Nog ʼn soldaat vas wat motors glo oor grens smokkel

(Argieffoto: Pixabay.com)

Nog ʼn lid van die weermag is Woensdag in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn motorsmokkelsindikaat.

Die 30-jarige soldaat is in die Noord-Kaap vasgetrek nadat hy glo tussen 2017 en 2019 deel was van ʼn sindikaat wat motors onwettig tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gesmokkel het.

Sewe ander weermaglede is ook in Junie vanjaar onderskeidelik in die Vrystaat, die Noord-Kaap en Noordwes in hegtenis geneem in verband met dié smokkelary.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, was die beskuldigdes destyds by die Beitbrug-grenspos ontplooi.

“Daar word beweer dat die weermaglede by dié grenspos saam met sindikate gekonkel het om gesteelde motors oor die Limpoporivier te smokkel in ruil vir geld,” het Maluleke gesê.

Die lede het dikwels die sindikate R15 000 per motor gevra, wat dan onder mekaar verdeel is.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Musina-landdroshof verskyn.

Die ander sewe beskuldigdes is reeds op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Hulle sal na verwagting weer op 25 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Genis ·

Kom ons nou n graaf n graaf… Hy is nie n soldaat nie, dis n skelm….

Wielspore ·

As ‘n soldaat dien jy jou land met die nodige trots en waardigheid en jou optrede moet dit reflekteer.

Nie Verbaas ·

Hulle het geen trots en waardigheid nie. Weereens, ons wonderlike ANC beleid se gevolg.

Hardekwas ·

Daar is geen eer, moraliteit en etiek onder our people nie. Dis asof hulle uit n miljoen jaar slaap ontwaak en plunder en tekere gaan soos oer mense.

Skappie ·

Nee wat, dit lyk nou of jy niemand meer kan vertrou in die land nie. Sies man, kry julle nie skaam nie.
R 3 000 is niks vir borgtog nie, invergelyking van wat julle al reeds gemaak het.

Cecilia ·

Geen integriteit onder d Kader geledere nie.
Maar hulle leer by hul Staats leiers dat plunder, bedrog en omkoop reg is.

Swerwer ·

R3000 elk, hul kon minstens R30 000.00 elk betaal het want hul het mos genoeg gesmokkel om lekker te lewe. Weermaglede, asseblief………………….maar ja dit is mos die voorbeeld wat die ANC Kader vir hule landsburgers stel

Niklaas ·

Skelmstreke vir geldelike gewin sal nooit ophou in SA nie. Daar bestaan in die meeste instellings in ons land geen gewetens wroegings, skuldgevoelens , vrees vir vervolging , selftrots , selfrespek en hoë morele standaarde meer nie. Solank daar net geld ingewin word sonder om hard te werk !

Hasie ·

Alle grensposte het hul .Met knap polisie sal ons verbaas wees hoeveel korupsie en diefstal daar by grensposte is, maar ja dit is wensdenkery.

Willem ·

As mens nou in ag neem dat dit ses jaar geneem het om die moordenaars van mnr vd Leeuw van Potch gevonnis te kry dan het ek geen vertroue dat hierdie skelms enigsinds binnekort agter tralies sal wees nie. Ek het géén vertroue in hierdie land se regstelsel en die SAPD nie. Die nar Cele en sy voorgangers het die polisiemag in ‘n sirkus verander. Capexit. com

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.