Nóg ’n slag vir biskop wat konkel met HOP-huise

Foto van HOP-huise ter illustrasie  Foto: Morné van Rooyen via Wikipedia

Die hooggeregshof in Grahamstad in die Oos-Kaap het ’n biskop se aansoek om appèl van die hand gewys nadat hy vroeër tronkstraf opgelê is vir korrupsie wat spruit uit ʼn kontrak vir destydse HOP-huise.

Biskop Muzukisi Samuel Banzana moet nou 12 jaar tronkstraf uitdien nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ’n ondersoek na korrupsie en wanadministrasie na ’n ontwikkelingstrust van hom van stapel gestuur het.

Dié trust het ’n kontrak as inwerkingstellingsagent van die departement van menslike nedersettings losgeslaan vir die bou van 1 211 HOP-huise gedurende November 2007 in Port Elizabeth.

Die trust het daarop Josh en Wentzel Meyers van MOM Construction CC aangestel om die huise te bou. Die trust was as agent van die departement gebonde aan sy beleid, reëls en wetgewing.

Die SOE se ondersoek het egter kontantbetalings en tjeks oopgevlek wat gebruik is om luukse voertuie aan te koop en ʼn verband van R1,4 miljoen te vereffen.

Banzana het boonop korrupte verhoudings met verskaffers asook regeringsamptenare verbonde aan die projek aangegaan en MOM Construction CC gedwing om sy voorkeurverskaffers te gebruik – waaronder Duranco Blocks (Pty.) Ltd waarvan hy die direkteur was.

Die SOE het die hooggeregshof se beslissing rakende Banzana se aansoek om appèl verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Derek ·

Dit is skokkend om te sien hoeveel leraars by bedrog en korrupsie betrokke is, hulle wie veronderstel is om die voorbeeld te stel. Dit is die vervalle toestand waarin die kerk verkeer. Verder verklaar hulle hulself as n nie winsgewende organisasie om nog verdere belasting voordeel te trek en sodoende hulself nog verder te verryk, eerder as om barmhartigheids werk te doen.

christo ·

Kerke en die valse leraars is deesdae ‘n winsgewende besigheid. Gewoonlik het hierdie kerk entrepeneurs ‘n geraamte of twee in die kas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.