Joseph Mabuza, ʼn woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het gesê Nhlanhla Brilliant Khuzwayo, ʼn doelwagter vir Kaizer Chiefs, is Maandag op die N3 tussen Heidelberg en die Wilge-tolhek vasgetrek. Hy het 163 km/h in ʼn 120 km/h sone gery.
Khuzwayo is Vrydag op ʼn waarskuwing vrygelaat nadat hy skuld erken het op die aanklagte teen hom en ʼn boete van R10 000 moes betaal.
Khuzwayo is nie die enigste sokkerster wat oor die naweek deur boetebessies gevang is nie. Orlando Pirates speler Brighton Mhlongo is verlede Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem toe hy glo die spoedgrens oorskry en met ʼn motor sonder nommerplate gery het. Mhlongo is intussen op borgtog vrygelaat en die saak is tot volgende week uitgestel.
Daar vêr voor in die pad is ‘n ronde bal wat gejaag moet word . . .