander gemeenskappe is dat Orania die wil het om selfvoorsienend te wees. Ander gemeenskappe het nie daardie wil nie.

Dienkie ·

@ Stella ek stem saam met jou. Wat gaan aan met vandag se kinders dat hulle so geweldadig is.?

LD ·

Genade tog! Hoeveel nou nog?? Ek wonder soms wat kan die redes wees want ek het al gesien hoe die soort hulle kinders slaan wanneer daar nie dissipline is nie. Is diè wat hierdie dinge doen dan net nie met ñ pakslae gestraf nie òf is dit juis diè wat so pakslae kry wat so handuit ruk? Is dit omdat hulle geweld sien as ñ oplossing omdat hul met geweld ongedissiplineerde optredes probeer regmaak òf is dit omdat hul nie pak kry dat hulle dink hul kan weg kom met als? Ek het nou al probeer dink oor die 2 verskillende weergawes en ek kan nie sien watter een die rede is nie. Kan iemand my dalk help?

Dink so ·

Net 6 van die beste met die rotang dis al. Niks minder en niks meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.