Nóg ’n tiener op Kaapse Vlakte doodgeskiet

Argieffoto.

’n 16-jarige seun is Sondagaand in Beacon Valley in Mitchells Plain doodgeskiet.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die seun is omstreeks 20:30 in Rolbalstraat deur ’n onbekende verdagte doodgeskiet.

Die verdagte is in dié stadium nog op vrye voet.

Die omstandighede rakende die skietery word ondersoek.

Dié tiener se dood volg maar enkele maande nadat ’n skietery in Beacon Valley die lewe van ’n 13-jarige seun geëis het.

Maroela Media het vroeër berig die insittendes van ’n wit motor het op 25 Februarie op ’n groep tieners op die hoek van Cadillac- en Rileystraat losgebrand. Drie ander – onderskeidelik 14, 16 en 18 jaar oud – is die betrokke aand gewond.

Die liggaam van ’n 18-jarige man is dieselfde aand in dieselfde omgewing met ’n skietwond aan sy nek aangetref.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het tóé reeds sy kommer oor die uitwerking van geweldsmisdaad op jong mense uitgespreek.

“Kinders moenie in vrees leef dat hulle geskiet [sal] word of vir geweld grootword nie,” het Fritz in Februarie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Werner ·

Polisie moet maar hulle werk doen en vd dwelms ontslae raak dan sal die skietery ook ophou

Phillip ·

Oe maar as die boere voor hulle gesin vermoor word is dit dan ook dat Ons “Kinders in vrees leef nie . Wat vir ons geld .Geld vir hulle ook maar

marius ·

Niemand behoort in vrees te lewe vir misdadigers nie . Dan wil die man wat verantwoordelik is vir die patetiese wetstoepassing nog die eerbares ontneem van hul reg omhuself te verdedig ook ? Hool !

Sarel ·

Die Polisie moet asb nie hardhandig optree nie. Indie
Skuldiges ooit gevang word onthou hulle het meer regte as die Slagoffer

Baardman ·

Vermoedelik vermoor met n ongelisensieerde vuurwapen. Nou will gunsfree sa en cele ons wettige eienaars verbied om onsself te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.