Nóg ʼn terugslag vir ‘terreur-tweeling’

Een van die foto's wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak

ʼn Dringende aansoek deur Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die sogenaamde terreur-tweeling, om Maandag se hofuitspraak te betwis wat bevind het hul inhegtenisneming was regmatig, is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof van die hofrol geskrap.

Die tweeling, wat verlede maand in hegtenis geneem is, word daarvan beskuldig dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het.

Adv. Annelene van den Heever, die 23-jariges se regsverteenwoordiger, het die dringende aansoek ingedien en hou vol die tweeling is onregmatig in hegtenis geneem nadat die polisie erken het hulle het nie ʼn lasbrief vir inhegtenisneming gehad nie. Die tweeling het nog nie om borgtog aansoek gedoen nie omdat hulle aandring dat hul inhegtenisneming by hul huis in Newclare, Johannesburg, ʼn skending van hul grondwetlike regte is.

Die polisie het slegs ʼn deursoekingslasbrief gehad toe hulle ʼn klopjag op die twee se huis uitgevoer het. Die polisie het egter aangevoer dat hulle die verdagtes in hegtenis geneem het nadat daar op inkriminerende bewyse beslag gelê is.

Landdros Pieter du Plessis het egter Maandag in die Johannesburg-landdroshof beslis die inhegtenisneming was regmatig en dat hulle wettig in aanhouding is.

Van den Heever het toe die hooggeregshof genader om dié beslissing uit te daag.

Hooggeregshofregter Pieter Meyer het egter Vrydag die aansoek van die hofrol geskrap en gesê die regte prosedure is nie gevolg nie.

“As die inhegtenisneming onwettig was, kon jy die hooggeregshof dadelik met ʼn aansoek genader het. In plaas daarvan het die saak in die streekhof voorgekom en dus is daar prosedures om te volg,” het Meyer gesê.

Meyer het gesê dit vereis twee regters om so ʼn kwessie te hersien en dat dit nie moontlik is nie aangesien die hofdokumente eers Donderdag aan die staat beteken is. Hy het gesê hy het nie die gesag om die beslissing op sy eie te hersien nie.

Die tweeling word aangekla van sameswering en aanhitsing om terrorisme te pleeg en sameswering om dade te pleeg wat verband hou met terroriste-aktiwiteite.

Hulle bly dus in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

KarooKlong ·

Regter Pieter Meyer vir President.
Landros Pieter du Plessis vir Adjunk President.

Joann ·

Slinkser as die houtjie van die galg. Jakkals se moses. Hou hul iewers diep in donker gat.

Kapenaar ·

Adv van den Heever, gaan jy hulle verdedig as hulle jou ook opgeblaas het?? Dit is eintlik skrikwekkend dat so iemand nog Suid Afrikaanse regsverteenwoordiging kry…. wat mens nie alles sal doen vir geld nie!!

Poplap ·

Ag tog Kapenaar onthou tog as jy eendag ‘n advocate of prokureur nodig het om hierdie woorde te onthou. Almal benodig die een of ander tyd ‘n prokureur en hulle gaan dit defnitief nie verniet doen nie

Ruby ·

Poplap, solank ‘n mens se gewete, morele standaarde en integriteit nie in die slag bly nie, glo ek.

Ek kon nog nooit verstaan hoe ‘n prokureur/advokaat bv. ‘n kindermolesteerder verdedig nie, dalk kan ‘n regskenner hiermee help.

‘n Mens moet mos kan onderskei tussen reg en verkeerd, of hoe?

Getuie ·

Kapenaar ek stem 100% met jou saam. Dink egter nie daar is veel gewetenswroeginge betrokke nie…

Chris ·

As jy dink die foto is erg moet jy liewers nie gaan kyk hoe lyk die boere by die skietbaan op n Saterdag nie.

snoefie ·

dis n dem klug. dit is grootbek laaities wat met grootbek liegstories wou wys watse groot manner hulle is. toe blaas dit in hulle gesigte op.

Chris ·

Ek sal graag al die bewysende dokumente wil sien.
Ek sien net twee laaities wat “pose” met “paintball gear”
Wat vir my gevaar kloke laat lui is die manier waarop alles gedoen is en herhinder my aan die sogenaamde boeremag wat so deur ons eie mense bedoner was…
Meeste sport skutte en jagters het meer REGTE wapens en rondtes as die twee.

Jooste ·

Nou Maroela verduidelik julle opskrif “terugslag” moet die opskrif nie wees- goeie nuus vir publiek die GEMORS is van samelewing weerhou?

Katrien ·

Wonder hoe het die twee se akademiese prestasie op skool gelyk

Cherokee ·

Moet ne worrie nie tom, hy het dit net na Vrydagnag gesê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.