Nóg ʼn springstoftoestel in KZN-Woolworths gevind

Die Gateway Theatre of Shopping winkelsentrum. Foto: Facebook via Gateway Theatre of Shopping VIP

In ʼn tweede voorval is nog ʼn springstoftoestel Saterdagoggend in Woolworths in die Gateway Theatre of Shopping-winkelsentrum in KwaZulu-Natal ontdek.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het dié nuus Saterdagmiddag aan Maroela Media bevestig.

Volgens hom is die toestel vroeër die oggend deur ʼn werknemer ontdek.

“Die hele winkel is ontruim en afgesper,” het Zwane gesê.

Dit kom nadat twee ander ploftoestelle Donderdag onderskeidelik in The Pavilion-winkelsentrum se Woolworths en later ook in die Woolworths in die Gateway-sentrum ontdek is.

“Daardie toestelle het afgegaan, die een van vanoggend het gelukkig nie. Ons ondersoek sal aandui of die voorvalle verbind kan word al dan nie,” het Zwane gesê.

Die polisie se bomeenheid is op die toneel.

Die polisie ondersoek met betrekking tot Donderdag se voorval sake van kwaadwillige skade aan eiendom, brandstigting asook ʼn oortreding van die Wet op Ontplofbare Stowwe.

“Met betrekking tot vandag se voorval ondersoek ons slegs ʼn oortreding van die Wet op Ontplofbare Stowwe,” het Zwane gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Henk ·

Kwaadwillige saakbeskadiging!!!??? Dis terrorisme en poging tot moord!!!

Koos de Meyer. ·

Ja nou begin hulle weer met hulle terrorisme dade. Waar is die kameras in die winkel. Jy is nêrens meer veilig nie.

Erika ·

Wonder hoe groot die ISIS self in SA is, veral aangesien die grens poste so swak bestuur word & minimale beamptes aan diens is by imigrasie by OR Thambo.

Kas ·

Inside job as jy weet jy kan ook opgeblaas word.Aikona dit is ‘n direkte aanval op Woolworths a g v sy bande met Israel.Dit is ‘n terroriste beweging wat verantwoordelik is daarvoor.Die ISIS groep kan nie uithesluit word nie.

Ben ·

Hoekom juis Woolworths? Klink na iemand of partye wat kwaad is vir die Kettinggroep?

Iché ·

Ben, Ek dink dit Handel oor die Palestina/ Israel -kwessie.
Woolworths voer voedsel in van Israel. En party mense hou nie van die
Idee nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.