Nóg ʼn skool van duur toerusting besteel

Die Thifhulufhelwi Secondary School by die Madombidzha-nedersetting in Limpopo waar die rekenaars gesteel is. (Foto: SA Polisie)

Skootrekenaars ter waarde van sowat R120 000 is die afgelope naweek uit ʼn stoorkamer van ʼn skool in Limpopo gesteel in die soveelste geval van diefstal en plundery sedert die staat van landwye afsondering ingestel is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die 24 skootrekenaars is tussen Vrydag en Saterdag by die Thifhulufhelwi Secondary School by die Madombidzha-nedersetting gebuit.

Die skoolhoof het die polisie ontbied nadat boewe die veiligheidshek van ʼn stoorkamer oopgebreek het. Hulle het vroeër glo die elektriese kabels geknip om die alarmstelsel te deaktiveer. ʼn Veiligheidwag het die diefstal opgemerk terwyl hy Saterdag die perseel gepatrolleer het.

Verlede week is sokkertoerusting van sowat R6 000 ook by ʼn skool in die provinsie gesteel. Inbrekers het die slotte en kettings van die stoorkamer se deur gebreek om toegang te verkry.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes om die stasiebevelvoerder van die Tshilwavhusiku-polisiestasie, lt.kol. Maphefo Matshavha by 082 451 7163 te kontak of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die Wolf

Dit is lekker gedurende lockdown. Niemand pla my as ek myself help nie.

Nie Verbaas

Kriminele kan lekker ongesteurd hulle ding doen aangesien niemand anders tussen 20:00 en 5:00 op straat mag wees nie. Tussen 6:00 en 9:00 werk nie vir kriminele nie.

Frans

Haha kan ma net lag vir die klomp hou die eerlike mense bine toegsluit en skelm buite en skree dan hule soek hulp as jy iets gesien het hoe kan jy iets sien as jy in jou private tronk is Hahaha

Frans

As dit tusen 5 en 9 die ogend gebeur het is ek seke ons kon gehelp het ma na 8 die aand jine dit gaan nie maklik wees nie al die kieds is mos in huis gejaag om te gaan slaap

Eerlik

Kry alle skole sulke duur skoot rekenaars of net in sekere areas.