Nóg ’n staatsgebou in Pretoriase middestad gesluit

Foto gebruik ter illustrasie (Foto: Twitter via @CoJPublicSafety)

Sowat 400 werknemers is Maandag uit die Isivuno-gebou in die Pretoriase middestad na veiligheid geneem ná klagtes oor werknemers se gesondheid en veiligheid.

Die Isivuno-gebou in Lilian Ngoyistraat is tydelik gesluit as gevolg van ’n voortdurende probleem met die gebou se sentrale ventilasiestelsel, sê Lindela Mashigo, die Stad Tshwane se direkteur van mediaskakeling.

Dié gebrekkige stelsel lei glo tot swak luggehalte en verhoogde temperatuurvlakke wat “die gesondheid en veiligheid van die werknemers beïnvloed”.

Volgens Mashigo het die Stad Tshwane verlede jaar ’n ondersoek van stapel gestuur ná talle klagtes deur werknemers dat die gebou se ventilasie-en-lugversorgingstelsel van tyd tot tyd buite werking is, wat lei tot swak binnenshuise luggehalte.

“Artikel 8 van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (Wet 85 van 1993) bepaal dat die werkgewer, vir sover dit uitvoerbaar is, ʼn werkomgewing moet voorsien en in stand hou wat veilig is en geen risiko vir die gesondheid van sy werknemers inhou nie. Die Stad het dus ʼn ondersoek gedoen om te verseker dat die gesondheid en veiligheid van sy werknemers beskerm word,” sê Mashigo.

Die Poynton-gebou

Die sluiting van die Isivuno-gebou volg ná die tydelike sluiting van die Poynton-gebou, die departement van korrektiewe dienste se hoofkantoor. Dié gebou in WF Nkomostraat in die Pretoriase middestad moes sy deure in September verlede jaar tydelik sluit. Sowat 1 000 werknemers is uit dié gebou verwyder aangesien die gebou ook nie aan sekere veiligheidsvereistes voldoen het nie, insluitend:

  • Die gebou het geen ontruimingsplan nie.
  • Daar is nie ʼn werkende rookalarmstelsel nie.
  • Die 32-verdiepinggebou van by die 100 m hoog en waarin sowat 1 700 mense gewerk het, het geen water vir brandbestryding aan die binnekant nie.
  • Toe die stadsraad op die gebou toeslaan, het hulle vasgestel dat die nooduitgange gesluit was met geen manier om tydens ʼn noodgeval daarlangs te ontsnap nie.

Die Poynton-gebou is egter intussen heropen.

Maroela Media het vroeër berig dat Popcru aan die begin van Oktober verlede jaar in Pretoria se middestad betoog het nadat die departement van korrektiewe dienste (DKD) amptenare met ontslag gedreig het omdat hulle geweier het om in die departement se hoofkantoorgebou te werk.

Die vakbond het destyds daarop aangedring dat die departement alternatiewe kantoorruimte bekom. “Amptenare moet die kans kry om aan te hou werk sodat dienslewering nie hieronder ly nie,” het Richard Mamabolo, woordvoerder van die vakbond tydens die betoging gesê.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het destyds uitgevaar teen die minister van korrektiewe dienste, Michael Masutha. Volgens Msimanga het die departement van korrektiewe dienste (DKD) twee jaar gehad om te verseker dat die Poynton-gebou aan veiligheidsvereistes voldoen, “maar vergeefs”. Hy sê die stadsraad se optrede deur die gebou te ontruim was ʼn poging om werkers se lewe te red.

Msimanga meen dit is veral kommerwekkend dat die departement en bestuur aangehou het om mense se lewe in gevaar te stel deur van hulle te verwag om in ʼn gebou te werk wat, so het hulle self erken, net deels aan veiligheidsvereistes voldoen.

Werknemers van die Isivuno-gebou is tydelik na die departement se streekkantore verskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DG ·

So ‘n gebou wat brand is geen grap nie, nalatigheid rondom veiligheidsmaatreels is ‘n tydbom, dit moet iewers ontplof.

Hendrik UAE ·

Dalk was al die jare instandhouding gedoen en beplan?

Anoniem ·

Die mense wat tans aan bewind is weet nie wat die woord instandhouding beteken nie. Die dat alles uitmekaar val.

bren ·

Dis n algemene tendens is in elke geval om nie instandhouding te doen in die nuwe bedeling nie. Kyk hoe val die staatshospitale uitmekaar! jy beklee n pos bv van skoonmaker; maar jy doen nie die werk nie maar kry die voordele en salaris. Dis blykbaar benede sommige mense om instandhouding te doen.

Marelize ·

Wnr laas is daar gekyk n.a. die Gebou van tswane municipality in Pretorius st…die gebou is n health risk…die vloere is vol water van die toilets, as dit reen lek die dakke en alles is Nat da….die slegte reuk wat uit die air cons kom…seeker n dooie rot of iets en daar week mense daar binne in….gereeld se hul almal moet uit want hul ga die gebou toe mask en more werk almal Weer…of wag hul tot iemand seer kry of dood ga van n vrot gebou

Nel ·

As jy na die gebou kyk, sien jy ons land!!!! Daar word na niks gekyk om ons land se mense te beveilig nie!!!

Elize ·

Moet asseblief nie Tesourie se kantore op Kerkplein vergeet nie. Geen lugversorgers wat werk en word dit ondraaglik binne van die hitte. Blykbaar word nuwe tender eers in April in werking gestel en moet die mense maar net hulle bekke hou en die werk doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.