Nog ʼn span brandbestryders aangeval

Die skade wat aan die brandweerenjin aangerig is. (Foto: ANA)

Nóg ʼn span brandbestryders van die Stad Kaapstad is vandeesweek aangeval toe hulle na ʼn toneel uitgeroep is.

Dít nadat die Stad se brandbestryders verlede maand binne 48 uur nie minder nie as drie keer onder aanvallers tydens betogings in die omgewing van Khayelitsha deurgeloop het.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Vrydag in ʼn verklaring gesê die jongste voorval het Donderdagaand in Delft plaasgevind.

Volgens Smith is ʼn brandweerspan van Belhar net voor 20:00 na die toneel ontbied waar ʼn vragmotor in die suide van Delft aan die brand gesteek is. Beurtkrag was boonop in die omgewing ingestel ten tyde van die voorval.

Smith het gesê die span brandbestryders is deur lede van die polisie vergesel na Hindleweg waar hulle met hul aankoms onder aanvallers deurgeloop het.

“Die brandbestryders en lede van die polisie het onder skoot gekom net toe hulle die toneel nader. ʼn Baksteen is na die voorruit van die brandweerenjin geslinger.”

Volgens Smith was die span brandbestryders só getraumatiseer ná die voorval dat hulle later huis toe gestuur is. Dít het daartoe gelei dat die brandweerstasie in Belhar vir die res van die nag onbeman was.

“Hierdie misdadige gedrag word ʼn gereelde verskynsel en hou potensieel verwoestende gevolge in vir wetsgehoorsame burgers wat nooddienste benodig,” het Smith gesê.

Volgens Smith vertraag aanvalle van dié aard nie net brandbestryders se reaksietyd op noodgevalle aangesien hulle moet wag vir polisiebegeleiding nie, maar dit kan selfs daartoe lei dat die Stad Kaapstad sy dienste heeltemal onttrek aan plekke waar daar onrus is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

johanf ·

Ag nee, los nou die verdomde inperkings, en bepaal julle by wet en orde, gatvol verby……

Kokerboom ·

Dis te danke aan ANC beleid vroeër jare om land onregeerbaar te maak. Enigste oplossing is ‘n harde ongenaakbare benadering teenoor straatboewe. Bring dissipliene terug.

Althes ·

Ek wonder watter politieke party wil Kaapstad destabiliseer. Dis mos ñ ou agenda van die comrades.

4ntj13 ·

Miskien kort ons mense wat sulke misdadigers wel kan beheer. Suid-Afrikaners of van oorsee. Dis dringender as kos, want anders is ons binnekort sonder kos as vragmotors nie meer kan ry nie.

Sarel ·

Eerstens is Eskom deels verantwoordelik a.g.v.hulle alewige Beurtkrag gee dit die (@#$) verskoning om.misdaad te pleeg. Wanneer faan die Regeting werklik ingryp om wet en orde te herstel. Masr nee Politiek kom eerste

christo ·

Dis ‘n goeie vraag. Die antwoord is duidelik dat dit ‘n linkse beweging is. SAPD se misdaadintelligensie-eenheid moes al lankal ‘n analise op die aanvaller doen het. Bheki Cele ontneem Kaapstad en so ook die Wes-Kaap van polisie hulpbronne. Die ongekende invloei van werksoekers uit die Oos-Kaap en onwettige immigrante veroorsaak druk op Stad Kaapstad se hulpbronne, want hierdie mense dra nie by tot die munisipale belastings nie, nog dra hulle by tot die ekonomie. Daar sal wéér soos in die verlede, georkestreerde aanry van ‘kiesers’ buite die grense van die Wes-Kaap plaasvind in 2021 se munisipale verkiesings om te probeer keer dat die DA in bewind bly van stadsrade. Ons het ‘n goeie idee wie die agterbakse vyand is, maar in kliniese bewyse te kry is moeilik. Ons weet watter partye is bekend vir hulle toesmeerdery.

Danie ·

Hou op hanna hanna en doen wat jy dreig meneer Smith.
Onttrek die dienste want mense se lewens is in gevaar en my belastinggeld word op groot skaal gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.