Nog ʼn skool in Limpopo afgebrand

Skoliere staan en kyk hoe meubels afgelaai word by een van die skole in Vuwani, Limpopo wat erg deur betogers beskadig is. Foto: ANA

Skoliere staan en kyk hoe meubels afgelaai word by een van die skole in Vuwani, Limpopo wat erg deur betogers beskadig is. Foto: ANA

Nóg ʼn skool in Limpopo is aan die brand gesteek in die voortslepende betogings oor munisipale afbakeningsgebiede, het Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, Dinsdag gesê.

Mawela Primary School by Masakona in die Sereni-nedersetting was die mees onlangse teiken van woedende inwoners wat hul verset teen die regering se planne om hulle by die nuwe Malamulele -munisipaliteit in te sluit.

Van Rooyen het tydens ʼn mediakonferensie in Polokwane dié voorval van brandstigting bevestig, maar gesê die regering kan nie inmeng met ʼn besluit van die Munisipale Afbakeningsraad nie. “Ons kan nie die besluit verander nadat die nuwe munisipaliteit reeds op die been gebring is nie,” het hy gesê.

“Gisteraand het ons die hartseer nuus ontvang dat nóg ʼn skool by Masakona afgebrand is. Dit is ʼn lafhartige daad wat tot nadeel van die land is.”

In die afgelope paar weke is meer as 20 skole afgebrand of erg beskadig deur betogende inwoners in Vuwani. Skoliere se skoolloopbane is onbepaald ontwrig terwyl die regering skarrel om mobiele klaskamers, meubels, boeke en skryfbehoeftes by die skole wat geraak word te laat aflewer.

Mpho Rambau, 'n Graad 12-leerder, by haar skool in Vuwani, Limpopo wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Mpho Rambau, ‘n Graad 12-leerder, by haar skool in Vuwani, Limpopo wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Van Rooyen het Dinsdag beweer dat mense in die gebied gretig is dat onderrig hervat word, veral ter wille van die 2 500 matrikulante wat vir hul Junie-eksamens voorberei. “Almal is toegewyd om ʼn vreedsame oplossing vir die probleem te vind. Die skoliere met wie ons vergader het, het dit duidelik gemaak dat as hul skole afgebrand word, word hulle toekoms ook geplunder,” het Van Rooyen gesê.

Van Rooyen en sy span het ook ʼn mediasie-span na die gebied gestuur om die sielkundige skade wat deur die gewelddadige betogings aangerig is te herstel.

Intussen is onderrig in die gebied steeds nie hervat nie, ten spyte van die feit dat 40 mobiele klaskamers en meubels al by skole afgelewer is. Die spanning in die gebied bly hoog wat veroorsaak dat onderwysers te bang is om vir werk aan te meld. Van Rooyen het gesê ʼn span is aangestel om in te gryp om die verhoudinge in die gebied te herstel, maar dit is nie duidelik hoe lank dit sal neem voordat skoliere weer agter die skoolbanke kan inskuif nie.

Lees alle vorige berigte oor die onrus in Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann Marx ·

Afrika-demokrasie: Ek “vote” vir jou want jy’s familie…..en dan intimideer ek jou om te maak soos ek sê. En as jy nie luister nie…dan brand ek jou huis, jou skool, jou trein, jou familie. Ek sal vir jou bly stem…en ek sal jou bly brand tot ek my sin kry…al is dit hoe sinloos.

Magriet ·

Ons lees nerens wat gebeur met die kriminele nie. Hoe word hulle gestraf en hoe gaan hulle terug betaal? Duidelik sal hulle nie geld he nie. Ek stel voor lewens lange dwang arbeid om skole te bou. Daar moet dringend n voorbeeld gemaak word van hulle anders gaan dit net voort.

Elizabeth ·

Ek vra ook: hoekom hoor ons nooit dat iemand in hegtenis geneem word vir die afbrand van skole nie?? Nou moet die belastingbetaler weer nuwe skole bou. Ons tronke is oorvol: ontplooi almal wat vandaliseer lewenslank om op te bou wat hulle en hulle maatjies vernietig het. Miskien sal hulle dan ‘n idee vorm van hoe moeilik dit is om iets tot stand te bring. Laat hulle die fondasies met grawe en pikke grou, die stene met klei maak, sement maak en in die warm son bou … Ek twyfel enige iemand ‘n les daaruit sal leer, maar darem …

Popeye ·

‘ N lafhartige daad deur lafaards, bly die minister gebruik die regte benaming! Ons land word deur diesulkes bestuur ook.

Vink ·

Ja Mnr Des…..jy het so pas erken dan jy en jou regering absoluut niks, nul, bokkerol beteken. Jy se self die regering kannie in gryp wat daar is n Munisipaliteit. MAW die Munisipaliteit regeer die goverment…..dis growwe nalatigheid van n regering om agter oor te sit, geld te verduister terwyl jou land brand en honger ly….

Hendrik ·

Wel Gauteng het oor die sewentig nuwe skole nodig om te voldoen aan ordentlike onderrig. Daar was ‘n massiewe instroming van mense sedert ’94. Saam die nuwe skole moet daar natuurlik opgeleide onderwysers wees en hulle wat 4 jaar om opgelei te word. O ja dit is natuurlik opleiding in Engels wat ook ‘n probleem is en die leerders moet hulle moedertaal opgee om in engels opleiding kry. So dit is oor die algemeen net een groot gemors. Wat in Limpopo gebeur is natuurlik nog erger. Wat staan ons te doen? Ons kan nie ‘n nuwe regering instem nie ons is te min verantwoordelike mense in S.A . Ons moet net sorg dat ons skole volhoubaar en funksioneel bly. Ondersteun Fedsas, SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwys Unie), Afriforum en bly betrokke in die Ouer skoolkomitees.

vra maar netg ·

“almal is toegewyd vir n vreedsame oplossing” erenstig?

Johann Marx ·

Terwyl ons 300 jaar terug in die bosse rondgehardloop het met voorlaaiers en ossewaens en veldslae geveg het, het die Jode winkels opgesit, myne gesink, en skole gebou…..en kyk waar is hulle vandag. Hulle besit besigheidsmonopoliëe en meeste van die uitstaande privaat skole….en ons? Ons is steeds besig om te “veg” vir oorlewing…

Jen ·

Eish Jan van Riebeeck moet nou ophou die skole so brand, want hoe gaan hulle nou kan leer

Theuns ·

Ek is amper 100% seker dat die EFF agter die brand van skoole en universiteite sit.
Hulle soek nie geleerde mense in hulle party nie.
Hulle kan nie geleerde mense manipileer nie.

m ·

Hierdie dom mense is besig om hulle eie toekoms te benadeel. Maar soos gewoonlik sal die apartheidskaartjie gespeel word…….. hierdie mense se mentaliteit maak my naar……

E ·

Hul kry nuwe meubels en als en wil nogsteeds nie teruggaan nie? So hulle word geintimideer. So hierdie is polities gemotiveer. En hoe kan die regering NIE ń munisipaliteit van besluit laat verander nie?

Zumie ·

Eish nou ons gaan hom al die andar geboue afbrand tot ons die nuwe skool kry…..

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe, jul het ‘n goeie werkskepping strategie ontwikkel. Pragtig daar is ook ‘n paar Afrikaanse skole wat jul nou toegang het en kan die vernietiging nou vrylik voortsit. Dit is nou al maar die daaglikse norm van brand, skade berokken, vat grond, gooi klip ens. Dit is mos hoe mens Afrika positief kan bou met intimidasie veldtogte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.