In ʼn tweede voorval is nog ʼn springstoftoestel Saterdagoggend in Woolworths in die Gateway Theatre of Shopping-winkelsentrum in KwaZulu-Natal ontdek.
Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het dié nuus Saterdagmiddag aan Maroela Media bevestig.
Volgens hom is die toestel vroeër die oggend deur ʼn werknemer ontdek.
“Die hele winkel is ontruim en afgesper,” het Zwane gesê.
Dit kom nadat twee ander ploftoestelle Donderdag onderskeidelik in The Pavilion-winkelsentrum se Woolworths en later ook in die Woolworths in die Gateway-sentrum ontdek is.
“Daardie toestelle het afgegaan, die een van vanoggend het gelukkig nie. Ons ondersoek sal aandui of die voorvalle verbind kan word al dan nie,” het Zwane gesê.
Die polisie se bomeenheid is op die toneel.
Die polisie ondersoek met betrekking tot Donderdag se voorval sake van kwaadwillige skade aan eiendom, brandstigting asook ʼn oortreding van die Wet op Ontplofbare Stowwe.
“Met betrekking tot vandag se voorval ondersoek ons slegs ʼn oortreding van die Wet op Ontplofbare Stowwe,” het Zwane gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Kwaadwillige saakbeskadiging!!!??? Dis terrorisme en poging tot moord!!!
Ja nou begin hulle weer met hulle terrorisme dade. Waar is die kameras in die winkel. Jy is nêrens meer veilig nie.
Palestina/ Israel issue dalk?
Herinner my aan Salisbury Rhodesië 1977.
Klink na klomp amateurs wat betrokke is. Inside job.