Nog ʼn sokkerspeler in hof oor spoed

hof-hamer

Argieffoto

Nóg ʼn bekende sokkerspeler wat gedurende Paasnaweek in hegtenis geneem is toe hy die spoedgrens oorskry het, het Vrydag in die Balfour-landdroshof verskyn.

Joseph Mabuza, ʼn woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het gesê Nhlanhla Brilliant Khuzwayo, ʼn doelwagter vir Kaizer Chiefs, is Maandag op die N3 tussen Heidelberg en die Wilge-tolhek vasgetrek. Hy het 163  km/h in ʼn 120 km/h sone gery.

Khuzwayo is Vrydag op ʼn waarskuwing vrygelaat nadat hy skuld erken het op die aanklagte teen hom en ʼn boete van R10 000 moes betaal.

Khuzwayo is nie die enigste sokkerster wat oor die naweek deur boetebessies gevang is nie. Orlando Pirates speler Brighton Mhlongo is verlede Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem toe hy glo die spoedgrens oorskry en met ʼn motor sonder nommerplate gery het. Mhlongo is intussen op borgtog vrygelaat en die saak is tot volgende week uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Daar vêr voor in die pad is ‘n ronde bal wat gejaag moet word . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.