Nog ʼn terugslag vir DA in die Baai

Athol Trollip, eksburgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, se kans om weer die burgemeestersketting te dra lyk nog skraler ná die PA se besluit. Foto: Facebook

Die DA sê hy en sy koalisievennote in Nelson Mandelabaai se metroraad gaan voort met hul hofsaak om die ontseteling van Athol Trollip as burgemeester te betwis ondanks die Patriotiese Alliansie se besluit om sy steun aan die ANC-koalisie toe te sê.

Die Patriotiese Alliansie het Donderdag bekendgemaak dat hy nie langer deel sal wees van die aansoek in die hooggeregshof in Port Elizabeth om die uitkoms van verlede maand se raadsvergadering ter syde te stel nie. Die party het een lid in die raad, Marlon Daniels, wat ook die PA se nasionale voorsitter is.

Solly Malatsi, DA-woordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die PA se besluit sal geen invloed op hul hofaansoek hê om die raadsbesluit om die DA-koalisie te onttroon, ongeldig te laat verklaar nie.

Gayton McKenzie, die PA se nasionale leier, het in ʼn verklaring gesê die party meen dis tyd om Mongameli Bobani, UDM-leier in die metro, kans te gee om sy staal as burgemeester te wys. Hy het by Trollip oorgeneem met die steun van onder meer die ANC en EFF.

McKenzie het gesê hulle het die DA-koalisie gesteun en sal nou dieselfde doen vir die ANC-koalisie. Hy sê dit het nie vir die PA sin om die DA se hofaansoek te steun nie omdat die party in die gesig gestaar word deur ʼn opstand in eie geledere.

Hy beweer die PA het sy steun na die ANC verskuif ter wille van die inwoners van die metro. “Dis al ʼn bakleiery vandat ons [die DA-koalisie] ingestem is,” het hy aan AlgoaFM gesê. “Dis ʼn Jerry Springer-affêre, daai hele raad. Ons het nie op ononderbroke dienslewering gekonsentreer nie.

“Dis hoekom ons besluit het om die nuwe ou ruimte te gun om die raad te bestuur. As burgemeester Bobani se bestuur nie na wense is nie, sal ons hom ook laat verwyder,” het hy gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann cb ·

Ek is bevrees dat ons hier in PE nie weer maklik die DA ingestem sal kry nie. Die ander partye is hopeloos magsbehep! Met die nuwe Burgemeester in sy pos, kom jy gou agter dat alles om persoonlike oorwinnings draai! Die inwoners kom tweede…

Willem ·

Haastige hond verbrand sy mond, maar hulle skep so vinnig die persoonlike voordele op, hulle voel nie eens die hitte nie.

Cherokee ·

Ja, julle liberaliste kom nou agter die hand wat voed word gebyt. Julle veg mos al die jare vir een mens een stem.

Paul ·

Nét die vorige keer, nou so ‘n tydjie gelede het Daniëls, na hy terug in die koalisie met die DA gewip het, gesê mens kan nie op die EFF vertrou nie, hy sal nooit ooit weer saam met hulle span nie, en kyk nou. Woorde ontbreek my. Kom ek stel dit so … wie kan mens deesdae, of kon mens in die verlede vertrou? Go figure. En dit sal ook nie in die toekoms anders wees nie.

Ralph ·

Ja nee Paul. Die PA met Gayton McKenzie (oud tronkvoël) aan die stuur was nog altyd teen Malema en EFF en nou speel die die
Criminal weer in die Malema kamp. Eens n krimineel kan jy nooi meer vertrou word nie. Dieselfde kalant wat Ashwin Willemse R60 milj. in die hand gestop het sou ek reg onthou.

Ougert ·

Is dit nie hoe ons Daniels en sy mense ken nie! Kruipers. Die hoogste bod se gat word bekruip!!

Nou ja Toe. ·

Gesegde so oud soos die berge.
Oorlog-toe met n bloulip…kan jy nooit.

Hettie ·

Dit is net weer n bewys, jakkals verander nooit !
Hoogste bieder !

1+1 ·

In die land van die blindes is die een-oog koning. Laat hulle begaan want tyd is baie geduldig.

jaco ·

hoe op aarde kon die DA die burgermeesterspos vir n wit man gegee het. Hulle het dan VIR regstellende aksie gestem. Hulle moes mos nou geweet het dat daar, in die rasbehepte en anti-wit SA, probleme sou wees met n wit burgermeester. En dan ook, dis eintlik maar n skande teenoor nie-wit DA raadslede dat die burgermeester wit was. Was daar nou regtig geen swart of bruin DA raadslid wat ook die job kon doen nie???

Johann cb ·

Op hierdie stadium is die antwoord op jou laaste vraag ongelukkig nee!

Cherokee ·

Wat jaco eintlik vir jou duidelik maak is dat julle DA-wittes tevrede moet wees om 2de viool te speel.

oom koos ·

Net jammer die “wit burgemeester” praat twee swart tale ook saam met Engels en Afrikaans. As jy my vra was hy IDEAAL vir die inwoners van die baai. Hy kon met ELKE gemeenskap in hul eie taal konfereer.

Heinrich ·

Wie dink da (kleinletters met opset) wittes is hulle dat hulle baas wil wees??? Ken julle plek en wees klase. Julle is mos ten gunste van regstellende aksie (amptelike da beleid). So wys dit nou deur terug te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.