Nóg ʼn skool in Noordwes afgebrand

Ses klaskamers is by Setilo Secondary School in Mareetsane naby Mafikeng in Noordwes afgebrand weens politieke geweld in die gebied. (Foto verskaf aan ANA)

Ses klaskamers is by Setilo Secondary School in Mareetsane naby Mafikeng in Noordwes afgebrand weens politieke geweld in die gebied. (Foto verskaf aan ANA)

Ses klaskamers is by Setilo Secondary School in Mareetsane naby Mafikeng in Noordwes afgebrand weens politieke geweld in die gebied, het die departement van onderwys Vrydag gesê.

Elias Malindi, woordvoerder vir die departement, het gesê ʼn groep het Donderdag ʼn klas ontwrig ná onluste in die gebied.

“Drie klaskamers van graad 12-leerders en drie klaskamers van graad 11-leerders is afgebrand,” het Malindi gesê. “ʼn Groot aantal stoele, tafels, die plafon en mure is beskadig. Die omvang van die skade is nog nie bekend nie.”

Sello Lehari, LUR vir onderwys en sportontwikkeling in Noordwes, het die brandstigting veroordeel. “Om ons kinders se skole af te brand is glad nie aanvaarbaar vir die toekoms van ons land nie,” het hy gesê. “Namens die departement veroordeel ek hierdie gewelddadige optrede ten sterkste. Mense probeer nou hul woede uitdruk deur skole te verwoes oor kwessies wat ver verwyderd is van onderwys.”

Lehari het bygevoeg hy is baie teleurgesteld dat nóg ʼn skool verlede week by Piet Plessis afgebrand is en hierdie is nou die tweede voorval wat aangemeld word. “Ek wil gemeenskappe aanmoedig om, indien hulle met owerhede verskil, ʼn vreedsame ingryping na te streef, eerder as om publieke eiendom te verwoes.”

Die polisie in Noordwes het gesê ʼn saak van brandstigting is by die Mooifontein-polisiestasie aanhangig gemaak en niemand is in hegtenis geneem nie. Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was ook ʼn poging om ʼn gemeenskapsaal af te brand, maar slegs stoele is afgebrand. “ʼn Saak van brandstigting is in verband met die skool aanhangig gemaak. Daar is nog geen saak aanhangig gemaak wat die gemeenskapsaal betref nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie. Die situasie is tans kalm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Grap ·

Hulle skep ‘n presedent as hulle nie tevrede met iets is nie dan brand hulle dit af ek hou self nie van ons plaaslike swak diens van die poskantoor nie beteken dit wat ek dink?????

Christo ·

Ondersoek die een wat die werk/tender kry om dit te herbou.ANC werkskepping aan sy kaders.
Wonder wie die tender gekry het om die 30 skole te herbou in limpopo……

Veritas ·

As brandstigting tog net ‘n olimpiese sport kon wees. Suid-Afrika sou dié item elke keer loshande gewen het. Ek sukkel om ‘n kers aan te steek en dié ouens brand baksteengeboue af.

snoefie ·

solank hulle vernietig en daarmee wegkom sal hulle aan hou daarmee. tree op. hulle kan hulle politieke woede uitdruk deur vir n ander party te gaan stem.

Frederik ·

Cyril sê in die Paarl dat hy verbaas is oor die swak dienslewering deur die DA daar in die Wes-Kaap. Hy kan nie glo dat die mense steeds vir die DA stem nie.
Beide gebiede in die berig hierbo word deur die ANC regeer, maar daarvan praat ou Cyril geen woord nie.

barend ·

dit is as volg skole ,kliniek,bibilioteek,busse,treine,vragmotors,huise
alles moet vernietig word

Lions ·

Brandstigting in enige vorm is verkeerd maak nie saak wie dit doen nie. Ek verstaan nie hoekom skole, waar opvoeding behoort te gebeur, altyd eerste geteiken word nie. Belaglik!!! Die mense se kinders lei dan daaronder. Ons kan hoeveel keer op enige forum dit noem maar ek is bevrees dit gaan nie help nie en ek jy en ek en ander wat onskuldig is aan sulke wandade betaal maar net weer meer belasting om alles reg te kry

Ben Prinsloo ·

So ken baie van ons hom……….maar die wereld nie. Afbrekend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.