Nóg ʼn staatsmelkery in Vrystaat misluk klaaglik

Nog ‘n mislukte grondhervormingsprojek in die Vrystaat het die belastingbetaler reeds miljoene rande gekos. (Foto: DA)

Die DA het nóg ʼn mislukte grondhervormingsplan in die Vrystaat onthul.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê die party het ʼn oorsigbesoek aan die Maluti-suiwelprojek van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit gebring om die huidige stand van die projek te ondersoek.

“Wat die DA gevind het, is ʼn dop van ʼn melkery, met toerusting en infrastruktuur wat vermis of gevandaliseer is,” het Jankielsohn gesê.

Die nasionale raad vir provinsie het die projek in 2011 ook besoek. Dit was ʼn projek van die plaaslike owerheid en is op twee staatsplase op die been gebring. Jankielsohn sê dit was uit die staanspoor duidelik dat die projek gaan misluk, omdat ʼn skamele 53 koeie gemelk sou word om aan 97 mense ʼn inkomste te besorg.

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het in die 2006-’07-boekjaar R860 000 aan die projek bestee, maar tydens die aanvanklike besoek was enorme probleme reeds sigbaar. Die melkery het weens probleme met boorgate stilgestaan, masjinerie het voete gekry en daar was ʼn verbrokkeling in die verhouding tussen begunstigdes. Die beeste is later onder die begunstigdes verdeel en die melkery het heeltemal tot stilstand gekom.

Die departement het gesê hy gaan opleiding aan die betrokkenes verskaf, die boorgat herstel en die plaas gebruik om die beeste vir die Diyatalawa-suiwelprojek in dieselfde munisipaliteit aan te hou.

Altesaam 53 koeie sou gemelk word om aan 97 mense ʼn inkomste te besorg. (Foto: DA)

Nadat die owerhede sowat R15 miljoen bestee het om die melkery by Diyatalawa van die grond af te kry, het dié projek nou ook in die hek geduik. “Albei projekte staan botstil en hoewel die Maluti-suiwelprojek nie meer gered kan word nie, het die Diyatalawa-melkery minstens nog sommige van sy toerusting.

“Dit is duidelik dat grondhervormingsprojekte in die Vrystaat, veral suiwelprojekte, spesiale voertuie geword het om belastingbetalers te melk en die hoop op ʼn beter lewe vir die bedoelde begunstigdes en hul families te kelder,” het Jankielsohn gesê.

“Die Maluti-melkery, die Diyatalawa-melkery en die Vrede-suiwelprojek is voorbeelde hiervan.”

Die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat is waarskynlik een van die land se bekendste mislukte grondhervormingsprojekte.

Minstens R200 miljoen se staatsgeld, wat geoormerk was vir die ontwikkeling van opkomende swart boere in die Vrede-omgewing, is na Estina gekanaliseer. Die maatskappye word verbind met die omstrede Gupta-familie. Van die miljoene rande is glo selfs gebruik om in 2013 vir ʼn weelderige Gupta-troue by die Sun City-oord naby Rustenburg te betaal.

“Grondhervorming bly misluk weens die verouderde modelle van kollektivisme wat meestal laat vaar is en wat net deur die ANC-regering gebruik word terwyl hy probeer om sy argaïese nasionale demokratiese revolusie in werking te stel,” het Jankielsohn gesê.

Die toerusting is vervalle, is beskadig, of het heeltemal voete gekry. (Foto: DA)

“Die suiwelprojekte bewys ook dat korrupsie en ʼn gebrek aan bestuur, monitering, opleiding en ander steun aan begunstigdes beduidende redes bly vir waarom die projekte misluk. Talle sulke vervalle projekte bestaan op staatsbeheerde plase in die Vrystaat en is oorblyfsels van die regering se grondhervormingsmislukkings.”

Jankielsohn sê ʼn beleid van onteiening sonder vergoeding gaan nie die situasie beredder nie en gaan eerder belegging in produktiewe kommersiële boerderye in private besit ook in die gevaar stel.

Die DA sê sy voorgestelde grondhervormingspan bevorder vennootskappe tussen ontluikende en kommersiële boere, behels opleiding aan begunstigdes en behoorlike landbousteun. “Ons opkomende boere moet lewensvatbare en volhoubare kommersiële boere word wat bydra tot werkskepping en voedselsekerheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

koos10 ·

En so word die belasting betaler droog gemelk.
5 miljoen word gemelk om aan 50 miljoen te voorsien.

Adeline ·

Moenie ‘n sirkus beledig nie – ‘n sirkus bring nog lag en genietinge vir ‘n mens – die anc is ‘n wêreld ramp in geheel

Miskruier ·

Geen mens kan boer sonder God nie, daar moet n liefde vir die grond en diere wees. Geld maak uit boerdery kom tweede.

Elsa ·

Hartseer. En so gaan alles ten gronde tot nadeel van alle SAners behalwe die fat cats wat nie ñ duit omgee nie want hulle bankrekenings bly vol.

Scalla ·

Nog n mislukking, wil hul nie besef dat hul nie opgewasse is nie, hul is wel geldhonger, nie soseer grondhonger nie.

Nie Verbaas ·

Die ANC regering is besig om Suid Afrika terug te vat na die steentydperk toe. Alles waaraan die narre raak is n gemors. Ek het nooit gedink dat ek sulke onbevoegdheid ooit sal beleef nie.

MakersMark ·

Dis die kritiese syfer wat < 70 is………..kombineer dit met korrupsie dis 'n dodelike kombinasie vir enige ekonomie.

Jaco ·

As die begunstigdes nou wit mense was, Jan ek nog die swak bestuur, swak hulp en swak beplanning verstaan, MAAR die begunstigdes in dié projek is van van dieselfde ras as die provinsiale regering in Bloemfontein en die nasionale regering in Pretoria. Mens sorg mos nie so vir jou eie mense nie. Wat dan nou van Black lives matter?

Francois Le Cochon ·

Met die eerste industriele revolusie (1700 -1800) het die westerse beskawing kommersiele landbou bemeester. Ons is tans in die begin van die vierde industriele revolusie, terwyl sekere bevolkingsgroepe nog nie die eerste industriele revolusie bemeester het nie.

Adeline ·

Wel wonner nou hoe lank gaan dit neem om korrupsie in die anc- regering toe te laat en om ons land verder te verwoes??

Maritha ·

Aaag tog. Hou nou op om dom mense goed te gee waarvoor hulle nie gewerk het nie. Hierdie mense kon nog nooit iets wys wat hulle opgebou het nie. Hulle is op aarde om te verwoes en af te breek. In 26 jaar het hulle nog net Gaos veroorsaak en alles wat hul moontlik kon, vernietig.

pokkel ·

daar’s duidelik ‘n spelfout op die regering se “to-do” lys, waar punt nommer 1 veronderstel was om “Run the country” te wees, lees dit foutiewelik “Ruin the country” en dus is die regering onder die indruk dat hul baie suksesvol is

Kokerboom ·

Aanspreeklikheid moet vasgepen en skuldiges aan pen ry met beslaglegging.
My siening is dat sodra die ANC regime ENIGE projek aankondig waar belastingbetalersgeld betrokke is moet ‘n ONAFHANKLIKE kommissie van ondersoederoek DADELIK aangestel word. OG moet hier betrokke wees

Jakes ·

Is hierdie gebeure werklik nuuswaardig of vreemd? Gkad nie want dis hoe dit werk hier in SA.

Nick ·

Ja ne, het al lankal gese as hulle aan iets vat verander dit in bollie!!

Mariana ·

as jy nie met geld kan werk nie, sal geen besigheid dit maak nie, en boerdery is harde werk, veral melkboerdery

MakersMark ·

Al wat die ANC van melk af weet is hoe om die belastingbetaler te melk sodat hulle kan vreet by die krip.

J ·

Melkboerdery kan nie regtig winsgewend bedryf word in die Vrystaat nie … want gedurende die koue winters moet die melkbeeste gevoer word. Dan is die produksiekoste van die melk hoër as die verkooprys?

Dit was m.a.w. ‘n FOUT reg vanaf die begin!

Pieter ·

Onmootlik!!! Hulle is dan sooooo slim en die planne sooooo goed deurdink?

Elsa ·

“we want the land”. Maar kan nie eers n blom by hul stukkie grond plant nie

Linda ·

Hoekom moet die blanke boer hom oplei. Hulle weet dan alles. Gee dit vir 97 blankes en net soveel koei as wat daar was, en kyk watse vooruitstrewende besigheid dit sou wees vandag. Alles was daar.

Tino ·

Ek seker daarvan julle kan by Ace meer as die helfte verhaal…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.