Nog ʼn Steinhoff-hoë bedank

Johan van Zyl. Foto: www.steinhoffinternational.com

Johan van Zyl, ʼn lid van Steinhoff International se toesighoudende raad, het uit die direksie bedank slegs enkele dae voor die kleinhandelgroep se algemene jaarvergadering.

Volgens mediaberigte het Van Zyl sy kandidaatskap vir herverkiesing tot Steinhoff se raad in ʼn kennisgewing aan aandeelhouers teruggetrek, hoewel hy genoeg ondersteuning gehad het om weer tot die raad verkies te word. Die jaarvergadering word Vrydag in Amsterdam gehou.

DA-LP David Maynier het in reaksie hierop Van Zyl se bedanking as Steinhoff-raadslid verwelkom.

“Wat opvallend is, is die algehele versuim om verantwoordelikheid te neem en die totale gebrek aan enige berou. Dit ten spyte daarvan dat Van Zyl ʼn lid van die toesighoudende raad was toe die skandaal rondom die ‘rekeningkundige onreëlmatighede’ aan die lig gekom het; en ten spyte daarvan dat hy ʼn eenmalige betaling van €100 000 wou hê vir die ‘addisionele werk wat gedoen moes word’ as gevolg van die skandaal by Steinhoff,” het Maynier gesê.

Maynier het gesê die waarheid is dat Van Zyl “ʼn brandstigter is wat nou ʼn brandbestryder probeer wees” en homself nou in ʼn positiewe lig wil stel. “Hy wil homself nou posisioneer as ʼn vegter wat toegewyd is om die waarheid te ontbloot en reg te maak wat verkeerd gegaan het, wanneer die skandaal by die maatskappy inteendeel onder sy toesig plaasgevind het,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Steinhoff is einde verlede jaar in omstredenheid gedompel nadat ʼn ondersoek van stapel gestuur is na beweerde rekeningkundige onreëlmatighede by die maatskappy. In die lig van die skandaal het Markus Jooste, die groep se uitvoerende hoof, bedank. Christo Wiese, ʼn groot aandeelhouer en voorsitter van die raad, het kort daarna ook bedank weens moontlike botsing van belange.

Die storm rondom Steinhoff het destyds gelei tot die vinnige verkoop van aandele wat die waarde van die groep se aandele met meer as 80% laat tuimel het. Suid-Afrikaanse vakbonde het toe gesê miljarde rande van werkers se pensioene het verlore gegaan deur die staatsdienspensioenfonds (GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) se beleggings in Steinhoff.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

willie ·

ja hy wat vet bonusse by Sanlam as uitvoerdehoof getrek het terwyl die pensioenarisse wat Sanlam daargestel het se pensioen kripeer het! ek persoonlik het geen respek vir die mnr nie!

Joe Hall ·

“Toesighoudende raadslid”???
Op voorkoms en smaail ge-oordeel, sal ek nie ‘n spiksplinternuwe Mercedes by die ou teen 80% korting koop nie.

Luister ·

Ongelooflik dat mense soos Zuma, Jooste, en nou hierdie Van Zyl; dink dat as hulle
bedank, hulle nie verantwoording hoef te doen nie!

Wanda ·

Geld wolwe. Hierdie rykes is van die eerstes wat die land gaan verlaat. Hulle self goed gehelp dan wys ons die vingers na ander kleuriges, somtyds wonder ek of ons nie wel skuldig is aan baie dinge wat in die verlede gebeur het nie. Party wittes stel glad nie n goeie voorbeeld nie. Dalk is dit die blinde sambok wat ons inhaal. Net jammer so baie van ons wat nou onskuldig moet boet vir die dade van ons voorvaders. ?????

Eish ·

Eish suster! Dit is nou woorde wat ons dwing tot introspeksie. Die waarheid maak seer.

Eish ·

Dit laat my tog wonder of besigheid nie maar net in sommige gevalle n gewettigde wyse van diefstal is nie. Die astronomiese verdienstes van topbestuur was nog altyd moeilik regverdigbaar.
Die Steinhoff direksie wat besaai was met die room van sakevernuf en n swetterjoel GR’s, het die bom nie sien kom nie en nou soek hul addisionele vergoeding vir werk buite die normale. Dit is werklikwaar siek, net so siek dat mense sterf omdat hul nie doktersfooie kan bekostig nie.

Sies ·

Ja wat as julle julle mede WITTES selfs verneuk het moet jy maar bedank, maar eintlik ook in die tronk gaan sit .. ek skaam my dood dat wittes deesdae hulle mede-volkgenote so indoen en verneuk .. Ons praat van die ander nasies maar die wittes doen dieselfde AAN HULLE EIE MENSE … skande! Lyk my hierdie superrykes het GEEN GEWETE NIE!

marous ·

Wie is die mense agter die mense ? Die vergadering is sekerlik nie geskeduleer vir Amsterdam in Mpumalanga nie. Die maatskappy se naam en die feit dat dit internasionaal is , het sekerlik ‘n verbintenis met diegene wat klein lapdeksetjies op hulle agterkoppe dra . Die direkteure moet maar verduidelik waar die maatskappy bates oorsee weggesteek word ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.