Nóg ‘n skool naby Malamulele aan die brand gesteek

'n Gebou by 'n hoërskool in Malamulele is Maandagaand, 2 Februarie 2015 moontlik aan die brand gesteek Foto: Twitter

‘n Gebou by ‘n hoërskool in Malamulele is Maandagaand, 2 Februarie 2015 moontlik aan die brand gesteek Foto: Twitter

ʼn Skool in Khakhanwa, naby Malamulele, is gedeeltelik verwoes in ʼn brand, het die polisie in Limpopo Donderdag gesê.

“Vyf klaskamers en die hoof se kantoor is Woensdagaand in die brand beskadig,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie is reeds in die gebied ontplooi.”

Dit is die vierde skool wat aan die brand gesteek word tydens die afgelope paar dae se gewelddadige betogings in die gebied.

ʼn Gedeelte van Malamulele High School is Maandagaand aan die brand gesteek. Nog ʼn skool, sowat 40 km buite Malamulele in Gikana, is Dinsdag aan die brand gesteek. ʼn Derde skool is naby Xikunda aan die brand gesteek.

Otto het gesê die moontlikheid van brandstigting kan nie uitgeskakel word nie.

Malamulele was Donderdagoggend kalm. Daar is ʼn swaar polisieteenwoordigheid in die dorp as gevolg van die betogings. Die inwoners eis hul eie munisipaliteit. Die Munisipale Afbakeningsraad het egter Vrydag gesê Malamulele kwalifiseer nie vir sy eie munisipaliteit nie. Inwoners het die paaie versper en bande aan die brand gesteek.

Die inwoners voer aan die Thulamela-munisipaliteit lewer hoofsaaklik dienste aan gebiede waar Tshivenda-sprekers bly, en nie aan die Xitsonga-sprekers in Malamulele nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

adrian ·

Dit is Jan van Riebeeck se skuld , hy het kolonialistiese idees na SA gebring en toe vat apartheid dit verder. Ons wil nie leer nie die skole is apartheid brand dit af viva! so ja so sal die einde van die jaar minder slaagsyfers wees viva

HEVW ·

In die 70 jare is skole afgebrand vanwee apartheid. SA is die muishond gemaak vanwee
“aparthaait.” En nou sny rassisme veel dieper as tussen swart en wit. Wat voorspel dit vir die toekoms?

Bosvark ·

Die wereld het gese dat dit die wit man se skuld is dat TA nie opgevoed en geskoold is nie. Ons het skole gebou dan word dit weer afgerand, nou wat moet n man dan meer doen.

Gert ·

Ekwil nie wer komunisme die skuld gee nie ,maar dit is so tipies hou die bevolking ongeleerd en regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.