Nog ʼn slag vir Tshwane oor slimmeterkontrak

Foto: enca.com

Foto: enca.com

AfriSake het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria vandag genader om ʼn dringende hofbevel teen die Tshwane-metroraad te kry om te keer dat dié munisipaliteit R950 miljoen aan PEU Capital betaal.

Die hof het die tussentydse bevel vandag toegestaan. Die geld sou die onreëlmatige slimmeterkontrak met PEU Capital verder befonds het. AfriSake meen die munisipaliteit het op ʼn onwettige wyse die ooreenkoms met PEU Capital aangegaan en daarom is dit fundamenteel onregmatig.

Die munisipaliteit het reeds R880 miljoen in die 2014/2015-boekjaar aan PEU Capital betaal, maar in Mei verlede jaar aangekondig die kontrak word beëindig omdat dit te duur is. Die kansellasiekoste is egter nooit volledig bekend gemaak nie.

“Dit is uiters kommerwekkend dat die metroraad niks daarmee verkeerd sien om met dié transaksie voort te gaan nie en boonop dink dat dit ongemerk kan gebeur. Ons is bly die hooggeregshof het die bevel teen die munisipaliteit toegestaan en ʼn transaksie verhoed wat duidelik tot nadeel van belastingbetalers in die stad is,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis vir AfriSake.

“Die transaksie is niks meer as ʼn onreëlmatige uitgawe ten koste van hardwerkende Suid-Afrikaanse belastingbetalers nie. AfriSake bly verbind tot die vernietiging van korrupsie en die geveg vir die regte van alle belastingbetalers. Die hof sal die saak weer op 5 Julie 2016 aanhoor om die bevel finaal te bekragtig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adrian ·

Afrisake het die korrupte transaksie geopenbaar. Die direkteur is n biljoener peter malungani van peu group pty ltd. Hy is direkteur van ppc asook verskeie maatskappye. Sy vennote is is thsiile en n zuma ( nie deel van #1 nie) die kontrak met tswani was nie eens op tender nie en was n korrupte transaksie. Peu group sou 19 tot 25% koste gevra het om inkomste uit verbruikers te suig. Tswane sou basies n klein persentasie van die inkomste gekry het. Peu sou al die inkomste ontvang en n klein deel aan tswane uitbetaal. Die inkomste vir tswane sou die munisipiteit in die rooi plaas en onmiddellik sou belasting en dienste die hoogte ingeskiet het. Die kontrak sou 10 jaar duur met n waarde van ( lees mooi) R27miljard . Volgens afri sal die afkoop koste tot 2017 R1,2miljard absoluut korrup iemand en meer sou met miljoene wegloop lees gerus hierdie oor die peu group en alec hogg se kommentaar in google

Grap ·

Nog ‘n terugslag vir Sputla nou gaan hy weer die agterlike rassiste blameer lol

Ria M ·

Hier in Vereniging (Emfuleni) munisipaliteit word ook van hierdie slimmeters geinstalleer om krag gebruik te monitor. Jy word bereken volgens skaal gebruik, by ons huis is reeds so n meter geinstalleer en glo my hierdie meter hardloop met mening. Ek het dit al 3 weke terug gerapporteer. Die persoon aan wie ek dit gerapporteer het (n ongebleikte persoon) sou terugkom na my , tot vandag toe wag ek vir sy oproep.. Dit is die diens wat jy as belasting betaler ontvang. Daar word gereeld gevra waar water vermorsing is om dit te rapporteer. Ek het verlede jaar in November n water lek by my water meter gerapporteer en selfs drie keer daarna weer opgevolg. Sonder sukses. Hul diens hier is swaker as swak, te danke aan die ANC . Kom kyk net hoe lyk die midde dorp hier. Ek het net een woord om te gebruik SIES julle ANC dit is n skande hoe julle die plek agteruit laat gaan.

Wat-ek-lees ·

Jy is reg Ria met Vereeniging. Ook is die mangate oop op sypaadjies in Vereeniging sowel as Vdbijlpark.
Slim vang sy baas en slimmeter vang sy belastingbetaler.

P J ·

Dit is tyd dat die burgermeester en sy klomp munisipale kabinet lede in hulle privaat hoedanigheid vir hierdie gemors wat hulle aanvang moet betaal.

Anoniem ·

Google PEU. Hulle direkteure is daar. Insiggewende leesstof.

Zirk ·

Dis nie net dat ANC raadslede landswyd onbekwaam is nie, hulle gee bloot net nie ‘n flenter om nie.! Maar hulle probeer hulle uiterste bes om die land leeg te steel.En hulle kry dit nie reg nie want die gebleikte mense werk net al harder om die staatskas vol te hou.

Pik ·

Wys maar net weer as daar n Zuma betrokke is daar …… alhoewel hy ” nog n Zuma” bedank het se dit nie dat hy nie betaal word vir dienste nie.
Sal nie verbaas wees as n mense verder ingaan of die een of ander Gupta hier ook n vinger in die “pie” het nie

Pierre ·

Dit maak nie meer sin om diens fooie of munisipale belasting te betaal nie.

Jan maak n Plan ·

Weer ‘n goeie voordeeld van tender antrepeneurskap. Wonder wie kry wat en hoeveel.

Elaine ·

Wel ons is een van die ongelukkiges wat hierdie smartmeter gekry het en dat ek julle een ding vertel jy kan elke dag sien hoe word ons krag rekening meer en meer en daar is geen manier dat ons van die ding kan ontslae kan raak nie want ons het nie vir dit gevra nie. 3 in ons straat wat gekry het toe word dit gestop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.