Nóg ʼn Skukuza-stroper gevonnis

Skukuza-ruskamp (Foto: Kruger-wildtuin)

Die Mosambieker Joshua Mongwe (29) is in die Skukuza-streekhof ses jaar tronkstraf opgelê vir stropery.

Mongwe het skuld beken op aanklag van betreding in die wildtuin, oortreding van die Wet op Immigrasie, onwettige besit van ʼn vuurwapen, die besit van ʼn vuurwapen om ʼn misdaad te pleeg en die onwettige besit van ammunisie, sê Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die hof het hom ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

“Wildbewaarders het op 17 Mei 2022 die gebied rondom Satara in die Krugerwildtuin gepatrolleer. Hulle het op Santos Ngobeni en Joshua Mongwe afgekom en hulle met ʼn jaggeweer en ammunisie betrap. Dit het tot hul inhegtenisneming gelei.”

Ngobeni het skuld ontken en dit het daartoe gelei dat die twee se hofsake geskei is. Ngobeni se saak is tot 11 Januarie 2024 uitgestel in dieselfde hof.

Maroela Media het vroeër berig drie veroordeelde stropers is Woensdag ook vonnisse van onderskeidelik ses en agt jaar in die Skukuza-streekhof opgelê nadat hulle ses jaar gelede in die Krugerwildtuin by Skukuza betrap en in hegtenis geneem is.

ʼn 45-jarige man is Maandag ook in die streekhof in Skukuza tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir stroperyverwante misdrywe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.