Nóg ʼn skudding tref Kaapstad

Grafika: Volcano Discovery

Kaapstad is Dinsdag in die vroeë oggendure deur ʼn ligte aardskudding van 3,5 getref.

Die aardskudding het omstreeks 00:27, sowat 76 km noordwes van Kaapstad (41 km suid van Saldanha) plaasgevind.

Volgens Volcano Discovery was die skudding klein genoeg om nie enige skade aan te rig nie en talle persone het ʼn effense skudding tot so ver as 100 km van die episentrum gevoel. Binne die eerste uur het meer as 1 000 persone reeds aangemeld dat hulle die skudding gevoel het, ʼn bevestiging dat dit oor ʼn groot deel van Kaapstad gevoel is.

Kaapstad het in September twee skuddings beleef. Op 26 September is ʼn skudding in die stad gevoel wat veroorsaak is deur ʼn aardbewing van 2.5 ongeveer 10 km noord van Malmesbury in die Wes-Kaap, het die Raad vir Geowetenskappe (CGS) in daardie stadium gesê. ʼn Skudding van 6.2 het die vorige dag sowat 1 600 km suid-suidoos van Kaapstad plaasgevind.

Die grootste skudding die afgelope paar dekades was een van 6.3 in September 1969 naby Ceres.

Die Amerikaanse Geological Survey (USGS) het gesê Dinsdagoggend se aardskudding het op ʼn diepte van 5 km plaasgevind.

Inwoners van tot so ver as Vishoek het die skudding gevoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wel, aardbewings oral het die Meester gesê!

Rina ·

Kan nie meer met jou saamstem nie, as dit nou al hier by ons is, waardit byna nooit, indien ooit was nie, dan weet ek nie!!!

Ons moet vir ons begin regmaak!
Jesus is oppad om ons te kom haal!

Janee ·

En steeds ontken hulle aardverwarming…Interessante tye
met al die natuurrampe wat wêreldwyd gebeur.

Agter die skerms ·

Op een of ander manier stem ek saam met Eend Bassinger. Al die goed wat gebeur was al lankal voorspel

pokkel ·

kan nie dalk gevolge wees van die boor vir olie in die see besigheid?

Ansie ·

Dit het my wakker gemaak en ek slaap vas. As dit 3.5 was, wil ek regtig nie ‘n sterker een beleef nie.

Piet ·

Ek het wakker geword van die een. Geklink soos ‘n vliegtuig wat laag vlieg maar geen bewerasies nie. Sowat 25 jaar terug was daar ‘n behoorlike een, maar moes redelik lokaal gewees het want geen groot ophef daarvan is gemaak nie. Daai een was nogal vreesaanjaend, geklink soos ‘n ondergrondse vragtrein wat aan die aankom is, die vloer het ook geskud..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.