Nog ʼn taxi-betoging vir Pta beplan

Argieffoto

Die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) het kennis gegee dat sy lede Woensdag aan ʼn groot optog in Pretoria gaan deelneem.

Alpheus Mlalazi, die NTA se hoofsekretaris, het gesê duisende van sy lede gaan die oggend omstreeks 08:00 by die ou Putco-busdepot in Marabastad bymekaarkom.

Van daar gaan betogers opruk na die kantoor van Joe Maswanganyi, minister van vervoer, op die hoek van Bosman- en Strubenstraat, waar ʼn lys van griewe aan amptenare oorhandig gaan word. Die groep gaan van daar na die Uniegebou beweeg waar ʼn lys van griewe aan die presidensie oorhandig gaan word.

“Die optog is genoodsaak deur die minister van vervoer se versuim om ag te slaan op verskeie probleme wat die taxibedryf ervaar, tot so ʼn mate dat die groei en ontwikkeling van die bedryf benadeel word en dit ʼn uitwerking op ons kliëntediens en padveiligheid het,” het Mlalazi gesê.

Mlalazi het gesê die NTA het verskeie pogings aangewend om die kwessies met die minister te bespreek, maar dat alle pogings “geïgnoreer” is.

Van die besware behels diskriminasie en uitsluiting van openbare passasiersvervoersubsidies, swak stelsels om operasionele lisensies te verkry, misdaad en die goedkeuring van “swak deurdinkde wetgewing” soos aspekte in die AARTO-stelsel. “Die taxibedryf bedien op ʼn daaglikse grondslag tussen 68% en 70% van pendelaars en dit maak dié bedryf die rugsteun van die land se ekonomie.”

Die NTA het gewaarsku dat die betoging pendelaars sal affekteer en verkeer kan ontwrig, en het by voorbaat om verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ray ·

Aggenee, nou gaan eksamens alweer omgekrap word. Julius gryp in asb.
Miskien moet die volgende Optog deur blankes met die een ge koordineer word, dan het ons net 1 dag se verkeers probleme

SKANDELIK ·

NOG ‘N TAXI BETOGING WORD BEPLAN maar WAAG die boere om ‘n optog vir ‘n baie belangriker saak te hou WORD HULLE IN HEGTENIS geneem en daarna gedreig deur die EFF om aangeval te word .. Ek het nog nooit in my lewe so ‘n GEMORS gesien soos in SA Nie, hoeveel keer het die taxis al hierdie jaar gestaak, hoeveel keer het die boere ‘n optog gereel? VREEMD dat ou MALEMA steeds sy geld van WITTES ontvang maar elke dag hulle wil vermoor .. so meneer of mevrou jy wat wit is en vir Malema befonds, WEET maar net hulle gaan nie jou EFF kaart vra voordat hulle jou vermoor nie .. SKANDELIK!

Annie ·

Is hierdie staking slegs in Pretoria of gaan dit in die ander areas ook wees of gaan ons weer “suprise ” kry soos 2 weke terug toe trokke en taxis die snelweg by lughawe geblok het.

Kiepie ·

Hulle sal moet passop want as Julius Malema enigsins konsekwent is gaan hy hulle “toe-to-toe” kom ontmoet om die snelweg te “liberate” want dis mos wat hy belowe om met die “boere” te doen as hulle weer sou waag om ‘n snelweg te versper.

Annie ·

Is hierdie slegs vir die Pretoria area of gaan dit dalk soos 2 weke terug wees dat trokke en taxis die paaie toemaak by die Lughawe. Wonder maar net want hulle doen net soos hulle lus het en wanneer hulle wil.

Ouboet ·

Jaaaa sal nou sien hoeveel mese woensdag gearesteer word?? En nou word mens sommer voor af gewaarsku dat verkeer ontwrig kan word. Nee maar dis lekker in S.A

Theresa ·

Haai nooit. Verskoning vra vir oponthoud = whaaaaaaaaaaaaa ha ha ha ha ha ha ha!!! Nee jong, so maklik kan jul nie verby die feit kom dat daar nou weer Woensdag ‘n klomp nonsens gaan gebeur nie!!! Foei.

CHRISTA ·

HULLE wil SUBSIDIES hê!!! Wat SNUIF of DRINK of ROOK HULLE? Hulle betaal nie eers belasing, tolgelde of boetes nie!!! Een van die dae moet die BELASTINGBETALERS vir hulle nuwe taxis koop!! Hulle is amper ERGER as ZUMA en sy TRAWANTE!! (Of is hulle DEEL DAARVAN)?

Tammy ·

Ag nee, hoekom moet so baie mense verontrief word deur n Taxi betoging? Jaag die klomp op n hoop. Wat nou van al die werkers wat nie gaan opdaag vir werk nie? Waar dink hulle gaan die geld vandaan kom om hulle te betaal as hulle onproduktief is en geen inkomste vir die werkgewer bring nie…. of val geld uit die hemel uit? Kan die nie- werkers dalk n skriftelike waarskuwing kry en sodoende vorentoe afbetaal word? Dalk leer hulle dan dat protesoptogte geen waarde toevoeg nie.

zoom zoom ·

SA word beheer deur die anc en die vakbonde. Dit sal nie vetander nie tot en met vakbonde verban word. Lekker plek waar ons woon word stuk stuk n derde wereld land.

#?? ·

Waarom staak en betoog die taxi”s nie wanneer die brandstofpryse stuig nie?

Willie ·

Wanneer staak ons, ons is almal moeg vir die Taxi’s se roekelose en nalatige bestuur in Pretoria.. Pasasiers wat handjie oplig en daar stop die taxi, net so in die pad… ry in die nuwe bus bane, stop in kruisings…did tyd dat die Stad hulle vasvat, en hulle taxi’s skud toe vat…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.