Nóg ʼn tiener neem haar eie lewe

Deoni Vermaak Foto: Facebook

Deoni Vermaak Foto: Facebook

“As dit dan net een ander kind of gesin kan help, dan is my seer nie verniet nie.”

Só sê Junita Vermaak nadat haar 16-jarige dogter, Deoni, ʼn gr. 9-leerling aan die Hoërskool Retief in Kestell in die Vrystaat, haarself verlede Sondag met haar skooldas in haar ouerhuis in die dorp gehang het.

Junita het aan Maroela Media gesê hulle het glad nie besef Deoni het hoegenaamd sulke planne nie. “Sy het ʼn briefie agtergelaat, maar dis duidelik dat sy kalm en rustig was toe sy die boodskap geskryf het. Ons dink nie sy het die briefie Sondag geskryf nie. Sy moes dit vroeër al geskryf het toe sy dit beplan het.” Deoni skryf in die briefie dis niemand se skuld nie, en sy sê hoe lief is sy vir almal. Sy het spesiale boodskappe aan haar ma, pa, drie sussies, vriend, oom en niggie gelos.

“Sy skryf onder andere van ʼn donker gat waarin sy haarself bevind,” het Junita gesê. “Ouers sê altyd aan hulle kinders daar is niks wat hulle kan doen wat mens se liefde vir hulle kan verminder nie. Ek hoop dat kinders besef dat ouers dit nie net sommer sê omdat sê sê is nie. Hulle bedoel dit regtig. Mens raas en is kwaai met hulle, maar dit maak mens nie minder lief vir hulle nie. Geen probleem is onoorkombaar nie. ” Sy voeg by sy dink nie kinders wat liefde ontvang, besef hoe lief mens werklik vir hulle is nie.

“Ons sou enigiets gedoen het om haar te help as ons geweet het hoe sy voel.”

Junita skryf op haar Facebook-blad aan Deoni: My liewe Poppie, my bekkie, my rabbedoe!!!! Ek weet nie wat om te se nie…….. ek is so ongelooflik lief vir jou!!! Ek was nog altyd trots op jou, en ek het altyd geglo jy sal dinge doen, en groot ook!! Jy los my leeg en verslae, ek wens ek kon weet hoekom!!!! Jy was en is so pragtige mens!!! Ek sal jou altyd liefhê my bekkie, met my hele hart!!!!

ʼn Roudiens vir Deoni het Vrydag in die NG kerk in die dorp plaasgevind. Sy was die tweede oudste van vier sussies.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Dit is die vyfde tienerselfmoord waaroor Maroela Media vanjaar berig.
* Klara Göttert (14) se liggaam is op 11 Augustus by die Northgate-winkelsentrum naby Fourways gevind nadat sy glo van die boonste verdieping na haar dood gespring het.
* Anneke Mostert (12) van Quellerina in Johannesburg het op Sondag 12 Julie, haarself met haar pa se .38 rewolwer doodgeskiet.
* Mihandri Laboff (17) van Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo het haarself op 22 Junie in haar koshuiskamer gehang.
* ʼn 16-jarige gr. 10-leerder aan die Hoërskool Bryanston se liggaam is op 16 Mei gevind waar hy homself aan ʼn boom opgehang het op die perseel van St. Stithians College.

Lees ook: Tienerselfmoord: Wanneer rooi ligte moet flikker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sarie ·

Waarom o waarom wil mens uitroep?.al die hartseer en vrees wat so diep in ons kinders gewortel is deesdae maak mens bekommerd.
As volwassene is dit soms moeilik om bo als uit te styg hoeveel te meer vir n jong siel wat voorgee dat als mooi en opreg is.my opregte meegevoel aan die gesin..my hart breek v julle

VRAMAARNET ·

Kan dit wees dat al hierdie dogters wat so selfmoord pleeg die Papiloma Virus inenting gehad het?

jennifer ·

Waarom vra jy? ek sal ook graag wil weet want ek het daaraan gedink om my dogter te laat inent.

Christine ·

Ek het op internet gaan oplees oor papilloma virus. Tensy jy losse sedes het sien ek nie hoekom jy so ‘n inenting wil kry nie.

VRAMAARNET ·

Hi Jennifer, want een van die newe effekte is depressie. Geen jong dogter behoort dit te kry nie. Daar is talle ander newe effekte, en dis vir losbandige meisies wat die rede is dat hulle dit( die virus) kry in die eerste plek.

candice ·

Baie hartseer. Ek as ouer sal nie so iets kan verwerk nie… na so storie glo ek ‘n mens probeer terug dink aan ‘tekens’. Dis hart verskeurend en haar plekkie sal altyd daar wees… maar leeg. My gebede is met di gesin.

Was ook al daar... ·

Vergeet tog om inentings die skuld te gee. Slefmoord kom onder seuns ook voor. Asseblief… My innigste simpatie met hierdie mense – ek was self al daar. Daar is nie antwoorde en mens berus nooit werklik nie, mens bly soek -maar mens moet aangaan met die lewe. Al wat ek kan se oro en oor is sterkte.

Hanlie ·

Dit is regtig hartseer….ek weet hoe dit voel om in donkerte te leef en nie te weet watter kant nie en ek was ‘n grootmens toe ek in die donkerte geleef het en ‘n einde aan alles probeer maak het. Hoe erg moet dit nie vir die kinders wees nie…wat nie regtig weet wat om daarmee te maak nie…..sterkte aan die ouers.

Peet Schabort ·

Ek mag dalk uit my beurt praat maar daar is wel kinders en grootmense wat daardie meule van die lewe oorleef het . Dalk is ‘n beter woord ‘oorwin’ het.
Ek glo dat Hanlie en ‘Was ook al daar’ deur daardie meule is.
Nou vra ek met deernis en respek teenoor mense soos julle om daardie boodskap van hoop uit te dra na veral skole. GEEN persoon kan saampraat en moed gee wanneer ‘n kind in daardie bodemlose put beland as iemand wat daar was.
Dit lyk vir my dat dit ook hierdie tyd van die jaar is wat die donkerste van die donker dieptes bereik word.
Onthou mense, dat ek praat hier as ‘n leek oor iets wat ons nie mag ligtelik opneem of uit onkunde ignoreer.

Ek was self ook daar ·

Peet, ja, ek was daar – my seun so verloor. Maar daar is geen raad wat ek vir iemand anders kan gee nie, ons is nog altyd ‘n doodgewone gesin wat alles saamgedoen het. Elke mens en omstandighede is anders, ek kan nie sê kyk hiervoor of daarvoor uit nie; ek kan nie sê pas op vir dit of dat nie. My seun het in sport en akadamies baie goed presteer – ‘n week voor sy dood het ek en hy gaan fliek en het hy my nog vertel van sy “einde van die jaar planne” asook wat hy na skool wil gaan studeer. Ons het nooit druk op ons kindes geplaas nie, ons het baie liefde gegee maar was ook streng op ‘n liefdevolle manier. Sommige kundiges beweer daar mag iets in so persoon se brein “verkeerd” gaan op daardie oomblik, dis amper soos wanneer draadjies in ‘n toestel niekontak maak om dit op ‘n simpel manier te probeer beskryf. meeste mense gaan een of ander tyd deur ‘n donker tyd/donker tye; dis GENADE en niks anders as NET genade wat jou weerhou van selfdood. Ek kan jou egter DIT sê, daar was nie die sosiale media daardie tyd en mense het ons verguis en beskinder soos jy nie kan glo nie. Die skinderbekke is mos altyd daar – veral op die kleiner dorpies soos waar ons gebly het. Jy weet nie HOE moet jy jou lewe en jou ander kind op daardie tydstip hanteer, jy wil eintlik net in ‘n donker gat gaan lê en hoop as jy eendag uitkom dat alles beter is. toepas. Maar ENIGE tyd sal ek vandag vir enigeen vertel hoe trots ons was op ons kind, hoeveel vreugde hy ons gegee het, hoe hy presteer het en hoe hy my altyd laat lag het!

Elmarie ·

Dis waar wat jy hier sê. Ek was ook daar … 6 jaar terug met my middelste seun! Daar was GEEN tekens nie, NIKS nie!!! ‘n Vrolike jong man in die fleur van sy lewe met ‘n blink toekoms voor hom! Dit breek jou as moeder, want soos jy hier noem, mense praat, jy voel skuldig want jy kén mos jou eie kind. En jy vra telkemale HOEKOM HET EK DIT NIE SIEN KOM NIE!! Sterkte en nogmaals sterkte vir hierdie gesin ook

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saak HOE korrek jou kommentaar is nie, dit word nie geplaas en kry jy net ‘n boodskap om te rug te gaan na die vorige blaai na die bepalings en voorwaardes. Wees dankbaar as jy kommentaar oooooooooooooooit geplaas sal word

Freddie ·

Dit is verskriklik om te lees van tieners wat hulle lewens neem , ek is n ouer en groot ouer ek bid vir ons tieners dat die Liewe Vader hulle in Sy hand sal toevou en beskerm teen die aanslae van die deurmekaar lewe.

pop ·

Bipolere tekens begin in die tienerjare. Ek het n kind verloor< maar die volgende een het ek gekyk vir tekens en vandag is sy al lankal nie meer jongmens nie maar moet nog elke dag haar pille sluk of dis nag vir haar. Ek se nie dis altyd die geval nie. En hierdie land van ons maak deesdae ons grootmense moedeloos, hoe moet die stomme kinders nie voel nie. Het hulle enige toekoms om na uit te sien????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.