Nog ʼn standbeeld in PE geskend

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die standbeeld van Koningin Victoria in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is met verf geskend.

Die standbeeld wat voor die biblioteek in Markplein staan, is met groen verf besmeer. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die jongste voorval volg nadat die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth Maandag deur vandale geskend is. Verskeie ander standbeelde het ook onder vandale deurgeloop. Die standbeeld van Louis Botha voor die parlement in Kaapstad is Woensdagaand met rooi verf besmeer.

Die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein in die Pretoriase middestad is Sondagaand met groen verf besmeer, terwyl ’n oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein verlede week aan die brand gesteek is.

Die standbeeld van Cecil John Rhodes is Donderdagaand ná weke lange betogings met ʼn hyskraan van die Universiteit van Kaapstad (UK) se terrein, waar dit agt dekades lank gestaan het, geskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Angela ·

Ek wonder wanneer dit die Mandela Standbeelde se beurt is.

rika van Loggerenberg ·

Nee wat lyk my nie die skending van ons erfenis gaan ophou nie. Ons sal met meer oortuiging moet wys dat ons besigheid praat as ons se: LOS ONS STANDBEELDE UIT!

fran ·

besef hulle nie dat dit niks met apartheid te doen het nie ????? jho mielie pitte vir breins as jy my vra

Peet Schabort ·

Stuur ook aan Liesbet in Ingeland dat sy kan sien wat daar gedink word van Ouma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.