Nog ʼn ‘swartgesig’-herrie by Maties

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Foto van Maties-studente wat met swart gesmeerde gesigte vir ʼn foto poseer, het Vrydag weer eens opslae veroorsaak.

Die foto van twee vrouestudente van die Universiteit Stellenbosch (US), wat glo inwoners van die Heemstede-koshuis is, is vermoedelik aanvanklik op Instagram gedeel, maar is sedertdien verwyder.

Die koshuis het Vrydag op sy Facebook-profiel gesê dat hy kennis dra van die foto en dat die koshuis tans met die universiteitsbestuur in gesprek is oor die voorval.

Intussen het die US in ʼn verklaring gesê dat ʼn ondersoek na die foto van stapel gestuur is. “Die universiteit tree vinnig op oor hierdie voorval en ʼn saak is by die gelykheidseenheid geregistreer,” lui die verklaring. Die gelykheidseenheid is op die been gebring om alle voorvalle van diskriminasie en seksuele teistering te hanteer.

“Die universiteit beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en veroordeel alle vorme van rassisme en die skadelike effek wat dit op studente, personeel en lede van die publiek het.”

Die student wat glo die foto op haar Instagram-profiel gedeel het, het Vrydagmiddag ʼn verskoning op haar Facebook-blad geplaas en gesê dit was nooit hul bedoeling om hul gesigte swart te verf nie. “Ons is bewus daarvan dat ons aksies gisteraand deur ons lywe donkerpers te verf en met blinkers te bedek vir die Heemstede-sterreruimpartytjie die indruk geskep het dat dit swart was en dus ʼn poging was om swartheid te verneder. Ons vra om verskoning vir enige aanstoot wat ons dalk gegee het en neem ten volle verantwoordelikheid hiervoor,” het sy geskryf.

“Ons werk saam met die universiteit en ander rolspelers in hierdie verband. Ons bedank dié wat ons probeer ondersteun en weet ons het nie slegte bedoelings gehad nie, maar vra dat julle nie die onverdedigbare praktyk van #blackfacing probeer verdedig nie.”

ʼn Soortgelyke foto het in 2014 opslae gemaak toe twee US-studente hul gesigte swart gesmeer het toe hulle ʼn partytjie bygewoon en soos die tennis-susters Venus en Serena Williams aangetrek het. Die universiteit het destyds besluit om nie dissiplinêr teen die studente op te tree nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aan te wend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

m ·

Shame ma die mense voel darem ma bedreig. Dit raak nou regtig pateties.

Karolis ·

Wat van die swartmense wat hulle gesigte wit verf?
Ek sien dit gereeld. Is hulle oppad na ‘n skool kermis?
Ek mag myself mos “beverf” as ek wil.

ANDRE ·

Dit gaan nog erger word , die klomp is totaal behep met hulle self.

Hannelie ·

Ek is nou al behoorlik siek en sat vir hierdie ras ding wat alewig so uit verband geruk word!!!! Boonop was die meisies “PERS” geverf!!! Wat gebeur as ‘n swart student hom/haarself wit verf???? Wanneer gaan die omgekeerde diskrimminasie end kry???

Gaan my kommentaar nou verwyder word?

Kiewiet ·

Regtig?!!
Wat van al die robotkunstenaars wat hul passies met wit gesigte uitleef. Watter gelykheidsraad gaan dit ondersoek.? ‘n Mens kan mos duidelik sien dis pers! Is pers ook rassisties?

Dries ·

Stem saam , eenmaal ‘n kompleks oor jou velkleur, altyd ‘n kompleks.

DPJ ·

Dit is darem erg dat mens nie meer hulleself kan belaglik maak nie. Daar moet iets verkeerd wees met so ‘n samelewing.

DEE ·

Ek was in Graad 2 (Toentertyd Sub B) toe ek in n skoolkonsert opgetree het. My gesig en dele van my arms en bene wat uitgesteek het by die kostuum was met bruin skoenpolitoer gesmeer. Ek het n pappot geroer terwyl Amakeia gesing is. N deernisvolle konsert. Nou kan ek nie help om te wonder wat sal gebeur as een van my kleindogters die rol sou moes vertolk nie. Die dinge is alles so onnodig.

Wicus ·

Hallo Dee, ons het ook Amakeia opgevoer, ongeveer 1966, plaasskool ‘The Willows’ naby Warden, die skool het ‘n ander naam in die volksmond gehad wat nou verban is, nou wonder ek oor jou skool?

Flow ·

Ons het ook in die laerskool so n opvoering gedoen. Ipi Intombi gesing. Lywe swart geverf en botteldoppies om ons voete. Ons ouers het nesquick met Vaseline gemeng en op ons lyfies gesmeer voor die konsert.
As n swart student himself wit verf sal dit mos amuserend wees nie diskriminerend nie.

Gert Ehlers ·

Dit is darm maar al belaglik hoe maklik mense ander se gevoelens kan seermaak. Selfs pers verf oor jou lyf kan jou in die sop laat beland. Een woord: “Miderwaardigheidskompleks”.

Ooooooops! ·

Maw eintlik is Leon Schuster ‘n rasis. Ek was in sub A ‘n rasis in ‘n konsert en 14 jaar terug was ek ‘n rasis met die 1ste Sept by my werk. En presies 4 jaar terug weer by my werk was ek ‘n rasis. Met loslitdag. Ek het ‘n swart toordokter voorgestel en die einde was dat ek dink 8 van my swart kollegas my gejoin het. Ons almal (die hele dorp) het saam gelag en die dag geniet.

Ivan ·

Ja Gert, Verseker, 100% minderwaardigheids kompleks, niks meer nie, niks minder nie.

Pappa Beer ·

Agge nee wat! So as ek as blanke te lank vakansie gehou,en ek het in die son te rooi gebrand, dan diskrimineer ek teen “tamaties”. As ek later aan bruin raak diskrimineer ek teen “aartappels”, en as ek later n swart moessie kry, wel dan diskrimineer ek teen “rosyntjies”? In n sogenaamde “rainbow nation” is dit duidelik dat slegs sekere “kleure” aanvaarbaar is, en soos enige wetenskaplike sal weet is “wit” nie deel van n reenboog spektrum nie. Baie hartseer dat n mens onwelkom voel in jou eie land! Immigreer? NOOIT! Sy is MY land, ek is HIER gebore, en ek het netsoveel aanspraak op haar!

Andries Pieters ·

Gaan hul naderhand se blankes spot met hul wanneer blankes te lank in die son gele het en te donker getan het?

Rynhardt ·

Wittes wat hul swart verf, verdien om in die moeilikheid te kom! Daardie wittes wil nie luister nie! As jy aandag soek, kry liewer n stokperdjie vir jou! Ek hoop hul straf voortaan die wittes wat hul so graag swart wil verf.Na die tyd moet daardie wittes elke keer omverskoning gaan vra.Jy maak jou naam krater!

Spark ·

Regtig!!! Rynhardt ek is sprakeloos, totaal. Ek het nie woorde om op jou opmerking te reageer nie. Kan slegs weer se: REGTIG!!!!

Sarie ·

Die meisies was pers geverf om by hulle sterretema aan te pas met blinkertjies oor hulle lyf en silwerskoene aan. Dit was miskien ‘n swak poging om die donker hemelruim met die sterre daarteen voor te stel. Die belaglikheid dat alles reg oor die wêreld tot ras gereduseer word is absurd. Ons leef in ‘n wêreld wat deur ‘n liberale ideologie van gessresversteurdheid oorheers word.

Magda ·

Hulle wou net Alliens wees man. Kyk na die tema van die partytjie.
Sjoe dis nou belaglik, die hele bohaai.

Pieter.v ·

Rynhardt jy was sommer volwasse en nooit jonk en aan skool konserte deel geneem nie ek dink dis belaglik wat jy voorstel.

chrisp ·

Gaan speel die videoboodskap “ek is nie swart nie jy is nie wit nie” dit is mos so ‘n groot treffer.Dit werk, nadat ek die boodskap gekyk het moes ek bg stuk eers mooi deurlees voor ek kon sien hulle is nie wit nie.

Kleur bestaan mos nie.

Kobus ·

Hahahaha… Dis n belaglike wet-instelling die!
Hulle is seker bang die 2 meisies het nou meer regte.

hans ·

Het US al n ondersoek geloods en n verslag opgestel en tugstappe geneem teen die”Open Stellenbosch”studente oor hul uiters onaanvaarbare optredes en uitlatings in 2015??

Disselboom ·

En al die tyd dog ek ons sien mos nie meer velkleur raak nie?

Terloops, ‘n vorm wat ‘n student by Tuks nou die dag vir my wys, verplig studente om hulle etnisiteit aan te teken – maar daar is by die afmerkblokkies “White” en “Indian” ens, maar nie Black nie – daar is wel ‘n opsie vir “African”. Dr Dirk Hermann, wat maak ons nou, want die skimp is duidelik dan dat net swartes as mense van Afrika kwalifiseer? Jy het die konsep van dat ons van Afrika is in ‘n boek behandel, as ek reg onthou.

Disselboom wonder nou wat gaan hulle sê as alle Suid-Afrikaanse burgers hulself as “African” merk en klaar? Ek sou sê dit sal kan regop staan in ‘n hof as ‘n korrekte klassifikasie.

Die rasseding en swart arrogansie raak net te vet vir ‘n (f…..) seekoei.

poplap ·

Wonder altyd wie is die verlore siel wat heeldag en aldag kan sit en die web/instagram monitor op soek na fototjies wat sensasie of onmin kan veroorsaak. Jis sal maar daai ou meermin suitjie gaan weggooi ne. Nou nou beweer iemand ek is ‘n diskrimineer teeN diere.

John Kalahari ·

Is dit nie tyd dat ons ophou verskonings maak oor wie ons is as Afrikaners nie? Sekerlik het hierdie jongmense n tema van die naghemel met sterre uitgeleef en word nou aangespreek oor rassisme. Is dit wat nou word van ons ? Solank ons op sulke nietighede fokus is hierdie pragtige land van ons nog baie ver van Nelson Mandela se reenboog nasie……

Dee ·

Or when the black beggar children at the robots in Durban paint themselves white. Do you want pictures of it? What a travesty to feel so inferior about your own skin tone.

Trots Afrikaans ·

Kan iemand net die weermag laat weet dat dit nou teen die wet is om hulle gesigte swart te smeer vir nag operasies ….. o wag, hulle doen dit mos nie meer nie……

Dave ·

Waar, DA-aanhangers, is jul party nou met betrekking hiertoe? Julle kla en spot lekker saam hier sonder om te erken julle is deel van hulle.

Grotman ·

Ek het fotos van swartes wat op die hoekke in klerksdorp staan met wit gesigte???? As ek weer daar ry vat ek my plakaat saam…..

Manie ·

Regtig!! Get A life man.!!! Dit is nou al afgesaag en pateties soos daar nou aangegaan word.
Word groot en kyk holisties wat aangaan. Julle hou julle op met beuselagtighede terwyl die land Brand.
Los julle kleinlikhede en aangeleerde kamma sensetiwiteit.

Pappa Beer ·

Regtig manie? Beuselagtighede? Waneer laas het jy aansoek gedoen vir n werk met MEER as genoeg kwalifikasies, MEER as genoeg ondervinding, MEER as genoeg getuig-skrifte, maaaaar JOU vel is te “bleek”? Probeer daardie een, en dan praat ons weer oor jou sogenaamde “beuselagtighede”.

Danie Kok ·

Manie

Holisties se agterend ou maat. Moenie Jannie Smuts se truuks kom uithaal nie.

Nick ·

Wonder wat nou met die Kaap se klopse gaan gebeur? Hul verf dan hul gesigte wit.

jennifer ·

Ek neem aanstoot as ek swart vroue sien wat met wit Escamel (bleikmiddel) gesmeerde gesigte op straat verskyn.

GES ·

Duidelik is daar mense wat skaam is oor hulle velkleur en aan ‘n erge minderwaardigheidskompleks ly. Kom oor dit en gaan aan met julle lewens.

RLN ·

kan ons nie die toordokters aankla met hulle wit gesigte nie… vra maar net

Fanie ·

Hahahaha………Die kommentare is skreeusnaaks, maar waar. Behalwe vir Rynhardt sn. Dit is absoluut lagwekkend hoe hulle ly aan ‘n patetiese minderwaardigheids kompleks, maar die wittes is ‘n minderheidsgroep!! Dit lyk my my hulle voel bedreig ook!! Ek wonder wie laat hulle so voel!?!

Drikus ·

Verskoon my, maar het net een groep mense nou aanspraak op swart/pers? Waarom word die jong dames verguis? Wit mense neem nie aanstoot as Swart mense hulle gesigte soms wit verf nie. Waarom gebeur die teendeel nou hier; of is dit weer die geval van ‘n klomp rasbeheptes (Wittes ingesluit) wat ‘n rede soek om onmin te skep uitv’n totaal onskuldige daad. Nee wat, die dames behoort eerder erkenning te kry daarvoor dat hulle vrylik assosieer met Swart.

Pietie ·

Die arme jong dames behoort eerder erkenning te kry vir hulle spontane assosiasie met swart. Een groep het tog nie die alleenreg op swart/pers nie. Hierdie voorval word weer totaal uit verband geruk deur kwaadwilliges, insluitende Wit mense, wat oorsensitief is. Nee wat, kry ‘n lewe.

mariana ·

Hoe belaglik dat enige vorm van kleur rassisties raak. As hulle rooi geverf was was dit seker weer n ander issue. Dan was die eff en britte aangeval. Het hulle enige skade aangerig soos die hooligans verlede jaar met die fees dilemma. Nee ons universiteite raak belaglik. Sluit die dansers in die straat ook toe. Die klopse, hoe is hulle geverf. Komaan maties word wakker julle is belaglik.

Johannes Meintjes ·

Ek onthou al van die plaas se kinderdae dat die “makwetas” hulle gistige met wit klei smeer tydens die tradisionele volwassewording seremonies. Nou verneem ek graag of die kulturele seremonies en witgesmeerde swart gesigte nie al vir jare deel is van die groeiende rassisme in SA nie? (Volkspele, boeremusiek en Pierneef skilderye, – terloops, – is seker ook rasisties?)

Henk ·

Hoe pateties ,en laag kan n mens se selfbeeld daal,siestog,dis om van siek te word!

Wilhelm ·

Al wat ek kan byvoeg is “siestog hoe kleinlik kan owerhede deesdae optree, in alles wat kleur of geen kleur het nie sien hulle rassistiese ondertone”. Laat hulle hul liewer by hul missie bepaal en die jeug los om toneel te speel wanneer hulle so voel.

Dan ·

Die US-? As dit nie die afrikaanse taal is nie, is dit die kleur. Blankes is almal ryk en word ook nie betrek in “Feesmustfall” nie. Wat gaan volgende wees? Alles gaan oor ras, maar dis nie rassisme nie.

jaycee ·

Bewustheid van ras, in die konteks van Blank en Nie-Blank, is ‘n aspek van ons samelewing wat oor honderde jare strek. Om te glo dit kan skielik weggewens word of met behulp van allerhande kitswetgewing in die niet verdwyn, is ‘n hersenskim. En vir politici in die ANC en hulle geesgenote daarbuite [veral in die nusmedia] om soveel aandag aan hierdie saak te gee maak mense supersensitief en word daar met oordaad gesnuffel na insidente wat as rassisme gebrandmerk kan word. Nou is dit nie ondenkbaar nie dat hierdie gesnuffel ‘n handige stok word waarmee “nie-rassiste” veral die blankes wil bykom, om so verskuilde doelwitte na te jaag.

John ·

So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ’n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël. Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.
Die volk steier verward rond, want hulle is geestelik blind. Die profete en sieners se oë is toe. Dié wat die openbaring moet uitlê, is stom, want die openbaring is onverstaanbaar.

Jy moet jou af vra waarom steier ons verward rond in ons tyd van geleerdheid, en sê ek ek kan nie lees nie. Ons moet ons ook af vra waarom sal ons swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord te soek, maar ons sal dit nie vind nie. As ons gaan kyk wat geskrywe word en die kommetare en die uitsprake wat gelewer word is die tekens duidelik dat dit waar dit geskrywe staan geheel en al geban gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.