Nóg ʼn slag vir OB in hof

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Nog ʼn verslag van die Openbare Beskermer (OB) is ongeldig verklaar.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdag bevind dat adv. Busisiwe Mkhwebane se verslag waarin sy die minister van polisie van nalatigheid, onbehoorlike gedrag en wanadministrasie beskuldig, ongeldig verklaar en ter syde gestel moet word.

Mkhwebane het in 2018 aangevoer dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet betaal vir private veiligheidsdienste vir die twee fluitjieblasers in die Sindiso Magaqa-moordsaak.

Maroela Media het vroeër berig die OB se verslag van 47 bladsye het destyds bevind dat Cele en die SAPD se versuim om veiligheidsbeskerming vir Les Stuta en Thabiso Zulu te verskaf, hulle aan die risiko van sluipmoordaanvalle blootgestel het.

Cele het toe versoek dat die verslag onder geregtelike hersiening in die hooggeregshof geneem word.

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Volgens Lirandzu Themba, woordvoerder van die polisie, het die hof nou bevind dat Mkhwebane verkeerd was om persoonlike beskerming aan die fluitjieblasers van die SAPD te eis.

Cele het die hof se bevinding verwelkom.

Volgens Cele het die OB se verslag destyds die indruk onder die publiek gewek dat die SAPD sy voete gesleep het wat die fluitjieblasers se beskerming betref. Die minister het nou ʼn beroep op die OB se kantoor gedoen om hul ondersoekwerk, veral wat die regeringstrukture betref, behoorlik te doen.

Mkhwebane se jongste slag in die hof volg kort nadat die Konstitusionele Hof verlede week haar aansoek om verlof tot appèl geweier het teen ʼn beslissing van die hooggeregshof waarin die regstellende optrede wat sy in 2019 teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, aanbeveel het, opgeskort is.

Die hooggeregshof het in Julie 2019 beslis dat die regstellende optrede teen Gordhan opgeskort moet word, terwyl ʼn geregtelike hersiening gedoen word van adv. Mkhwebane se verslag oor die ondersoekeenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Magda ·

OB en DZ – hoelank gaan ons nog bloot gestel word aan hulle onbevoegdheid.

Wondermaarnet ·

Nie net die 2 se onbevoegdheid nie, maar 99% van die kaders en hul trawante se bevoegdheid.

PH ·

Waar’s die land se president?
Wanneer gaan dit tot hom deurdring dat die aanstelling van onbevoegde mense in sleutelposte ‘n blatante vermorsing van geld en energie is?

Michael ·

Sy kruip onder haar kopdoek weg-CR is net haar woordvoerder

marius ·

Sy besig met baie belangrike goete , soos sigaret roker jag en maskers aanpas .

Heinrich ·

Cele sou in elk geval nie bevoeg gewees het om beskerming te organiseer nie, kyk na die moordkoers in die land. Hulle sou te besig wees om sigarette te vervoer en mense wat langs die strand stap te arresteer.

Koos ·

PH daar is nie ‘n president nie dz moet besluit en sy kan nie eers haar mond oopmaak om te praat nie so ons sit met wat ons sit en moet maar net betaal vir al die str.

Pieter ·

Julle bly maar net n klomp narre julle sal nooit verander nie. So gaan dit as jy in kuba gaan leer kyk na jou koelega kop doek sy is net so slim soos jy

ES ·

Ek wil graag haar verslag lees sodat ek kan sien watse navorsing sy gedoen het. Dit is haar 3de verslag wat deur die hof ongeldig verklaar is. Die eerste een was toe sy vir CR beskuldig het dat hy ‘n donasie tydens sy CR2019 nie verklaar het nie… en toe was sy ook verkeerd.

Haal haar uit haar pos en sit vir Thuli Madonsela terug.

RB ·

Hoe ironies dat die een korrupte instelling se onbevoegde hoof ‘n ander korrupte instelling se onbevoegde hoof, albei instellings van ‘n korrupte regering, ondersoek! Nà die vermorsing van fondse (vir die ondersoek), word ‘n hofsaak met belastingbetalersgeld befonds om die verslag van die ondersoek ongeldig te verklaar.

Hulle mors met geld asof dit Monopoly-note is!
Korrupsie en onbevoegtheid onder hulle ken geen perke!

Genis ·

Ek is nie snaaks nie, maar altwee daai foto’s spreek boekdele…

Sarel ·

Kyk ek het nie baie simpatie met haar nie maar did vraag ontstaan: wie moet fluitjievlasers beskerm?

marius ·

Sonder enige gevolge . Die hele spul is deel van ‘n rook skerm , want hulle weet die grootste deel van die inwoners wat in die rioolplaas bly , glo alles wat hulle. opdis . Soos spaghetti in ‘ n pot saam gevleg .

JohanR ·

Weet nie vir watter een om bly of teleurgesteld te wees nie? Die een is soe vrot soos die ander een!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.