Nog ʼn styging in brandstofpryse verwag

Argieffoto

Hoër internasionale brandstofpryse en ʼn geleidelike verswakking van die rand voorspel slegte nuus vir motoriste in September.

Die AA het in ʼn verklaring gesê gebaseer op die middel-van-die-maand-prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) vrygestel is, sal brandstofpryse in die komende maand na verwagting aansienlik styg. Dit kom nadat brandstofpryse reeds in Augustus met tussen 20c en 31c per liter gestyg het.

Volgens die AA het die rand sedert die begin van Augustus met ʼn gemiddeld van 20c teen die Amerikaanse dollar verswak. Daarby het internasionale brandstofprodukpryse verder gestyg, wat beteken dat alle tipes brandstof vanaf volgende maand aansienlik meer sal kos.

Die AA voorspel dat petrol met 63c per liter sal styg, terwyl diesel 57c per liter meer sal kos. Die prys van paraffien sal met 58c styg.

“Die rand se tendens oor die afgelope twee weke was verdere verswakking teen die dollar, en die internasionale brandstofpryse het binne ʼn taamlike smal band verhandel, wat beteken dat ons nie verwag dat die situasie teen die einde van die maand sal verbeter nie,” het die AA gesê.

“Brandstofverbruikers kan hulself staal om vanaf September hul hand nog dieper in die sak te moet druk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annette Sartori ·

Die petrol word altyd goedkoper gedurende die Julie skoolvakansie en word dan weer buite verhouding duurder na die vakansie en dan val dit weer Desember en weer op Januarie en so word alles net duurder en duurder.

Ekke ·

Dus kan voedselpryse ook weer die hoogtes in gaan laat skiet. Daal brandstof pryse, word dit nie verlaag nie, maar styg elke keer saam die brandstofpryse. So al wat wen, is die regering wat die grootste hap uit alles kry, maar die boer/produsent word peanuts betaal vir sy produkte.
As elke voertuig gebruuker/eienaar, landwyd, net vir 1 dag geen brandstof aankoop nie, is daardie dag n paar biljoen kort in die regerings koffer. Wat nognas dit oor slegs week strek??
Dink n bietjie aan daardie tamalekie

Jannie ·

Ons maak mos ons eie petrol en diesel hkm moet ons altyd na ander lande toe hartloop o ja dis mos nuwe suid africa 25 jaar al wat is nuut also op geneuk al

Divan ·

As Zuma die mosie teen hom verloor het , het die rand aansienlik verbeter en sou ons n verlaaging gesien het , die ketting reaksie wat als lei na een persoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.