Nóg ʼn springdood by Tukkies

Die Geesteswetenskappe-gebou. Argieffoto: Universiteit van Pretoria

Argieffoto: Universiteit van Pretoria

Nog ʼn persoon het glo Maandagoggend van die Geesteswetenskappe-gebou by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) se Hatfield-kampus in Pretoria na sy dood gespring.

Dit volg skaars ʼn maand nadat Danny Nortjé-Rossouw (44), ʼn dosent in rekeningkunde, van die 21ste verdieping van dieselfde gebou na sy dood gespring het.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media bevestig dat ‘n man, wie se ouderdom nog onbekend is, dood is nadat die persoon glo van die 21ste verdieping geval het. “Die man se liggaam is verwyder, en die polisie is op die toneel om die voorval verder te ondersoek,” het Pieterse gesê.

Nicolize Mulder, ʼn woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig daar was ‘n voorval en gesê die polisie en nooddienste is op die toneel. Sy kan egter nie in hierdie stadium meer inligting bekend maak nie. Die universiteit sal later meer inligting vrystel.

Ao. Dave Miller, ʼn woordvoerder van die Garsfontein-polisiestasie, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Lees ook:
Tuks-springdood: Man was ʼn student

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Delia ·

Nog ‘n man spring…..van dieselfde gebou….van dieselfde vloer? Kom vir my nou bietjie verdag voor…
Wat ‘n onnodige verlies van lewens! My meegevoel aan naasbestaandes.

Elfie ·

So-iets is altyd aardig. Mens hoop maar mense kry betyds hulp. Sterkte aan alle vriende en familie van die persoon.

LKL ·

Ai jinne toggie. Dis vreeslik tragies en ons bid vir die naasbetaandes vir krag en leiding. Ek moet se, ekself het dadelik opgemerk dat dit alweer dieselfde verdieping is……???? Ek wonder net of die arme mense, beide Danny en ook die nuwe slagoffer, we’ll agtergrond van depressie en dies meer het???? Klink maar vreemd jong…. Sterkte aan die familie shame. Dis te vreeslik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.